Die voorsienigheidsleer vanuit die gereformeerde belydenisskrifte teenoor Adrio König se voorsienigheidsleer - ’n Dogma-historiese beoordeling
Abstract
OPSOMING: König is ’n aktuele en invloedryke teoloog en sy standpunte kan nie geïgnoreer word nie
(Strauss 2004:123). König (2002:13) beskou homself as ’n gereformeerde teoloog alhoewel sy
voorsienigheidsleer van die klassieke gereformeerde siening verskil. In sommige gevalle word
König se teologie as reformatories gesien (bv. sy leer oor die regverdigmaking) en in ander
gevalle weer nie, byvoorbeeld die leer oor die voorsienigheid (Strauss 2004:139). Volgens
König (2002:33) is die klassieke gereformeerde verstaan van die voorsienigheid nie werklik
vertroostend nie. Die klassieke gereformeerde siening van die voorsienigheid maak volgens
König van God ’n bose God wat die kwaad beskik en dan net toekyk as die kwaad gebeur.
König (2002:237) se oplossing vir die probleem van die klassieke gereformeerde siening is
dat God nie ten volle in beheer is nie, maar dat Hy eendag eers in beheer sal kom. Hierdie
siening van König is in stryd met die gereformeerde belydenis waarin bely word dat God
deur sy voorsienige hand alle dinge onderhou en regeer. Die gevolgtrekking is dat König se
voorsienigheidsleer in die lig van die gereformeerde belydenis nie vertroostend is of kan wees
nie en net meer verwarring en wanhoop veroorsaak. ABSTRACT: The teachings on providence from the reformed confessions seen against Adrio König’s
teachings on providence – a Dogma-historical evaluation. König is a contemporary and
influential theologian and his views can not be ignored (Strauss 2004:123). König (2002:13)
regards himself as a reformed theologian, but his doctrine on providence differs from the
classic reformed view. In some cases, König’s theology is viewed as reformed (eg. his doctrine
on justification) but not in all cases, as is the case with the doctrine on providence (Strauss
2004:139). According to König (2002:33) the classic reformed understanding of providence is
not comforting. Also, according to König, the classic reformed view of providence indicates
God as an evil God who ordains evil, and then sits back and watches as it unfolds. König’s
(2002:237) solution for the problem of the classic reformed view is that God is not fully in
control, but that He only will be in control one day. This view of König is in conflict with the
reformed confession which confesses that God through his providential hand maintains and
governs all things. The conclusion is that König’s doctrine of providence is not comforting in
the light of the reformed confession, and that it only causes more confusion and despair.
Collections
- Faculty of Theology [977]