Die persepsies en houdings van gelowige jonggetroude egpare oor seksuele intimiteit in die huwelik
Date
2013Author
Pretorius, Rinee
Venter, Christiaan A.
De Klerk, Barend J.
Metadata
Show full item recordAbstract
OPSOMING: Hierdie artikel is gebaseer op empiriese navorsing om die persepsies en houdings van gelowige,
jonggetroude egpare oor seksuele intimiteit in die huwelik na te vors. Daar is gefokus op hoe
die egpare die verhouding sien waarbinne seksuele intimiteit geniet en beleef mag word; wat
na hulle mening die man en vrou se plig is rakende die seksuele; wat hulle persepsies is oor
die vryheid wat seksuele intimiteit binne die huwelik bied, en wat eksklusiwiteit ten opsigte
van seksuele intimiteit binne die huwelik vir elkeen van hulle beteken. ’n Kwalitatiewe
navorsingsontwerp is gebruik en sewe gelowige egpare wat minder as twee jaar getroud was
(N = 11), het aan die navorsing deelgeneem. Die navorsingsdata is uit ’n kort vraelys verkry
en deur semigestruktureerde onderhoude wat met sommige van die deelnemers gevoer is. ’n
Ryke oes van data is verkry en ’n hele aantal temas is identifiseer. Hierdie temas sluit goed aan
by die basisteoretiese en metateoretiese perspektiewe wat as onderbou vir hierdie navorsing
gedien het. ABSTRACT: The perceptions and attitudes of religious newlywedded couples regarding sexual intimacy
in the marriage. This article is based on empirical research done to explore the perceptions
and attitudes of religious newlywedded couples regarding sexual intimacy in the marriage.
The research focused on how the couples regard a relationship in which sexual intimacy can
be enjoyed and experienced; what, in their opinion, the husband and the wife’s responsibilities
are towards each other regarding sex; what their perceptions are about the freedom that sexual
intimacy offers in marriage, and what marital exclusivity regarding sexual intimacy means to
each of the participants. A qualitative research design was used and seven religious couples
that were married less than two years (N = 11) participated in this research. The research
data was obtained by using a short questionnaire and semi-structured interviews which were
conducted with some of the participants. Rich data was obtained and many themes were
identified. These themes correspond well with the basic-theoretical and meta-theoretical
perspectives that served as underpinning for the research.
URI
http://hdl.handle.net/10394/13947http://dx.doi.org/10.4102/ids.v47i1.71
http://www.indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/71
Collections
- Faculty of Health Sciences [2376]