<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?><?xml-stylesheet type="text/xsl" href="static/style.xsl"?><OAI-PMH xmlns="http://www.openarchives.org/OAI/2.0/" xmlns:xsi="http://www.w3.org/2001/XMLSchema-instance" xsi:schemaLocation="http://www.openarchives.org/OAI/2.0/ http://www.openarchives.org/OAI/2.0/OAI-PMH.xsd"><responseDate>2026-09-23T16:38:35.119944415Z</responseDate><request verb="GetRecord" identifier="oai:repository.nwu.ac.za:10394/38329" metadataPrefix="dim">https://repository.nwu.ac.za/server/oai/request</request><GetRecord><record><header><identifier>oai:repository.nwu.ac.za:10394/38329</identifier><datestamp>2022-02-09T06:09:51Z</datestamp><setSpec>com_10394_26463</setSpec><setSpec>col_10394_26475</setSpec></header><metadata><dim:dim xmlns:dim="http://www.dspace.org/xmlns/dspace/dim" xmlns:xsi="http://www.w3.org/2001/XMLSchema-instance" xmlns:doc="http://www.lyncode.com/xoai" xsi:schemaLocation="http://www.dspace.org/xmlns/dspace/dim http://www.dspace.org/schema/dim.xsd">
   <dim:field mdschema="dc" element="contributor" qualifier="advisor" lang="en_US">Rens, J.A.</dim:field>
   <dim:field mdschema="dc" element="contributor" qualifier="author" lang="en_US">Louw, J.G.</dim:field>
   <dim:field mdschema="dc" element="contributor" qualifier="researchID" lang="en_US">10201009 - Rens, Julia Alet (Supervisor)</dim:field>
   <dim:field mdschema="dc" element="date" qualifier="accessioned">2022-02-09T05:14:53Z</dim:field>
   <dim:field mdschema="dc" element="date" qualifier="available">2022-02-09T05:14:53Z</dim:field>
   <dim:field mdschema="dc" element="date" qualifier="issued" lang="en_US">2021</dim:field>
   <dim:field mdschema="dc" element="identifier" qualifier="uri" lang="en_US">https://orcid.org/0000-0003-2314-4464</dim:field>
   <dim:field mdschema="dc" element="identifier" qualifier="uri">http://hdl.handle.net/10394/38329</dim:field>
   <dim:field mdschema="dc" element="description">PhD (Leerderondersteuning), North-West University, Potchefstroom Campus</dim:field>
   <dim:field mdschema="dc" element="description" qualifier="abstract">Die behoefte aan die ontwikkeling en implementering van die Lewensvaardigheid Kurrikulum- en&#xd;
Assesseringsbeleidsverklaring vir verstandelik erg gestremde leerders (Lewensvaardigheid&#xd;
KABV vir VEG leerders) het ontstaan na 'n hofuitspraak in die hofsaak Cape Forum for&#xd;
Intellectually Disabled versus Government of the Republic of South Africa (2011). In hierdie&#xd;
hofuitspraak is verklaar dat die Suid-Afrikaanse regering nie daarin geslaag het om redelike&#xd;
maatreëls te voorsien vir die onderwysbehoeftes van VEG leerders en leerders met diepgaande&#xd;
intellektuele gestremdheid ("profound intellectual disability") in die Wes-Kaap nie. Die&#xd;
Departement van Basiese Onderwys het in reaksie daarop twee kurrikulums ontwikkel: 'n&#xd;
vaardigheids- en beroepskurrikulum vir leerders met matige intellektuele gestremdheid en die&#xd;
ander 'n kurrikulum vir skole vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes op 'n vlak wat&#xd;
toeganklik is vir VEG leerders. Hierdie navorsing fokus op die implementering van die Lewensvaardigheid KABV vir VEG&#xd;
leerders. Die navorsing is gedoen by skole wat deel uitgemaak het van die aanvanklike&#xd;
loodsprojek van die Departement van Basiese Onderwys. 'n Verduidelikende opeenvolgende&#xd;
gemengde navorsingstudie is vanuit 'n oorkoepelende pragmatiese wêreldbeskouing&#xd;
onderneem. Die post-positivistiese wêreldbeskouing was in die kwantitatiewe fase van&#xd;
toepassing, en die sosiaal-konstruktiewe wêreldbeskouing in die kwalitatiewe fase. Die&#xd;
kwantitatiewe fase van die studie het bestaan uit 'n selfontwikkelde vraelys wat aan 21 van die&#xd;
genoemde loodsskole in al nege provinsies van Suid-Afrika gestuur is. Die navorsing het skole&#xd;
uit 'n verskeidenheid ekonomiese kontekste betrek, van skole met baie hulpbronne tot skole met&#xd;
'n tekort aan hulpbronne. In die kwalitatiewe deel van die navorsing is vier skole in verskillende provinsies gekies wat deel&#xd;
was van die kwantitatiewe fase. 'n Kunsgebaseerde benadering is gevolg wat die maak van&#xd;
collages ingesluit het. Die resultate van die kwantitatiewe fase is gebruik om oor die onderwerpe&#xd;
vir die collages te besluit. Onderwerpe het aspekte soos hulpbronne, werkslading, opleiding,&#xd;
tydsbestuur, assessering, tersaaklikheid vir die wêreld van werk, die moeilikheidsgraad van die&#xd;
kurrikulum en die mening van die deelnemers oor die KABV vir VEG leerders en die drie&#xd;
verskillende Lewensvaardigheidkurrikulums ingesluit. Drie tot vier fokusgroepbesprekings is&#xd;
gehou by elk van die gekose skole waar die deelnemers die betekenis van hul collages bespreek&#xd;
het. Met die ontleding van die data is die bevindings van die kwalitatiewe fase in drie kategorieë&#xd;
verdeel: eerstens die mening van die deelnemers oor die KABV vir VEG leerders en die&#xd;
verskillende afdelings van die Lewensvaardigheid KABV vir VEG leerders, tweedens die aspekte wat 'n invloed het op die implementering van die Lewensvaardigheid KABV vir VEG leerders en&#xd;
laastens die invloed van die implementering van die KABV vir VEG leerders op die onderwysers. Die probleme en uitdagings wat uit hierdie fokusgroepbesprekings na vore gekom het, is&#xd;
vervolgens bespreek met die bestuurspanne van die vier skole. Die bestuurspanne het&#xd;
kommentaar gelewer op die probleme en uitdagings en oplossings voorgestel vir die probleme&#xd;
wat die deelnemers aangedui het. Daar is gekonsentreer op drie kurrikulums: Aanvangskennis&#xd;
en Persoonlike en Sosiale Welstand, Kreatiewe Kuns; en Liggaamsopvoeding. Alhoewel die implementering van die Lewensvaardigheid KABV vir VEG leerders oor die&#xd;
algemeen suksesvol was, daar steeds probleme wat hanteer moet word. Die meeste van die&#xd;
deelnemers en skoolbestuurspanne is dit eens dat dit goed is om 'n gestruktureerde kurrikulum&#xd;
te hê wat vir onderwysers riglyne gee en van lesplanne voorsien sodat hulle weet wat van hulle&#xd;
verwag word. Kwessies soos werkslading, assessering, tydsbestuur, hulpbronne en opleiding is&#xd;
egter in sommige skole nog problematies. Met al die inligting wat in die kwantitatiewe en&#xd;
kwalitatiewe fase asook in die besprekings met die skoolbestuurspanne ingesamel is, is 'n&#xd;
handleiding vir beginneronderwysers saamgestel vir opleiding in die Lewensvaardigheid KABV&#xd;
vir VEG leerders wat as die besonderse bydrae van die studie beskou kan word.</dim:field>
   <dim:field mdschema="dc" element="description" qualifier="thesistype" lang="en_US">Doctoral</dim:field>
   <dim:field mdschema="dc" element="language" qualifier="iso" lang="en_US">other</dim:field>
   <dim:field mdschema="dc" element="publisher" lang="en_US">North-West University (South Africa)</dim:field>
   <dim:field mdschema="dc" element="subject">Kurrikulum vir spesiale skole</dim:field>
   <dim:field mdschema="dc" element="subject">leerders met spesiale onderwysbehoeftes</dim:field>
   <dim:field mdschema="dc" element="subject">Lewensvaardigheidkurrikulum</dim:field>
   <dim:field mdschema="dc" element="subject">KABV vir VEG leerders</dim:field>
   <dim:field mdschema="dc" element="subject">spesiale skole</dim:field>
   <dim:field mdschema="dc" element="subject">VEG leerders</dim:field>
   <dim:field mdschema="dc" element="title" lang="en_US">Die implementering van die Lewensvaardigheid Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring vir verstandelik erg gestremde leerders in skole vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes</dim:field>
   <dim:field mdschema="dc" element="type" lang="en_US">Thesis</dim:field>
   <dim:field mdschema="others" element="access-status">open.access</dim:field>
</dim:dim></metadata></record></GetRecord></OAI-PMH>