Die gereformeerd-skolastieke visie op die verhouding tussen God en mens by F. Gomarus (1563-1641) en J. Arminius (1560-1609): 'n histories-filosofiese ondersoek
Abstract
Hierdie artikel ondersoek die fi losofi ese voorveronderstellings wat die grondslag vorm van die
Dordtse Leerreëls, wat in 1619 deur die Sinode van Dordt (1618-1619) aanvaar is as antwoord
op die leer van Arminius en sy Remonstrante navolgers. (Dit bou voort op ander navorsing van
die skrywer in ander tydskrifte, waar die Dordtse Leerreëls reeds in besonderhede geanaliseer
is.) Die artikel fokus op die probleem van goddelike soewereiniteit en menslike verantwoordelikheid
as ’n kernprobleem by hierdie Sinode (waar dit veral oor goddelike uitverkiesing en
verwerping gegaan het). Ter inleiding bied dit ’n karakteristiek van die Gereformeerde-skolastieke
sintesedenke van destyds as fi losofi ese stroming en ook die tipe fi losofi e wat dit behels het. Wat
laasgenoemde betref, het dit ’n hele kompleks van idees ingesluit: ’n besondere wetsidee, suiwer
kosmologiese denke, vertikale gedeeltelike universalisme, ’n dualistiese ontologie en ’n
digotomistiese antropologie. Hierna volg ’n analise van die denke van twee belangrike fi gure by
Dordt, naamlik F. Gomarus en J. Arminius. Hoewel hulle as verteenwoordigers van die twee
opponerende standpunte by Dordt beskou word, blyk dit dat hulle tot ’n groot mate dieselfde
skolastiese fi losofi e gehuldig het. Die enigste verskil kom eers op antropologiese vlak na vore:
Gomarus was ’n semi-mistieke denker en Arminius ’n Platoniese empiris. Hierdie fi losofi ese
verskil het egter groot teologiese implikasies gehad. Net so verrassend is die feit dat hierdie twee
Christendenkers se fi losofi e presies dieselfde was as die fi losofi ese konsepsies wat die voor-
Christelike denker, Aristoteles, gedurende twee van die laaste fases van sy ontwikkelingsgang
gehuldig het. Hierdie “fi losofi ese mynveër” van die onbybelse “landmyne” onder die teologiese
oppervlakte van Dordt lewer dus die volgende gevolgtrekking: Die botsing by Dordt was nie
primêr tussen die Bybelse visie (van die Gereformeerdes) en ’n onbybelse dwaalleer (van die
Remonstrante) nie. Dit was ten diepste ’n stryd tussen twee verskillende Aristoteliese fi losofi eë,
wat in die Skrif ingelees en só as Bybels gesanksioneer is.
URI
http://hdl.handle.net/10394/8036http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_serial&pid=0041-4751&lng=en&nrm=iso
Collections
- Faculty of Humanities [2033]