NWU Institutional Repository

Publication:
Religie as vormgewende faktor van onderwys in die BRICS-lande

dc.contributor.authorDE KOCK, FJ
dc.contributor.authorWOLHUTER, CC
dc.contributor.authorDE BEER, L
dc.contributor.authorPOTGIETER, FJ
dc.date.accessioned2026-01-23T09:15:06Z
dc.date.issued2024
dc.descriptionJournal Article, Unit for Education and Human Rights in Diversity, Research Focus Area: Fakulteit Opvoedkunde Noordwes-Universiteit, Potchefstroom
dc.description.abstract'n Onderwysstelsel word deur verskeie samelewingskontekstuele kragte gevorm. Hierdie kontekstuele faktore sluit taal, demografie, geografie, tegnologie, politiek en finansiële en ekonomiese tendense in. Godsdiens is een van die laasgenoemde tendense wat 'n onderwys-stelsel kan beïnvloed. Die BRICS-organisasie bestaan uit Brasilië, Rusland, Indië, Sjina en Suid-Afrika en is 'n supra-nasionale blok wat baie aandag in die openbare sowel as akademiese diskoers oor internasionale politiek en maatskaplike kwessies trek (De Beer, 2017). Godsdiens word wyd geag as 'n omstrede en sensitiewe faktor in onderwysstelsels (sien Van der Walt, Potgieter & Wolhuter, 2010). In hierdie artikel word godsdiens as vormgewende faktor van die onderwysstelsels in die BRICS-lande ondersoek, om die waarde daarvan as 'n aanskouingsles vir Suid-Afrika en ander lande te bepaal. Die BRICS-lidlande is doelbewus vir hierdie navorsing gekies weens die besondere waarde van hierdie lande as vertoonvenster van onderwysstelsels se antwoord op samelewingstendense van die een-en-twintigste eeu. Dokumentontleding is uitgevoer ten opsigte van beleidsdokumente, wetgewing, artikels en staatspublikasies, ten einde inligting in te samel. In die verwerking en interpretasie van inligting is die metableties-vergelykende metode gebruik ten einde beste praktyke ten opsigte van die hantering van godsdiens in die onderwysstelsels vanuit die BRICS-lidlande te identifiseer. Die ondersoek het ernstige tekortkominge in al die BRICS-lande se hantering van godsdiens in onderwys aan die lig gebring. Nie een van die lande se beleid of praktyk slaag die toets, soos gemeet aan die Verenigde Nasies se Handves van Menseregte nie. Die noodsaak van voortgesette navorsing oor die plek van godsdiens in die onderwysstelsels van die wêreld word ten slotte verduidelik.
dc.identifier.citationde Kock F.J et al. 2024. Religion as a formative factor of education in the BRICS countries. Journal of Humanities, 64(1), pp.86-109.https://doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n1a5
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/45666
dc.language.isoen
dc.publisherSouth African Academy for Science and the Arts
dc.subjectBRICS-organisasie
dc.subjectdeterminante
dc.subjectonderwys
dc.subjectonderwysstelsels
dc.subjectreligie en vergelykende opvoedkunde
dc.titleReligie as vormgewende faktor van onderwys in die BRICS-lande
dc.typeArticle
dspace.entity.typePublication

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
de Kock F.J et al. 2024.pdf
Size:
167.34 KB
Format:
Adobe Portable Document Format

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description:

Collections