• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Economic and Management Sciences
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Economic and Management Sciences
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Labour Union voices in South Africa and arguments to scrap inflation targets a historical and 21st Century debate

    Thumbnail
    Date
    2011
    Author
    Mellet, André
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Inflasieteikens wat inflasieverwagtings anker, is die primêre doelwit van monetêre beleid van sentrale banke in ontwikkelde lande. Binne 21e eeuse debatte kritiseer vakbonde, en spesifiek Congress of South African Trade Unions, die regering dat die monetêre beleid ekonomiese groei en indiensname benadeel. In hierdie bespreking word die skrapping van inflasieteikens bespreek teen die agtergrond van 'n historiese fokus rakende vakbonde en arbeid in Suid Afrika. Swart werkers het teen die toe-heersende wetlike gesag in die sewentiger jare gemobiliseer en die rol van vakbonde het gestalte in 1973 gekry met 'n eerste groot staking in Durban. Die eertydse Wiehahn Kommissie het die rol van vakbonde ondersoek en wetgewing wat op die kommissie se verslag gevolg het, het kollektiewe bedinging meegebring. Die invloed van vakbonde het vanaf die tagtigerjare beduidend vergroot. Vakbonde en veral COSATU, is egter histories nie met suiwer vakbond aangeleenthede betrokke nie. Vakbonde en veral COSATU is aktief betrokke in politieke prosesse as alliansielid van die African National Congress regering, arbeidswetgewing en inspraak met makro ekonomiese beleid in Suid Afrika. Die rol van COSATU met betrekking tot monetêre beleid word onder die soeklig geplaas en hulle meer resente kritiek teen die beleid van inflasieteikens word bespreek. Die Ministerie van Finansies in die tyd van Minister van Finansies Trevor Manual het die beleid van inflasieteikens in 2000 geïmplementeer en onderskryf. Die daaropvolgende Minister van Finansies (Pravin Gordhan) het na die verkiesing van mnr Zuma as nuwe president in 2009 in sy eerste begrotingstoespraak in 2009 bevestig dat die Regering nie sal afwyk van die inflasieteikens beleid nie afgesien van voortdurende kritiek van COSATU.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/13177
    Collections
    • Faculty of Economic and Management Sciences [1428]
    • Faculty of Education [759]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV