Die vergestalting van die vrou in die agtiende-eeuse opera buffa, La buona figliuola
Abstract
Die Verligtingsbeweging se fokus op die ontwikkeling van die individu het gelei tot hervorming in die kunste, wat op mees toeganklike en gepaste wyse, 'n morele boodskap kon verkondig ten doel van individuele opheffing. Verligtingsideale is weerspieel met Piccinni se baanbrekende opera buffa, La buona figliuola (1760) - gebaseer op Richardson se rvolusionere novelle Pamela (1741) - wat die bewustheid en ideale opheffing van die vrou in die agtiende-eeuse opera buffa bewerkstellig en uitgebeeld het. Hierdie hervormde verskynsel het egter gepaard gegaan met die agteruitgang van die prima donna.
Die doel van hierdie studie was gevolglik om die aard van die agtiende-eeuse vroue vergestalting in La Cecchina te bepaal. Ter ondersteuning van hierdie ondersoek het spesifieke doelstellings gevolg, naamlik: om te bepaal hoe die ideale van die Verligtingsbeweging neerslag gevind het in die agtiende-eeuse kunste (met spesifieke verwysing na die opera buffa); om Pamela se evolusionere eienskappe vas te stel en hoe dit in die baanbrekende La Cecchina neerslag vind; om vas te stel watter invloed La Cecchina op die agtiende-eeuse opera buffa gehad het; en ten laaste te bepaal watter spesifieke kommentaar oor die sosiale posisie van die vrou in La Cecchina voorgekom het. Die studie het aangedui dat die opera buffa 'n ideale opvoedingsmiddel en verteenwoordiger van die Verligtingsbeweging was. Dit was grootliks te wyte aan die invloed van La Cecchina se ooreenkomstige daarstelling van Pamela se emosionele karakterbehandeling. Hierdie spesifieke karakterbehandeling, gevorm deur sosiale kontroversiele kwessies wat vergestalt is binne 'n realistiese sosiale karaktertipe raamwerk (dramma giocoso), is ten doel van die morele opheffing van die vrou aangewend. Sentimentele karakterbehandeling met gepaste tere musikale eenvoud het gevolglik Cecchina (die hoofkarakter) as 'n opheffende ideale agtiende-eeuse vrou uitgebeeld, naamlik die vrou se natuurlike funksionering as moeder en eggenoot. Cecchina se natuurlike idiosinkratiese, huishoudelike posisie het gevolglik agtiende-eeuse idees random die vrou vergestalt.
Collections
- Humanities [2671]