Verhoef, Grietjie2012-03-162012-03-161998Verhoef, G. 1998. The Master's degree: perspectives on independent research at post-graduate level. New contree, 43:71-89, Sept. [http://dspace.nwu.ac.za/handle/10394/4969]0379-9867http://hdl.handle.net/10394/6320Die gedoseerde MA-kursusse in Geskiedenis het geweldig toegeneem. Dit bied die geleentheid om verdere studie in Geskiedenis te onderneem sonder om gekortwiek te word deur sekere logistiese probleme, soos afstand van argiewe of die tyd nodig om lang argivale navorsing te onderneem. Die groot bydrae van die gedoseerde kursusse is dat dit ook die geleentheid bied om studie op gevorderde vlak te onderneem buite die konteks van Suid-Afrika. Daar is wel potensiƫle probleme aan die gedoseerde kursusse gekoppel, maar met sterk eksterne eksaminering, word dit tot die minimum beperk. Die artikel verwys na verskillende modelle van gedoseerde kursusse wat by Suid-Afrikaanse universiteite aangebied word. Die artikel ontleed ook die tendens ten opsigte van studentegetalle aan die betrokke universiteite en koppel die binnelandse tendens aan bv. die Universiteit van Botswana. Ten slotte doen die artikel 'n oproep om 'n positiewe uitkyk op die moontlikhede wat die gedoseerde kursusse bied, asook voortgesette argivale navorsing, beide in die verhandelingsgebaseerde en die skripsie MA-studies. Die uitdaging vir Geskiedenis in die volgende eeu, is om waarde toe te voeg tot mense, en in besonder Suid-Afrikaners se lewens, deur die praktisering daarvan te verhoog. Die gedoseerde kursusse bied die geleentheid daartoe.enThe Master's degree: perspectives on independent research at post-graduate level.Article