• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Theology
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Theology
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    The right to say "I don't" : the reception of the action for breach of promise

    Thumbnail
    View/Open
    2013The-Right_to_say.pdf (136.3Kb)
    Date
    2013
    Author
    Geduld, Allison
    Dircksen, Marianne
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Hierdie artikel speur die ontwikkeling en aard van die aksie vir troubreuk na van sy Romeinse oorsprong af deur die Kanonieke-, Engelse- en Romeins-Hollandse reg heen tot by die Suid-Afrikaanse reg in die jaar 2013. Die sosiale konteks waarbinne die aksie toepassing gevind het, word ook telkens geskets om die interaksie tussen die reg en sosiale faktore te illustreer. Die volgende premis word deur hierdie oorsig bevestig: die toepassing van die aksie vir troubreuk binne ’n regstelsel weerspieël die mores van die eietydse gemeenskap. Die feit dat die aksie vir troubreuk langer as ’n halwe eeu onder dispuut in die Suid-Afrikaanse howe en onder regsgeleerdes is, dui daarop dat die aksie lank reeds nie meer strook met bogenoemde premis nie. Die wye nuusdekking wat die onlangse saak van Bridges v Van Jaarsveld geniet het en regter Harms se bedenking oor die paslikheid van so ’n aksie in ons tyd, het hierdie dissonansie opnuut aan die kaak gestel. Met regter Henney se uitspraak in die saak van Cloete v Maritz in April 2013 word daar eindelik weggedoen met die aksie vir troubreuk in Suid-Afrika. Met Regter Harms se rigtinggewende obiter dictum as basis gee ons ’n opsomming van faktore wat bydra tot die aksie se ongewensdheid binne ’n moderne Suid-Afrikaanse konteks. Baie spesifieke omstandighede het veroorsaak dat dit lank geneem het vir sosiale kragte om ’n impak op die reg te hê, maar ten slotte kon die aksie vir troubreuk nie die veranderende houdings, gewoontes en realiteite van die Suid-Afrikaanse samelewing oorleef nie.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/13815
    Collections
    • Faculty of Theology [980]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV