Valuation of ecosystem services at health clinic gardens in South Africa
Abstract
Health clinic gardens provide a variety of ecosystem services (ESs) that when properly valued
may inform the larger community of the benefits of having a garden, especially concerning food
and health security and increase sustainable gardening practices that will contribute to the
building of resilience. However, there is not much research conducted on the value of
ecosystem services provided by health clinic gardens. Previous research on health clinic
gardens focused on the presence of natural, physical and social resource diversity as well as on
different stakeholder perceptions. In order to address this gap, existing ecosystem service
valuing techniques were investigated and implemented to determine the ecological, economic,
social and cultural value of health clinic gardens in terms of different provisioning, regulating,
cultural and supporting ecosystem services provided by health clinic gardens in the Dr Kenneth
Kaunda District Municipality, North-West Province and Phokwane Local Municipality, Northern
Cape Province. The perceptions of stakeholders on the presence and value of ecosystem
services and presence of ecosystem disservices were obtained by interviewing 70 stakeholders
(facility managers, groundskeepers, community members) at 32 clinics. A qualitative analysis
was also used to obtain additional information from the interviews. The actual values of selected
ecosystem services were determined by making use of market values, whereafter the perceived
and actual values of the different ESs were compared and analysed. Actual values in
contradiction of perceived values need to be emphasised during communication with all the
stakeholders in the co-management process of the gardens as to increase the understanding of
the importance of ecosystem services in maintaining human lives. The actual values were
generally more than the perceived values, indicating that the stakeholders are not fully aware of
the benefits the clinic gardens provide or the value of these benefits.
Gesondheidskliniektuine voorsien 'n verskeidenheid ekosisteemdienste (ED) wat, indien
waardes daarvan behoorlik bepaal word, dit die groter gemeenskap van die voordele van tuine
kan inlig. Die groter gemeenskap moet veral ingelig word met betrekking tot voedsel- en
gesondheidsveiligheid, en verhoging van volhoubare tuinboupraktyke wat sal bydra tot die bou
van veerkragtigheid. Daar is egter nie veel navorsing gedoen oor die waardes van
ekosisteemdienste wat deur gesondheidskliniektuine voorsien word nie. Vorige navorsing oor
gesondheidskliniektuine fokus op die teenwoordigheid van natuurlike, fisiese en sosiale
hulpbron diversiteit sowel as op die persepsie van verskillende rolspelers. Ten einde hierdie
gaping aan te spreek, is bestaande ekosisteemdienswaardasie-tegnieke ondersoek en
geïmplementeer om die ekologiese, ekonomiese, sosiale en kulturele waardes van
gesondheidskliniektuine te bepaal. Hierdie waardes is in terme van die verskillende
voorsienings-, regulerings-, kulturele- en ondersteunings-ekosisteemdienste wat deur
gesondheidskliniektuine in die Dr Kenneth Kaunda Distriksmunisipaliteit (Noordwes Provinsie)
en Phokwane Plaaslike Munisipaliteit (Noord-Kaap Provinsie) voorsien word. Dit is behaal deur
70 belanghebbendes (fasiliteitsbestuurders, tuinomsieners en gemeenskapslede) by 32 klinieke
te ondervra om hul persepsies te verkry oor die teenwoordigheid en waardes van
ekosisteemedienste en die teenwoordigheid van ekosisteem-nie-dienste. Kwalitatiewe analise is
ook gebruik om bykomende inligting uit die onderhoude te verkry. Die werklike waardes van
geselekteerde ekosisteemdienste is bepaal deur gebruik te maak van markwaardes, waarna die
waarneembare en werklike waardes van die verskillende ED vergelyk en ontleed is. Werklike
waardes, in teenstelling met waargenome waardes, moet beklemtoon word tydens
kommunikasie met al die belanghebbendes in die medebestuursproses van die tuine, om die
begrip van die belangrikheid van ekosisteemdienste in die handhawing van menslike lewens te
verhoog. Dit moet gedoen word omdat daar bevind is dat die werklike waardes oor die
algemeen hoër was as die waargenome waardes. Dit wil voorkom of die rolspelers van die
kliniektuine nie ten volle bewus is van die voordele wat kliniektuine bied nie, en dat hulle ook nie
bewus is van die waarde van hierdie voordele nie.