Viljoen, Martina2016-05-242016-05-242014Viljoen, M. 2014. Gospel Hymnody: a living chronicle of suffering and hope - or promiscuous evangelical hustle? Vir die Musiekleier. 34:67-84, Des. [http://dspace.nwu.ac.za/handle/10394/16025]1999-3412http://hdl.handle.net/10394/17466Die doel van hierdie artikel is om die historiese ontwikkeling van gospelmusiek na te gaan aan die hand van die vraag of huidige gekommersialiseerde vorme daarvan steeds die godsdienstige oorsprong en ekspressiewe krag van die historiese model huldig. ‘n Aantal “spirituals” en gospel liedere word aan die hand van metafoor-analise ontleed, waarby die benadering steun op Peter Jackson (2006) se argument dat die metaforiese neerslag van “gebaar” in godsdienstige diskoers op ‘n diepgaande wyse by konstrukte van kulturele oordrag en historiese geheue betrokke is. Die fenomeen van lofprysingsmusiek word kortliks bespreek as invloedryke verskynsel binne Suid- Afrikaanse denominasies waar dit algemeen as “gospelmusiek” bekend staan. Daar word bevind dat hedendaagse gekommersialiseerde vorme die aard van gospelmusiek radikaal verander het, maar dat dit steeds as outentieke uitdrukkings van geloof gesien kan word. Nietemin is die sosiale appèl van historiese swart gospelmusiek nie in hedendaagse gekommersialiseerde voorbeelde aanwesig nie, en sluit die laasgenoemde eerder by die sentimente van “wit” gospelhimnodie aan. Onlangse voorbeelde van gospelkletsrym weerspieël egter onverstaanbaarheid en godsdienstige onsekerheid as tekens van die postmoderne tydsgees. As eietydse manifestasies van hedendaagse religieuse introspeksie, fokus hierdie voorbeelde op die soeke van die individu eerder as op kollektiewe aanbidding.enSpirituals, Afro-American gospel hymnody, freedom songs, commercialisation, praise-and-worship music, Black South African gospel music, Afrikaans gospel music, metaphor, gesture, religious meaning, cultural transmission, historical memoryGospel Hymnody: a living chronicle of suffering and hope - or promiscuous evangelical hustle?Article