NWU Institutional Repository

'n Persoonlike waardering van Hennie Aucamp as mentor

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Pretorius, Jannie

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Abstract

In hierdie studie benut die skrywer die 5D-raamwerk en teoretiese en metodologiese onderbou van waarderende ondersoek en persoonlike waardering vir ʼn persoonlike waardering van die skrywer, Hennie Aucamp. By name handel dit oor die invloed van Aucamp se mentorskap op die navorser se persoonlike en professionele ontwikkeling. Na ʼn waarderende onderhoud met die TV-aanbieder en stemkunstenaar, Coenie de Villiers, word die volgende vyf positiewe temas van sowel die navorser as De Villiers se vriendskap met Aucamp geïdentifiseer en ontleed: • keerpunt – ontmoeting met Aucamp • Aucamp se intellek en ruimheid van gees en ons verwonderdering • mentorskap en briewe • persoonlike keuse van Aucamp se aangrypendste skryfwerk en uitsonderlike vakmanskap • persoonlike beskouings omtrent wat ander kunstenaars by Aucamp kan leer ʼn Foto-collage is saamgestel om as visuele agtergrond vir die waardering te dien. Die navorser het ʼn persoonlike onderhoud met Aucamp gevoer om sy reaksie op die geïdentifiseerde temas te verkry en het Aucamp se reaksie met die bespreking geïntegreer.

Description

Citation

Pretorius, J. 2014. 'n Persoonlike waardering van Hennie Aucamp as mentor. TD: The Journal for Transdisciplinary Research in Southern Africa, 10(1):123-148, Jul. [http://dspace.nwu.ac.za/handle/10394/3605]

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By