Certain aspects concerning affirmative action in industry : a literature study
Abstract
Die oorgangsfase wat tans in Suid-Afrika plaasvind, het baie veranderinge op verskillende terreine van die samelewing teweeg gebring, insluitend die nywerheid. Verskillende programme vir die opheffing en ontwikkiling van individue en groepe geniet voorkeur by maatskappye en vakbonde. Nywerhede het ook nie die euforie van 'n demokratiese bedeling vry gespring nie en die veranderinge wat in die samelewing plaasgevind het moet nou ook in die werksplek materialiseer. PROBLEEMSTELLING Regstellende optrede word beskou as 'n baie kontroversiele onderwerp, as gevolg van politieke, ekonomiese en sosiale verbintenisse daaraan. Dit kan waarskynlik ook te danke wees aan die verkeerdelike persepsies of toepassing van sekere basiese grondbeginsels van regstellende optrede. Sekere grondbeginsels omsluit onder andere aspekte soos die kompleksiteit van bestuur, bevordering en bemagtiging van werknemers as sleutel ontwikkelingsareas in regstellende optredeprogramme. DOEL Hierdie studie ondersoek sekere aspekte wat 'n grondige basis kan skep vir regstellende optrede, ten einde ekonomiese groei, welvaart, werkskepping en die opheffing van Suid- Afrika as geheel te bewerkstellig. METODIEK 'n Literatuurstudie word aangewend om die nuutste ontwikkelinge in die regstellende optredeveld te ontdek, asook om navorsing deur deskundiges in hierdie studie te verwerk. BEVINDINGS Uit die literatuur kan afgelei word dat daar verskeie aspekte rakende regstellende optrede is wat oorweeg moet word, soos bv. beleid, strategiee, werknemerdeelname, bestuur van diversiteit asook die bemagtiging van werknemers. Die opleiding en ontwikkling van werknemers kan beskou word as die kardinale element van die suksesvolle implementering van 'n regstellende optrede program. Die verantwoordelikheid en die monitering vir die
implementering van 'n regstellende optrede- program berus by topbestuur. Regstellende optredeprogramme behoort beskou te word as 'n integrale deel van die organisasie se aktiwiteite en behoort ge-integreer te word by die algemene prosedures en praktyke. 'n Kwotasisteem gaan nie die probleem te opsigte van die ontwikkeling van mense doelmatig aanspreek nie. Daar behoort eerder klem gele te word op die opheffing van werknemers in 'n organisasie om sodanig die organisasiedoelwitte te bereik. GEVOLGTREKKINGS Die bestuur van regstellende optrede is 'n belangrike uitdaging vir veranderende organisasies. Veral van belang is die integrering van die
kulture van die verskillende werknemers in die organisasie en die vestiging van normes soos wedesydse respek en vertroue in mekaar.
Samewerkende deelname van al die rolspelers sal bydra tot die groei in die ekonomie en bydra tot die totale opbloei van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Regstellende optrede behoort die bestuur van die diverse werksmag te beklemtoon. Bemagtiging van werknemers behoort oordenk te word. AANBEVELINGS Daar word voorgestel dat indien 'n organisasie regstellende optrede met sukses wil implementeer dit nodig is om eers die toegewydheid van die verskillende rolspelers te verkry en die kritiese aspekte, soos bespreek, en die kultuur van 'n onderneming aan te spreek. Topbestuur behoort die verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe daarstelling van 'n regstellende optredeprogram in 'n organisasie. Die implementering van sodanige programme behoort gemonitor te word. Evaluering van huidige programme behoort diskriminerende praktyke uit te skakel. Die organisasieklimaat behoort wedersydse respek en aanvaarding aan te moedig. Die bestuur van doelwitte is belangrik in die implementering van die programme.
Collections
- Humanities [2671]