’n Etiek van liefde: die etiese perspektiewe van die Heidelbergse Kategismus
Abstract
OPSOMING: Hierdie artikel behandel die etiese perspektiewe van die Heidelbergse Kategismus – een van
die prominente belydenisskrifte in die gereformeerde tradisie. Die etiese relevansie is ingebed
in die konfessie se verklaring van die tien gebooie. Die artikel verduidelik dat die etiek van
die Heidelbergse Kategismus ten diepste ’n karakteretiek is en dat dit gelowiges oproep tot
’n etiek van liefde. Hierdie liefde sluit in liefde vir die verbondsgemeenskap, die bediening
van die Woord, die heiligheid van God en die waardigheid van mense, die gemeenskap
van die gelowiges, gesag, die lewe, die huwelik, privaatbesit en arbeid asook waarheid en
geregtigheid. As gevolg van die sinekdogeekarakter van die wet is hierdie etiek van liefde
vandag baie relevant. ABSTRACT: An ethics of love: The ethical relevance of the Heidelberg Catechism. This article deals with
the ethical relevance of one of the prominent confessions in the reformed tradition, namely
the Heidelberg Cathechism. The ethical relevance lies in the confession’s elucidation of the
ten commandments and its application to moral conduct. The article explains that the ethics
of the Heidelberg Catechism is essentially a virtue ethics calling for an ethics of love. This
love should include love for the covenantal communion, ministry of the Word, the holiness of
God and the dignity of people, the communion of the saints, authority, life, marriage, private
property and labour, and truth and justice. Due to the synecdochical character of the ten
commandments this ethics of love is highy relevant in the present times.
Collections
- Faculty of Theology [980]