Tertullian's theological conception of the Trinity in relation to his ecclesiastical and socio-political trajectories
Abstract
Die doel van die gereformeerde apologetiek is om die Christelike geloof teen dwaalleer te
verdedig. Dit is egter nie al nie. Die gereformeerde apologetiek wil ook oortuigend ʼn antwoord kan gee waarom juis die Christelike beskouing ware hoop vir die mensdom bied (vgl. 1 Pet. 3:15). Die anderskennendes1 wat van hierdie lewens- en wêreldbeskouing verskil, doen dit meestal op grond van ʼn ander vertrekpunt. Hoewel fyner punte gedebatteer word tussen
gespreksgenote is die vertrekpunte, wat voorveronderstellings insluit, altyd iewers op die agtergrond. Van Til2 en Stoker3 is twee bekende gereformeerde denkers uit die vorige eeu wat in kontak met anders kennendes hulle voorveronderstellings deel van hulle (onderskeidelik teologiese en
wysgerige) apologetiese besprekings gemaak het. Hierdie ooreenkoms van benaderings metode kom na vore in die Festschrift vir Van Til waar Stoker (1971:28-71) aansluiting by die metode van Van Til vind en gevolglik ʼn verbinding voorstel waarop Van Til op sy beurt weer positief reageer. Hierdie studie wil fokus op hoe hierdie twee denkers voorveronderstellings in hulle apologetiese
gesprek gebruik. So wil uiteindelik gekom word by belangrike riglyne ten opsigte van die plek en rol van voorveronderstellings in gesprekke wat Christene oor die breë wetenskapsfront voer met diegene wat ander vertrekpunte huldig.
Collections
- Theology [793]