• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Education
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Education
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Students, websites and freedom of expression in the United States and South Africa

    Thumbnail
    View/Open
    2013Students_Websites.pdf (235.7Kb)
    Date
    2013
    Author
    Mawdsley, Ralph D
    Smit, Marius H
    Wolhuter, Charl C
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Leerders het geredelik toegang tot die internet en dit skep die geleentheid om deur e-pos en ander vorme van elektroniese kommunikasie met persone by die skool te kommunikeer sonder dat hulle fisies teenwoordig hoef te wees. Terwyl baie van hierdie kommunikasie steurend kan wees wanneer leerders gedurende die skooldag hulle daarmee besig hou, is die mees kommerwekkende aspek van elektroniese boodskappe dié wat kru, beledigend, neerhalend of selfs dreigend is. In die Verenigde State van Amerika (VSA) het skoolbeamptes gevind dat die beheer van sodanige kuberspraak wat hulle oorsprong buite die skool het, wemel van konstitusionele probleme. Hierdie artikel het drie doelstellings. Die eerste is om die regspraak oor leerder kuberspaak in die VSA te ondersoek waar die volgende vyf feitelike variante die gesag van die skool om leerders te bestraf beïnvloed: die plek van oorsprong van die kuberspraak (binne of buite die skoolterrein), die plek van toegang tot die kuberspraak (binne of buite die skoolterrein), die persone wat die toegang tot die spraak bewerkstellig het (personeel of ander leerders), die inhoud van die elektroniese uitdrukking, en die impak van die uitdrukking op die skool. Die tweede doelstelling is om die gesag wat die skool het om leerders te bestraf vir buite-skoolse kuberkommunikasie te bespreek in verhouding tot die ouers se reg om die rigting en inhoud van hulle kinders se opvoeding te bepaal. ’n Bespreking van die regte van leerders tot uitdrukking in die kuberruimte vereis ’n veelsydige benadering wat oorweging skenk aan beide die regsbank se beoordeling van leerders se regte en die gesag wat skole het om leerders te dissiplineer. Hierdie artikel sal ’n ewewig bewerkstellig deur die hofuitsprake van Amerika sowel as Suid-Afrika te oorweeg. Die finale oogmerk is om beginsels vanuit die Amerikaanse regspraak, waar veelvuldige aspekte deurdink is, te ekstrapoleer tot riglyne vir Suid-Afrika.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/13812
    Collections
    • Faculty of Education [756]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV