DWALING WEENS FOUTIEWE KOMMUNIKASIE BY DIE ELEKTRONIESE KONTRAKTERINGSPROSES Navorsingsverslag ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die LLM graad In- en Uitvoer aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes- Universiteit deur F.J. Coetzer 12795860 Module: LLMS873 Studieleier: Prof. GTS Eiselen Medestudieleier: Prof. SPLR de la Harpe Mei 2011 2 Inhoudsopgawe Dankbetuigings.........................................................................................3 Lys van afkortings....................................................................................4 1 Inleiding en probleemstelling..................................................................5 2 Die Suid-Afrikaanse regsposisie.............................................................7 2.1 Gemenereg................................................................................................7 2.2 Die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies, 25 van 2002 ................................................................................................. 26 3 Die Verenigde Nasies Konvensie oor Kontrakte vir die Internasionale Koop van Goedere (1980)...................................... 47 4 UNIDROIT-beginsels ............................................................................. 65 5 Die Verenigde Nasies Konvensie oor die Gebruik van Elektroniese Kommunikasie in Internasionale Kontrakte (2005) ...... 75 6 Vergelyking ............................................................................................ 85 7 Gevolgtrekking ...................................................................................... 90 Bibliografie............................................................................................. 92 Taalversorgingsbrief ............................................................................. 103 3 Dankbetuigings GLORIA IN EXCELSIS DEO Hiermee wil ek graag die volgende persone bedank: Professor GTS Eiselen, my studieleier vir sy ondersteuning en leiding. Professor SPLR de La Harpe, vir sy hulp en bystand. 4 Lys van afkortings CILSA The Comparative and International Law Journal of South Africa CISG United Nations Convention on Contracts for the International Sale of Goods 1980 CLSR Computer Law & Security Report EDI LR EDI Law Review EKT-wet Die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies, 25 van 2002 JILT Journal of Information, Law & Technology JICLT Journal of International Commercial Law and Technology JLC Journal of Law and Commerce JT Juridisk Tidskrift KIKG Verenigde Nasies Konvensie oor Kontrakte vir die Internasionale Koop van Goedere 1980 PER Potchefstroom Electronic Law Journal SALJ South African Law Journal SA Merc LJ South African Mercantile Law Journal SMS Short Message Service Stell LR Stellenbosch Law Review THRHR Tydskrif vir die Hedendaagse Romeins Hollandse Reg ULR Uniform Law Review UNCITRAL United Nations Commission on International Trade Law UNIDROIT International Institute for the Unification of Private Law UNESCO United Nations Educational, Scientific and Cultural Organization VJICLA Vindobona Journal of International Commercial Law and Arbitration VJTL Vanderbilt Journal of Transnational Law VN Verenigde Nasies YJIL Yale Journal of International Law 5 1 Inleiding en probleemstelling Internasionale handel is aan die toeneem, ook in Suid-Afrika. Met die toename in inligtingstegnologie word baie van hierdie internasionale ooreenkomste elektronies gesluit. Daar word dikwels in die gewone omgangstaal daarna verwys as e-handel. Hierdie vorm van kontraksluiting en onderhandeling is baie gerieflik en ook baie gewild.1 Probleme kan egter ontstaan met elektroniese onderhandelinge en die sluit van elektroniese kontrakte. By elektroniese kommunikasie is foute meer algemeen as by die ander meer tradisionele vorms van kontraksluiting.2 Sulke foute kan veroorsaak word deur menslike handelings of deur foutiewe elektroniese toerusting.3 Voorbeelde van foute veroorsaak deur elektroniese toerusting sluit in boodskappe wat dubbel gestuur en ontvang word, boodskappe wat aan die verkeerde adres gestuur word, data wat korrupteer word,4 of waar probleme in die transmissieproses veroorsaak dat die boodskap laat of glad nie of onvolledig gestuur of ontvang word.5 Voorbeelde van foutiewe menslike kommunikasie is waar verkeerde bedrae of hoeveelhede ingesleutel word of waar ? sleutel per ongeluk gedruk word.6 Sodanige foute kan groot onsekerheid veroorsaak en ? demper plaas op internasionale handel. Regsekerheid op hierdie gebied is noodsaaklik om internasionale handel te bevorder. Die studie sal fokus op die regsposisie waar foutiewe kommunikasie tydens die proses van kontraksluiting voorkom. Spesifiek gaan daar gekyk word na die posisie waar ? natuurlike persoon ? fout tydens die elektroniese 1 Kerr Law of Contracts 241; Eiselen 2007 PER 2.2 United Nations Convention on the Use of Electronic Communications in International Contracts nota op a 14 par 224.3 United Nations Convention on the Use of Electronic Communications in International Contracts nota op a 14 par 224. 4 Dit gebeur waar `n databoodskap gestuur word en die oorspronklike boodskap iewers in die elektroniese proses bederf word. Die boodskap word dan so verander en maak dit vir die geadresseerde moeilik of onmoontlik om die boodskap te verstaan of gebruik.5 Eiselen 1995 SA Merc LJ 12.6 United Nations Convention on the Use of Electronic Communications in International Contracts nota op a 14 par 224. 6 kommunikasieproses begaan en nie waar ? rekenaar of elektroniese toerusting die fout veroorsaak het nie. Daar sal dan gekyk word na watter effek die foutiewe kommunikasie op die kontrak het. Die foutiewe kommunikasie kan lei tot ? dwaling tussen die kontrakterende partye wat gevolglik die wilsooreenstemming tussen hulle kan uitsluit en die geldigheid van die kontrak beïnvloed. Die studie sal net fokus op situasies waar die fout en dwaling bona fide gemaak is en sluit gevalle van opset uit. Daar sal verder ook net gekyk word na waar die kommunikasiemetode indirek van aard is, soos e-pos, sms, faks, teleks, gevalle waar daar met ? muis op ? webwerf gekliek word, asook ander variasies van kontraksluiting soos elektroniese data-uitruiling (EDU) en die gebruik van elektroniese agente.7 Die Suid-Afrikaanse regsposisie ten aansien van dwaling weens foutiewe kommunikasie in die kontrakteringsproses sal analiseer en vergelyk word met die van die 1980 Weense Konvensie (KIKG), die UNIDROIT-beginsels en die 2005 Konvensie van Elektroniese Kommunikasie in Internasionale Kontrakte. Laasgenoemde instrumente is spesifiek geskep vir die internasionale handel en kan gebruik word om die regsposisie van partye te reguleer.8 Ten slotte sal die Suid-Afrikaanse regsposisie aan die hand van die bogemelde vergelyking geëvalueer word, en indien nodig, aanbevelings gemaak word. 7 Van der Merwe ea Kontraktereg 73 - Kommunikasiemetodes wat indirek van aard is, is waar die betrokke partye elektronies met mekaar kommunikeer en die kommunikasie nie noodwendig direk of oombliklik is nie. Die een party kan byvoorbeeld `n e-pos stuur en die ander party kan die boodskap dalk eers later ontdek en later daarop antwoord/reageer. Tipiese kommunikasiemetodes wat direk van aard is, sluit gesels-, video-, konferensie- en internet-telefoonfasiliteite in. By hierdie kommunikasiemetodes kommunikeer die partye direk met mekaar en is die kommunikasie oombliklik.8 Die KIKG is geskep met die doel om eenvormige reëls by internasionale koopkontrakte daar te stel. Die konvensie word as die suksesvolste een tot dusver beskou en is tot op datum deur 76 state onderteken. Die UNIDROIT-beginsels is geskep met die doel om `n stel reëls te skep wat oor internasionale kommersiële transaksies reguleer. Dit gee algemene reëls vir internasionale kommersiële kontrakte en verskaf goeie oplossings vir probleme op die gebied. Die 2005-UNCITRAL-konvensie is spesifiek geskep met die doel om elektroniese kommunikasie in internasionale kontrakte te reguleer. Die konvensie bied kommersiële voorspelbaarheid en praktiese oplossings rondom kwessies by die gebruik van elektroniese kommunikasie in internasionale kontrakte. 7 2 Die Suid-Afrikaanse regsposisie 2.1 Gemenereg ? Kontrak in sy eenvoudigste vorm kan uitgedruk word as ? ooreenkoms wat deur die reg afdwingbaar is of poog om afdwingbaar te wees.9 Volgens die Suid-Afrikaanse reg is daar ? aantal vereistes waaraan ? kontrak moet voldoen voordat dit as geldig geag word. Die partye moet handelingsbevoegd wees, hulle moet aan alle formaliteite voldoen wat die reg voorskryf, daar moet wilsooreenstemming tussen hulle wees, die prestasie moet moontlik wees, die ooreenkoms moet geoorloof wees en die prestasie moet bepaald of bepaalbaar wees.10 Om die aanspreeklikheid wat uit ? kontrak voortvloei te bepaal is dit nodig om na die grondslag van die kontrak te kyk. Die kontraktuele aanspreeklikheid het te doen met die bepaling van die regte en verpligtinge wat uit die kontrak voortspruit en regverdig die afdwingbaarheid van die kontrak.11 Om die grondslag van ? kontrak te bepaal word daar van subjektiewe en objektiewe benaderings gebruik gemaak.12 Daar bestaan tans drie verskillende teorieë in die Suid-Afrikaanse reg om die grondslag van ? kontrak te bepaal. Daar is die subjektiewe wilsteorie en dan is daar die objektiewe verklarings- en vertrouensteorieë.13 Hierdie teorieë blyk baie verskillend van 9 Christie The Law of Contract 2.10 De Wet en Van Wyk Kontraktereg en Handelsreg 83; Snail 2008 JILT 5 - Alhoewel die meeste kontrakte gesluit word waar aanbod en aanname teenwoordig is, is dit egter nie `n vereiste dat daar `n uitdruklike aanbod en aanname moet wees nie. Partye bereik dikwels ooreenstemming deur menigte kommunikasies heen en weer te stuur sonder dat daar `n uitdruklike aanbod en aanname is.11 Pretorius 2004 CILSA 97; Pretorius 2004 THRHR 179.12 Pretorius 2004 THRHR 383.13 Christie The Law of Contract 1; Pretorius 2004 THRHR 385; Pretorius 2005 THRHR 449 en 260; In kort bepaal die subjektiewe wilsteorie dat die grondslag van ? kontrak geleë is in die consensus ad idem of wilsooreenstemming tussen die partye. Die verklaringsteorie bepaal dat die grondslag geleë is in die verklaarde bedoelings van die partye terwyl die vertrouensteorie bepaal dat die grondslag geleë is in die redelike verwagtinge wat geskep word tussen die partye. 8 mekaar te wees en daar bestaan ondersteuning vir al drie bogenoemde teorieë.14 2.1.1 Die grondslag van kontraktuele aanspreeklikheid 2.1.1.1 Die subjektiewe benadering Die bedoelings-, of te wel die wilsteorie, bepaal dat die grondslag van `n kontrak geleë is op die subjektiewe wilsooreenstemming of ware ooreenstemmende bedoelings tussen die kontrakspartye.15 Daar is reeds in die Romeinse en Romeins-Hollandse reg bepaal dat die partye se wil of ooreenstemmende bedoelings die algemene grondslag van kontraktuele aanspreeklikheid is.16 Deur na die Suid-Afrikaanse howe te kyk kan gesien word dat die benadering vanaf die Romeins-Hollandse reg geërf is.17 In Saambou-Nasionale Bouvereniging v Friedman18 het Jansen AR sy goedkeuring aan die teorie gegee en bepaal dat: In die algemeen word geleer dat die grondslag van `n ooreenkoms consensus ad idem, wilsooreenstemming tussen die partye is. Ons bronne, literatuur en regspraak is deurspek met `n terminologie en stellings wat daarop dui dat met consensus bedoel word die saamval van wat elke party werklik (psigologies) wil.19 14 Pretorius 2005 THRHR 253; Pretorius 2004 THRHR 179.15 Van der Merwe ea Kontraktereg 22; De Wet en Van Wyk Kontraktereg en Handelsreg 9; Christie The Law of Contract 1; Pretorius 2005 THRHR 442; Hutchison en Pretorius The Law of Contract 81; Dit is omrede die klem op die wil of die ooreenstemmende bedoelings van die party val.16 De Wet en Van Wyk Kontraktereg en Handelsreg 18.17 Kerr Law of Contracts 4; Pretorius 2004 CILSA 388; Pretorius 2004 THRHR 179; Collen v Rietfontein Engineering Works 1948 (A) par 435 – “The question at issue really resolves itself into [this;] what was the intention of the parties at the time they entered into the contract?”; Jones v Anglo-African Shipping Co 1972 (A) par 834 D – “In the interpretation of a contract the general rule is that the court should determine what the true intention of the parties was.”18 Saambou-Nasionale Bouvereniging v Friedman 1979 (A) par 993 E-F (Hierna net die Saambou-saak).19 Christie The Law of Contract 1; Saambou-Nasionale Bouvereniging v Friedman 1979 (A) par 993 E-F. 9 Die benadering is al menigmaal deur die Hoogste Hof van Appèl goedgekeur en bevestig.20 Die teorie behels dat ? kontraktant slegs gebonde is aan die kontrak vir sover as wat daar ooreenstemmende bedoelings tussen hom en sy mede-kontraktant is.21 Indien daar nie wilsooreenstemming tussen die kontrakterende partye is nie, het daar nie ? geldige kontrak tussen hulle ontstaan nie.22 Vir wilsooreenstemming om tussen die partye te bestaan, moet beide kontraktante eensgesind wees oor die regte en verpligtinge wat hulle in die lewe wil roep, beide moet die bedoeling hê om regtens tot die ooreenkoms gebind te word en hulle moet ook bewus wees van die eensgesindheid tussen hulle.23 Alhoewel die wilsteorie as die algemene grondslag van ? kontrak beskou word, is die teorie nie sonder kritiek nie. Meeste kontrakte word gesluit met wilsooreenstemming teenwoordig, maar by gevalle waar die wilsooreenstemming afwesig is, ontstaan probleme.24 Waar `n dwaling dissensus veroorsaak, bestaan daar volgens die wilsteorie geen kontrak nie en `n streng toepassing van die teorie sal onbillik wees.25 Indien die teorie konsekwent toegepas sou word kan dit die gevolg hê dat elke wesenlike dwaling tot kontraktuele ongebondenheid lei.26 Dit kan die gevolg hê dat persone uit kontrakte kan ontsnap deur slegs op ? gebrek aan wilsooreenstemming te steun.27 20 Spes Bona Bank v Portals Water Treatment of South Africa 1983 (A) par 345 D-E (Hierna die Spes Bona Bank-saak); Mondorp Eiendomsagentskap v Kemp en De Beer 1979 (SCA) par 274 I-J (Hierna net die Mondorp Eiendomsagentskap-saak); Tesvern CC v South African Bank of Athens 2000 (SCA) par 274 I-J; Cape Group Construction v Government of the United Kingdom 2003 (SCA) par 226 I-F (Hierna die Cape Group Construction-saak).21 Van der Merwe ea Kontraktereg 22; Saambou-Nasionale Bouvereniging v Friedman 1979 (A) par 993 E-F.22 Kerr Law of Contracts 241.23 Van der Merwe ea Kontraktereg 22; Pretorius 2005 THRHR 443; Hutchison en Pretorius The Law of Contract 85.24 Pretorius 2005 THRHR 446.25 De Wet en Van Wyk Kontraktereg en Handelsreg 19; Hutchison en Pretorius The Law of Contract 90; Pretorius 2004 THRHR 188.26 Van der Merwe ea Kontraktereg 30; Hutchison en Pretorius The Law of Contract 90.27 Van der Merwe ea Kontraktereg 30; Pretorius 2004 THRHR 388. 10 In die Spes Bona Bank-saak28 het die Hoogste Hof van Appèl ook die consensus ad idem of wilsooreenstemming tussen die partye as die grondslag van ? ooreenkoms bevestig, maar verder ook gesê dat die howe nie gebind is tot slegs een spesifieke teorie nie. Die rede hiervoor is dat die howe die reg moet toepas en al die teorieë in aanmerking moet neem, en waar nodig die reg moet ontwikkel om tot ? besluit te kom. Hieruit kan gesien word dat die wilsteorie nie die enigste bindende grondslag vir aanspreeklikheid is nie en dat die howe nie onverbiddelik die wilsteorie aanhang nie.29 Dus is die wilsteorie nie die enigste teorie om die grondslag van ? kontrak te bepaal nie, gevolglik is ander benaderings ook ontwikkel.30 Die Engelse saak Smit v Hughes31 was belangrik vir die Suid-Afrikaanse reg omdat `n alternatiewe kontraktuele aanspreeklikheidsteorie anders as die wilsteorie ontwikkel is.32 In die saak het Blackburn J gesê: If the parties are not ad idem, there is no contract, unless the circumstances are such as to preclude one of the parties from denying that he has agreed to the terms of the other.33 Die reël van Smith v Hughes is direk so deur die Suid-Afrikaanse howe oorgeneem.34 Die beginsels van die Sonap Petroleum (SA) (Pty) Ltd v Pappadogianis35-saak is op die beginsels van Smit v Hughes gegrond en deur Harms AR in die Suid-Afrikaanse reg bevestig.36 Die Sonap Petroleum-saak is tans die toonaangewende saak rakende kontrakte wat in die afwesigheid van consensus gesluit is en daar word gereeld deur die howe na die saak verwys.37 28 Spes Bona Bank v Portals Water Treatment of South Africa 1983 (A) par 345 D-E.29 De Wet en Van Wyk Kontraktereg en Handelsreg 19; Van der Merwe ea Kontraktereg 22; Pretorius 2004 THRHR 181.30 Van der Merwe ea Kontraktereg 22; Pretorius 2004 THRHR 179.31 Smith v Hughes 1870 QB par 597.32 De Wet en Van Wyk Kontraktereg en Handelsreg 22; Pretorius 2004 THRHR 188.33 Pretorius 2004 THRHR 188.34 De Wet en Van Wyk Kontraktereg en Handelsreg 22; Pretorius 2004 THRHR 192.35 Sonap Petroleum v Pappadogianis 1992 (A) par 238-239 (hierna net die Sonap Petroleum-saak).36 Pretorius 2004 THRHR 192.37 Pretorius 2004 THRHR 192. 11 Voordat daar na die ander grondslagteorieë van kontraktuele aanspreeklikheid gekyk word, gaan daar eers gekyk word na wat dwaling is en wanneer dit wilsooreenstemming uitsluit. 2.1.1.2 Dwaling Waar partye met mekaar onderhandel en nie tot ooreenstemming kom nie, is beide partye meestal bewus dat consensus nie bereik is nie.38 Waar beide partye bewus is van die dissensus, ontstaan daar gevolglik geen ooreenkoms tussen hulle nie.39 Waar ? party of beide partye egter nie bewus is van die dissensus nie, weens ? foutiewe indruk van ? party se bedoeling, verkeer die party of partye onder ? dwaling of error.40 Breedweg kan gesê word dat ? dwaling bestaan waar ? verkeerde indruk van die werklike feite voorkom.41 So ? dwaling kan veroorsaak dat een of albei die partye onder ? wanindruk van die werklike feite is en kan daartoe lei dat wilsooreenstemming ontbreek.42 Dwaling kan baie vorms aanneem en op verskeie maniere ontstaan.43 Dit kan gebeur waar ? persoon hom verspreek met die aanbod of aanname; ? skryf- of tikfout maak;44 die gestuurde boodskap verkeerd oordra;45 die aanbod of aanname verkeerd verstaan; of waar iemand hom misgis oor die betekenis van woorde.46 38 Van der Merwe ea Kontraktereg 25.39 Van der Merwe ea Kontraktereg 25; Hutchison en Pretorius The Law of Contract 82.40 De Wet en Van Wyk Kontraktereg en Handelsreg 9; Hutchison en Pretorius The Law of Contract 82.41 De Wet en Van Wyk Kontraktereg en Handelsreg 9; Hutchison en Pretorius The Law of Contract 82.42 De Wet en Van Wyk Kontraktereg en Handelsreg 9, Hutchison en Pretorius The Law of Contract 82.43 De Wet en Van Wyk Kontraktereg en Handelsreg 10.44 De Wet en Van Wyk Kontraktereg en Handelsreg 10 - Waar iemand byvoorbeeld 56 tik waar hy eintlik 65 wou tik.45 De Wet en Van Wyk Kontraktereg en Handelsreg 10; Weiler v Oppenheim (1856) - Waar ? makelaar `n telegram gestuur het om effekte te verkoop en die telegram was verkeerd oorgesein en die makelaar bereik het met “koop” in plaas van “verkoop”.46 De Wet en Van Wyk Kontraktereg en Handelsreg 10. 12 Waar die dwaling van so ? aard is dat dit die wilsooreenstemming uitsluit, staan dit bekend as wesenlike dwaling.47 In die lig van die elemente van wilsooreenstemming sal so ? dwaling wesenlik wees waar die dwaling `n party se besluit om te kontrakteer beïnvloed.48 Waar die dwaling nie wesenlik is nie, is die partye steeds ad idem met mekaar en bestaan daar `n geldige kontrak.49 Dwaling word ook deur die howe as eensydig,50 wedersyds51 of gemeenskaplik52 geklassifiseer en word verder volgens soort in kategorieë geplaas.53 `n In diepte bespreking hiervan val egter buite die besprekingsgebied van hierdie werk. 47 Van der Merwe ea Kontraktereg 25; Hutchison en Pretorius The Law of Contract 84.48 Van der Merwe ea Kontraktereg 25; Hutchison en Pretorius The Law of Contract 82.49 Hutchison en Pretorius The Law of Contract 84.50 Trollip v Jordaan 1961 (A) - Eensydige dwaling (unilateral mistake) is waar slegs een van die betrokke partye onder ? dwaling verkeer, terwyl die ander party van die regte stand van sake bewus is. Hier is wilsooreenstemming afwesig en geen bestaande kontrak nie.51 Diamond v Kernick 1947 (A) - Wedersydse dwaling (mutual mistake) kom voor waar elke party onder sy eie foutiewe indruk van die ander party se bedoelings is en beide partye dan so onbewus van mekaar se dwaling is. Waar partye wedersyds dwaal is wilsooreenstemming afwesig en gevolglik geen bestaande kontrak nie.52 Dickinson Motors (Pty) Ltd v Oberholzer 1952 (A) - Gemeenskaplike dwaling (common mistake) kom voor waar beide partye onder dieselfde foutiewe indruk verkeer en beide nie bewus is van die foutiewe indruk nie. So `n dwaling lei nie tot dissensus nie, omrede die partye in beginsel steeds ad idem met mekaar is. Die partye stem steeds ooreen, maar hulle wilsooreenstemming is op ? foutiewe aanname gebaseer. Dit het die gevolg dat die kontrak nietig is.53 Maresky v Morkel 1994 (A) par 414 - Error in corporae is `n wesenlike dwaling waar daar gedwaal word omtrent die voorwerp van die prestaie; Venter v Credit Guarantee Insurance Corporation of Africa 1996 (A) par 974-976 - Error in negotio, is waar gedwaal word oor die aard van die betrokke regshandeling tussen die partye. Hierdie vorm van dwaling is wesenlik; Bird v Summerville 1961 (A) par 204 G - Error in persona, hier word gedwaal oor die identiteit van die kontrakterende partye. Die dwaling ten opsigte van die identiteit van die party kan wesenlik wees; Trollip v Jordaan 1961 (A) - Error in qualitate, onstaan waar daar ? dwaling heers rondom ? eienskap of kwaliteit van die prestasie wat gelewer moet word. Die vorm van dwaling word in die algemeen nie as wesenlik beskou nie; Maritime Motors (Pty) Ltd v Von Steiger 2001 (A) - In sommige gevalle is die materiaal waarvan die voorwerp gemaak is so van belang dat die dwaling die wilsooreenstemming tussen die partye kan uitsluit, dit staan bekend as error in substantia. Hierdie tipe dwaling is meer as net ? blote error in qualitate en is wesenlik; Trollip v Jordaan 1961 (A) - Dwaling in die beweegrede is gewoonlik ook nie wesenlik nie en kom voor waar `n party self die dissensus veroorsaak het en iets glo wat die ander party nie genoem of gewaarborg het nie. 13 2.1.1.3 Die objektiewe benadering In teenstelling met die subjektiewe benadering om die grondslag van ? kontrak te bepaal, staan die objektiewe benadering. By gevalle waar dwaling die consensus uitsluit, en die wilsteorie te kort skiet, volg die howe die benadering.54 Die benadering behels dat ? party nie aanspreeklikheid kan vermy deur bloot te beweer dat die ooreenkoms gesluit is op die gronde dat hy nie bedoel het om homself te bind nie.55 Die objektiewe benadering bestaan egter nie uit ? eenvormige teorie nie, maar eerder uit ? verskeidenheid van benaderings, soos die vertrouens- en verklaringsteorieë.56 Hierdie twee teorieë word nie in die Suid-Afrikaanse reg as algehele alternatiewe vir die wilsteorie beskou nie. Hulle word meestal gebruik om die wilsteorie aan te vul en te kwalifiseer waar dit nie bevredigend is nie en word veral aan die bedoeling van die uitdrukking gebind.57 2.1.1.3.1 Die verklaringsteorie Die teorie is ? uiterste geval van die objektiewe benadering tot kontraktuele gebondenheid, omrede dit nie enige subjektiewe bedoelings van die partye in ag neem nie.58 Die teorie bepaal dat die kontraktante nie gebonde is aan ? kontrak op die grondslag van hulle subjektiewe ooreenstemmende bedoelings nie, maar eerder op hulle objektiewe ooreenstemmende verklarende bedoelings.59 In sy eenvoudigste vorm is die teorie gebaseer op die blote ooreenstemmende verklarings van die kontraktante.60 Die gevolg van die benadering kan egter, waar die partye se verklarende bedoelings verkeerd uitgedruk is, veroorsaak dat ? kontrak afgedwing kan word wat nie een van 54 Pretorius 2005 THRHR 453.55 Van der Merwe ea Kontraktereg 41; Pretorius 2004 THRHR 385; Hutchison en Pretorius The Law of Contract 90.56 Christie The Law of Contract 1; Pretorius 2005 THRHR 442; Pretorius 2004 THRHR 385.57 Van der Merwe ea Kontraktereg 20; Pretorius 2004 THRHR 192.58 Pretorius 2005 THRHR 457.59 Van der Merwe ea Kontraktereg 37; Pretorius 2005 THRHR 457; Pretorius 2004 CILSA 396.60 Van der Merwe ea Kontraktereg 19; Hutchison en Pretorius The Law of Contract 97. 14 die partye verlang nie.61 Die benadering is al in sake soos South African Railways & Harbours v National Bank of South Africa Ltd 62 gevolg en daar is deur Wessels JA bepaal: The law does not concern itself with the working of the minds of parties to a contract, but with the external manifestation of their minds. Even therefore if the minds of the parties do not meet, yet, if by their acts their minds seem to have met, the law will look to their acts and assume that their minds did meet.63 Die benadering geniet egter verder min ondersteuning deur die howe en is saam met die bogenoemde dictum van Wessels JA in die Saambou-saak nie goedgekeur nie.64 Alhoewel die benadering afgekeur is, word daar steeds gereeld na Wessels JA se dictum verwys en vorm dit steeds deel van die Suid-Afrikaanse reg.65 2.1.1.3.2 Die vertrouensteorie Die vertrouensteorie, of te wel quasi mutual assent, bepaal dat ? kontrak berus op die bedoelings van ? party en die redelike vertroue of indruk dat die ander party dieselfde bedoelings het.66 Met ander woorde, dit behels dat ? party gebonde gehou kan word aan die redelike vertroue van consensus wat hy by die ander kontraktant geskep het.67 Hierdie teorie is gepas vir situasies 61 Pretorius 2005 THRHR 459; Hutchison en Pretorius The Law of Contract 98.62 South African Railways & Harbours v National Bank of South Africa 1924 AD par 715- 716.63 South African Railways & Harbours v National Bank of South Africa 1924 AD par 715- 716.64 Pretorius 2004 THRHR 386; Saambou-Nasionale Bouvereniging v Friedman 1979 (A) par 993–995; Sonap Petroleum v Pappadogianis 1992 (A) par 238J-239A; Trollip v Jordaan 1961 (A) 251; In die Sonap Petroleum- en Trollip v Jordaan-sake is bepaal dat uitdruklike steun vir die teorie nie in die woorde van Wessels JA ingelees moet word nie.65 Sonap Petroleum v Pappadogianis 1992 (A) par 238 I-J - In die Sonap Petroleum-saak is daar ook na die dictum van Wessels verwys en gesê dat: “The law, as a general rule, concerns itself with the the external manifestations, and not the workings, of the minds of the parties to a contract.” Hierdie is bloot `n aanduiding van die praktiese belangrikheid om na die partye se uitwendige verklarings te kyk om ooreenstemming te bepaal indien consensus teenwoordig is; Pretorius 2004 THRHR 386 - Volgens Pretorius kyk sommige kommentators na die dictum van Wessels JA en sê dat dit uitdruklik in die Suid- Afrikaanse reg verwerp is. Volgens Pretorius is daar geen uitdruklike verwerping deur die howe van die verklaringsteorie nie.66 Christie The Law of Contract 1; Kerr Law of Contracts 20; Pretorius De Jure 205; Hutchison en Pretorius The Law of Contract 81.67 Christie The Law of Contract 1; Pretorius 2005 THRHR 454; Pretorius 2004 THRHR 179; Pretorius 2004 CILSA 116 en 388. 15 waar wilsooreenstemming ontbreek, dan kan die partye gebind word aan die kontrak weens die skyn van wilsooreenstemming wat geskep is.68 Die vertrouensteorie is ? vorm van die goeie trou-beginsel.69 Die teorie is oorgeneem vanuit die Engelse reg soos geformuleer deur Blackburn J in die saak Smith v Hughes.70 Die Suid-Afrikaanse howe het die belangrike saak gevolg en in die Mondorp Eiendomsagentskap71-saak het Jansen AR gesê dat die wilsteorie die algemene grondslag vir kontraktuele aanspreeklikheid is, maar in sommige gevalle deur die vertrouensteorie getemper moet word.72 Laasgenoemde is ook in die Sonap Petroleum73- en Steyn v LSA Motors Ltd74-sake bevestig. Die howe het egter nie duidelik die vertrouensteorie of ? eenvormige beginsel geformuleer ten opsigte van hoe die benadering toegepas moet word nie.75 Die vertrouensteorie is ? buigbare benadering en kom in ? verskeidenheid van vorms soos estoppel by representation, iustus error en ? direkte toepassing van die vertrouensteorie voor.76 Gevolglik gaan daar na die verskeie vorms van die vertrouensteorie gekyk word en hoe dit die wilsteorie kwalifiseer en aanvul in gevalle waar wilsooreenstemming ontbreek. 68 Van der Merwe ea Kontraktereg 38.69 Pretorius 2005 THRHR 276.70 Pretorius 2005 THRHR 556; Saambou-Nasionale Bouvereniging v Friedman 1979 (A) par 995; Mondorp Eiendomsagentskap v Kemp en De Beer 1979 (SCA) par 78; Sonap Petroleum v Pappadogianis 1992 (A) par 238-239; Steyn v LSA Motors Ltd 1994 (A) par 61.71 Mondorp Eiendomsagentskap v Kemp en De Beer 1979 (SCA) par 274 I-J.72 Mondorp Eiendomsagentskap v Kemp en De Beer 1979 (SCA) par 274 I-J; Pretorius 2004 THRHR 384.73 Sonap Petroleum v Pappadogianis 1992 (A) par 238-239.74 Steyn v LSA Motors Ltd 1994 (A) par 61.75 Pretorius 2004 THRHR 563 en 557.76 Pretorius 2004 THRHR 389. 16 2.1.1.3.2.1 Estoppel by representation Die estoppel-benadering is nie ? grondslagteorie vir kontraktuele aanspreeklikheid nie, maar dien eerder as ? korrektiewe middel om die wilsteorie by gevalle van dissensus aan te vul.77 Volgens die leerstuk mag ? persoon wat deur ? ander mislei is en tot sy nadeel gehandel het weens die verwekte skyn, die skynverwekker estop (verhoed) om op die werklike toedrag van sake te steun.78 Indien so ? estoppel slaag het dit die gevolg dat die skyn gehandhaaf moet word asof dit korrek is.79 Die misleide party kan nie direk op so ? skyn steun nie en kan hom eers op estoppel beroep indien die misleidende persoon die korrekte feite opper.80 In sulke gevalle sal die persoon wat die skyn geskep het gebonde gehou kan word asof daar werklike wilsooreenstemming was en word die fiktiewe kontrak gehandhaaf.81 In die Saambou saak was Jansen AR huiwerig om die estoppel-benadering te volg by gevalle van dissensus, daarom het hy eerder `n direkte toepassing van die vertrouensteorie gevolg.82 Later in die Sonap Petroleum-saak het die benadering se steun nog verder verminder.83 By gevalle van dwaling het die hof hom sterk teen die estoppel-benadering uitgespreek omrede dit ? skyn skep, en eerder sy steun aan die direkte toepassing van die vertrouensteorie gegee in gevalle waar dissensus voorkom.84 Die estoppel-benadering en die vertrouensteorie het heelwat in gemeen. Beide beskerm die verwagtinge van die redelike vertroue wat geskep is en albei is gegrond op die beginsel van Smith v Huges.85 Die verskil lê egter in die gevolge. Waar die vertrouensteorie suksesvol gebruik word, het dit 77 Pretorius 2004 THRHR 549.78 De Wet en Van Wyk Kontraktereg en Handelsreg 30; Pretorius 2004 THRHR 389; Pretorius 2004 CILSA 124; Hutchison en Pretorius The Law of Contract 93.79 Van der Merwe ea Kontraktereg 32; Hutchison en Pretorius The Law of Contract 93.80 Van der Merwe ea Kontraktereg 32.81 De Wet en Van Wyk Kontraktereg en Handelsreg 23; Pretorius 2004 THRHR 390.82 Saambou-Nasionale Bouvereniging v Friedman 1979 (A) par 995; Pretorius 2004 THRHR 391.83 Pretorius 2004 THRHR 391.84 Sonap Petroleum v Pappadogianis 1992 (A) par 239A; Pretorius 2004 THRHR 392.85 Pretorius 2004 THRHR 392. 17 kontraktuele verpligtinge tot gevolg en in die geval van estoppel is dit slegs ? verweer wat die skyn van die geskepte kontrak in stand hou.86 Alhoewel die estoppel-benadering deur die howe afgekeur is en eintlik al in onbruik verval het, vorm dit egter steeds deel van die Suid-Afrikaanse reg en is steeds as remedie beskikbaar.87 2.1.1.3.2.2 Direkte toepassing van die vertrouensteorie Die direkte toepassing van die vertrouensteorie is ? grondslagteorie vir kontraktuele aanspreeklikheid en waar dit suksesvol toegepas word, het dit kontraktuele verpligtinge tot gevolg.88 Die benadering behels dat ? party gebonde gehou kan word aan die redelike vertroue van consensus wat hy by die ander kontraktant geskep het.89 Om te sien hoe die benadering prakties toegepas word, kan daar na die onlangse Constantia Insurance v Compusource90-saak gekyk word.91 Hier het 86 Saambou-Nasionale Bouvereniging v Friedman 1979 (A) par 1002 D.87 Van Ryn Wine and Spirit Co v Chandos Bar 1928 TPD par 417; Benjamin v Gurewitz 1973 (A) par 345; Pretorius 2004 THRHR 392.88 Pretorius 2004 THRHR 549.89 Pretorius 2005 THRHR 454; Pretorius 2004 THRHR 179; Pretorius 2004 CILSA 116 en 388.90 Constantia Insurance v Compusource 2005 (SCA) (Hierna net die Constantia Insurance- saak).91 Compusource was hier betrokke by arbitrasie en het hulself by Constantia Insurance teen post-geskil / litigasie verseker. Hierdie tipe versekering, verseker `n party teen die kostes wat weens litigasie kan ontstaan. Dit was ten tyde nuut in Suid-Afrika en word verkoop waar `n geskiloorsaak reeds ontstaan het of selfs indien die litigasie alreeds begin het. Compusource het `n polis uitgeneem wat gegrond is op die beginsel “no win no pay”, en was onder die indruk dat die premie slegs betaal hoef te word indien hulle die arbitrasie sou wen. Na gelang van die arbitrasie het dit gelyk of Compusource sou verloor en Constantia het die polis gekanselleer en gedagvaar vir die betaling van die premie. Compusource het die verweer geopper dat hulle verteenwoordiger, Rust, nie bewus was van die klousules waarop Constantia gesteun het nie, wat aandui dat indien hulle die polis sou kanselleer hulle steeds geregtig sou wees op die premie. Rust het getuig dat indien hy bewus was van die klousules, hy nie die ooreenkoms sou gesluit het nie. Volgens die vertrouensteorie kan Compusource steeds gebind word aan die ooreenkoms indien Constantia redelik was met die vertroue wat Rust geskep het dat hy die klousules goedgekeur het en bewus was daarvan. 18 die Hoogste Hof van Appèl besluit om in die geval van dissensus die direkte toepassing van die vertrouensteorie te gebruik.92 Die hof het hier op die beginsels van die Sonap Petroleum-saak gesteun en Harms AR se riglyne gebruik oor hoe die vertrouensteorie benadering direk toegepas moet word:93 Did the party whose actual intention did not conform to the common intention expressed, lead the other party, as a reasonable man, to believe that his declared intention represented his actual intention?“ “To answer this question, a three fold enquiry is usually necessary, namely, firstly was there a misrepresentation as to one party`s intention; secondly, who made that representation, was the other party misled thereby? The last question postulates two possibilities: Was he actually misled and would a reasonable man have been misled? 94 Brand AR het hier die eerste twee vrae ten gunste van Constantia geantwoord. Daar was inderdaad `n wanvoorstelling en Compusoucse se verteenwoordiger, Rust, het die wanvoorstelling geskep. Die saak het gerus op die derde vraag of `n redelike persoon in dieselfde posisie as Constantia se verteenwoordigers ook onder die indruk sou wees dat Rust bewus was van die klousules en dit goedgekeur het.95 Die hof het in ag geneem dat die ooreenkoms ingewikkeld was en drastiese gevolge vir Compusource kan inhou, en dat die tipe versekering nuut en onbekend in Suid-Afrika was. Met die inagneming van die bogenoemde het die hof bevind dat `n redelike persoon in die dieselfde posisie bewus sou wees dat Rust nie die klousules sou goedkeur nie en dat `n redelike persoon sou seker maak of Rust die klousules verstaan en bewus was daarvan. Die hof het die saak gevolglik in die guns van Compusource beslis en die klousules ongeldig verklaar. 92 Constantia Insurance v Compusource 2005 (SCA) par 345 B-D; Pretorius 2006 De Jure 207.93 Constantia Insurance v Compusource 2005 (SCA) par 354 G–355 B.94 Sonap Petroleum v Pappadogianis 1992 (A) par 239 I – 240 B.95 Pretorius 2006 De Jure 211 - Waar `n party normaalweg ooreenstem en `n kontrak onderteken sonder om die kontrak te lees word hy gebind aan die kontrak. Hy kan dan nie later uit die kontrak kom op die gronde dat hy nie geweet het wat die kontrak behels nie. 19 Hierdie saak se beslissing gaan saam met die onlangse bereidheid van die howe om in gevalle van dissensus die direkte toepassing van die vertrouensteorie te gebruik.96 2.1.1.3.2.3 Iustus error Die iustus error-benadering is nie ? grondslagteorie vir kontraktuele aanspreeklikheid nie, maar dien eerder as ? korrektiewe middel om die wilsteorie by gevalle van dissensus aan te vul.97 Die benadering verskaf ? verweer in gevalle waar ? party `n ooreenkoms aangaan, maar in werklikheid nie die bedoeling het om die kontrak te sluit nie.98 Hier kan die party dan uit die kontrak tree indien daar bewys word dat die dwaling wesenlik asook redelik is.99 Indien die dwaling nie redelik is nie word die kontrak onderhou in ooreenstemming met die bestaande vertroue wat geskep is.100 Om die redelikheid van die dwaling te bepaal moet na al die faktore in die omstandighede gekyk word.101 Daar is nie `n spesifieke vasgestelde stel faktore wat in ag geneem moet word nie, maar eerder alle relevante faktore in die omstandighede en elke saak se omstandighede sal anders wees.102 Die iustus error word soms beskou as `n benadering wat die verklaringsteorie kwalifiseer.103 Dit is omrede die benadering baie goed werk waar die partye uit `n objektiewe oogpunt hulle bedoelings in `n kontrak uiteengesit het.104 Waar daar nie so `n kontrak bestaan nie, sukkel die benadering.105 96 Cape Group Construction v Government of the United Kingdom 2003 (SCA) par 226 I-F; Pretorius 2006 De Jure 207.97 Pretorius 2004 THRHR 549; Hutchison en Pretorius The Law of Contract 99.98 Pretorius 2004 THRHR 549; Saambou-Nasionale Bouvereniging v Friedman 1979 (A) par 1002 D.99 Van der Merwe ea Kontraktereg 42; Kerr Law of Contracts 242; Pretorius 2005 THRHR 125; Pretorius 2007 THRHR 507.100 Pretorius 2004 THRHR 550; Hutchison en Pretorius The Law of Contract 99.101 Van Aartsen v Van Aartsen 2006 (T) par 18-19.102 Van der Merwe ea Kontraktereg 42; Pretorius 2006 De Jure 209; Constantia Insurance v Compusource 2005 (SCA) par 354 G – 355 B.103 Hutchison en Pretorius The Law of Contract 98.104 Pretorius 2006 De Jure 211.105 Hutchison en Pretorius The Law of Contract 106. 20 Volgens Pretorius sal die direkte toepassing van die vertrouensteorie en die iustus error-benadering in die meeste gevalle dieselfde oplossing bied.106 Hy is van mening dat ? indirekte toepassing van die vertrouensteorie soos die iustus error benadering net so goed op die Constantia Insurance-saak se feite toegepas kan word.107 Dit is omrede daar `n bestaande kontrak tussen die partye was. Hier sal Compusource wat uit die kontrak wil tree moet bewys dat die dwaling wesenlik asook redelik is. Rust het getuig dat die klousules wesenlik was en indien hy bewus was daarvan, hy nie die ooreenkoms sou gesluit het nie. Op die vraag of die dwaling redelik is, sal dieselfde faktore in ag geneem word wat bepaal het dat Constantia se verteenwoordigers nie soos redelike persone opgetree het nie. Die dwaling sal dus redelik wees in die omstandighede en die kontrak sal as nietig beskou word. Die twee benaderings het in gemeen dat die faktore wat die redelikheid in die geval van iustus error by die kontrakontkenner bepaal, ook die gebrek aan redelike vertroue by die party wat die kontrak wil afdwing aandui by die direkte benadering.108 Die iustus error-benadering fokus egter op die redelike handelinge van die kontrakontkenner, terwyl die direkte benadering fokus op die redelike vertroue van die party wat die kontrak wil afdwing.109 Hieruit kan gesien word waarom die benadering as ? indirekte toepassing van die vertrouensteorie beskou word.110 2.1.2 Gevolgtrekking Om die aanspreeklikheid wat uit ? kontrak voortvloei te bepaal is dit nodig om na die grondslag van die kontrak te kyk. In die Suid-Afrikaanse reg word die subjektiewe wilsteorie-benadering as die algemene grondslagsteorie van kontraktuele aanspreeklikheid beskou. Dit is omrede die benadering gegrond is op die consensus of wilsooreenstemming tussen die partye.111 Die 106 Pretorius 2006 De Jure 207.107 Pretorius 2006 De Jure 207.108 Pretorius 2006 De Jure 212; Pretorius 2004 THRHR 556.109 Pretorius 2006 De Jure 213.110 Pretorius 2004 THRHR 559.111 Eiselen 2007 PER 35; Pretorius 2005 THRHR 454. 21 benadering is voldoende by die meeste gevalle om die grondslag van `n kontrak te bepaal, omrede die partye in ooreenstemming is. Waar daar egter probleme opduik soos dwaling wat die wilsooreenstemming uitsluit skiet die teorie te kort en word daar na die vertrouensteorie gekyk.112 Die teorie word nie as `n algehele alternatief vir die wilsteorie beskou nie, maar eerder om die wilsteorie by gevalle van dissensus aan te vul en te kwalifiseer.113 Die kombinasie van die wilsteorie en die vertrouensteorie is bekend as die subjektiewe wils-vertrouensteorie.114 Die subjektiewe wils- vertrouensteorie blyk die dominantste kontraktuele aanspreeklikheidsteorie in die Suid-Afrikaanse reg te wees.115 Die subjektiewe wils-vertrouensteorie sal soos volg van toepassing wees waar `n dwaling by die sluiting van `n kontrak voorkom. Waar die dwaling nie wesenlik is nie en nie die consensus uitsluit nie, is die primêre basis vir kontraktuele aanspreeklikheid, die subjektiewe wilsteorie, voldoende om die kontrak te bepaal.116 Waar die dwaling egter wesenlik is en die consensus uitsluit, sal die grondslag bepaal word met die sekondêre basis vir kontraktuele aanspreeklikheid, naamlik die objektiewe vertrouensteorie.117 Waar die vertrouensteorie van toepassing is, geskied dit meestal in die vorm van `n direkte toepassing van die teorie of `n indirekte toepassing van die teorie naamlik die iustus error-benadering.118 Afhangend van die redelike vertroue of die redelikheid van die dwaling in die omstandighede, sal die kontrak of onderhou word of nietig verklaar word. Indien die kontrak ook nie met die vertrouensteorie bepaal kan word nie, is 112 Pretorius 2005 THRHR 443.113 Van der Merwe ea Kontraktereg 22.114 Pretorius 2004 CILSA 391.115 Pretorius 2004 CILSA 395; Saambou-Nasionale Bouvereniging v Friedman 1979 (A) par 993 E-F; Mondorp Eiendomsagentskap v Kemp en De Beer 1979 (SCA) par 274 I-J; Spes Bona Bank v Portals Water Treatment of South Africa 1983 (A) par 345 D-E; Sonap Petroleum v Pappadogianis 1992 (A) par 239 I – 240 B; Cape Group Construction v Government of the United Kingdom 2003 (SCA) par 226 I-F.116 Pretorius 2004 THRHR 562.117 Pretorius 2004 THRHR 562.118 Hutchison en Pretorius The Law of Contract 107. 22 daar geen basis vir kontraktuele aanspreeklikheid nie en is daar gevolglik geen kontrak gesluit nie. 2.1.3 Die gemenereg en elektroniese kommunikasie Elektroniese kommunikasie het al meer en gewild geword, nie net as `n metode om te kommunikeer nie, maar ook as `n manier van handel dryf.119 Die gemenereg het egter nie tred met al die ontwikkelings gehou nie en vele probleme en vrae het ontstaan rondom die regsekerheid en geldigheid van elektroniese kontrakte.120 Die kommunikasiemetodes het gevolglik groot uitdagings aan die gemeenregtelike reëls gestel en talle onsekerhede op die gebied het ontstaan.121 Die gemeenregtelike reëls van aanbod en aanname is so `n geval wat nie voldoende is vir die sluiting van elektroniese kontrakte nie.122 Hierdie aspek is van belang omrede dit die tyd en plek bepaal wanneer en waar die kontrak tot stand kom. Die tyd van sluiting speel `n rol wanneer tydsperiodes begin loop en bepaal die presiese oomblik wanneer die kontrak tot stand kom. Die plek van sluiting kan `n rol speel in watter regstelsels van toepassing is en in gevalle van dispuut om die jurisdiksie te bepaal.123 By die gemenereg geld die vernemingsteorie in die algemeen, wat bepaal dat ? kontrak gesluit word op die tyd en plek waar die aanbieder subjektief verneem sy aanbod is aanvaar.124 Hierdie benadering word as voldoende beskou vir direkte elektroniese kommunikasiemetodes, soos gesels-, video-, konferensie- en telefoonfasiliteite, omrede die partye direk kommunikeer en geag word om in mekaar se teenwoordigheid te wees.125 Waar die partye egter met indirekte elektroniese metodes kommunikeer, soos per sms,126 faks, e-pos of ander 119 Eiselen 2007 PER 3.120 Eiselen 2007 PER 39; Van der Merwe en Roos Information Technology Law 143.121 Eiselen 2007 PER 3; Van der Merwe en Roos Information Technology Law 143.122 Eiselen 2007 PER 31.123 Van der Merwe en Roos Information Technology Law 160.124 Eiselen 2007 PER 30; Coetzee 2004 Stell LR 517.125 Christie The Law of Contract 79; Eiselen PER 30; DOC 2000 http://www.ecomm- debate.co.za; Van der Merwe en Roos Information Technology Law 150.126 SMS, of te wel short message service, is `n elektroniese kommunikasiemiddel waar kort boodskappe, gewoonlik d.m.v. selfone tussen partye gestuur word. 23 moderne metodes van elektroniese kommunikasie, is die teorie egter nie voldoende nie.127 Dit is omrede die aanbieder eers later sy antwoordmasjien kan terugspeel, die volgende dag sy e-pos lees of die faks raaksien en van die aanvaarding verneem.128 By sulke gevalle kan die partye nie geag word om in mekaar se teenwoordigheid te wees nie en is die vernemingsteorie onvoldoende.129 By elektroniese kontrakte sal die teorie beteken dat die aanbieder eers die aanvaardingsboodskap sal moet herwin en lees voor die kontrak tot stand kom.130 Die teorie kan die aannemer tot nadeel strek, aangesien hy nie bewus sal wees of die aanbieder van sy aanvaarding verneem het nie.131 Die aannemer sal dan moet wag tot die aanbieder ontvangs erken van die aanvaarding.132 Waar die partye nie in mekaar se teenwoordigheid is nie en ook nie direk kan kontrakteer soos by die gebruik van telegram en pos nie, het die howe ? alternatiewe metode gevolg, bekend as die versendingsteorie.133 Die teorie behels dat die kontrak geag gesluit te word op die tyd en plek waar die aannemer sy aanvaarding van die aanbod aan die aanbieder stuur/pos.134 Dit word algemeen aanvaar dat die benadering ook nie geskik en voldoende is vir elektroniese kontrakte nie.135 Dit is omrede by elektroniese kontrakte dit sal beteken dat die kontrak gesluit word op die tyd en plek wanneer die data- boodskap die aannemer se elektroniese sisteem verlaat.136 So ? benadering sal onbillik wees omrede daar elektroniese probleme kan ontstaan met toerusting en die aanbieder in sulke gevalle nie die aanvaarding sal ontvang nie en ook nie bewus sal wees van die kontrak nie. Die gemenereg standpunt 127 Christie The Law of Contract 79; Eiselen PER 30.128 Christie The Law of Contract 79; Eiselen PER 30.129 Marx E-commerce 4.130 Eiselen 2007 PER 30.131 Jafta v Ezemvelo Kzn Wildlife 2008 KZN par 62.132 Jafta v Ezemvelo Kzn Wildlife 2008 KZN par 62.133 Cape Explosive Works Ltd v South African Oil & Fat Industries Ltd 1921 CPD 244; Van der Merwe ea Kontraktereg 66; Coetzee 2004 Stell LR 517.134 Eiselen 2007 PER 31; DOC 2000 http://www.ecomm-debate.co.za.135 Eiselen 2007 PER 31.136 Eiselen 2007 PER 31. 24 is ook nie voldoende in die opsig nie en daar kort leiding om die verwarring te hanteer. Moderne tegnologie het ook gevolg gehad dat by elektroniese kontraksluiting die risiko van dwaling vergroot. Dit is weens die feit dat foutiewe kommunikasie hier meer algemeen voorkom as by die ander meer tradisionele vorms van kontraksluiting.137 By die vorm van kontraksluiting vind die onderhandelinge nie in die teenwoordigheid van mekaar plaas nie, en daar is dikwels ook geen persoonlike interaksie tussen hulle nie. Die gebrek aan persoonlike interaksie vergroot die kanse dat misverstande en dwaling kan ontstaan. Die gemeenregtelike bepalings wat dwaling hanteer is egter lank voor elektroniese kommunikasie geskep en die reëls is geskep vir waar natuurlike persone kontrakteer. Hierdie tradisionele benaderings is verwarrend by elektroniese kontrakte, omrede een of beide kontrakterende partye van elektroniese agente gebruik kan maak en daar dikwels geen menslike interaksie betrokke is nie.138 Die tradisionele benaderings is onduidelik in sulke gevalle om die grondslag van elektroniese kontrakte te bepaal omrede daar geen subjektiewe wilsooreenstemming of consensus tussen die partye is nie en dit moeilik sal wees om die redelike vertroue wat by elektroniese agente geskep is te bewys.139 Groot onsekerhede oor die aangeleentheid het gevolglik ontstaan waar elektroniese kontrakte gesluit word met metodes soos EDU, faks, teleks, epos en die internet en die howe het ook nie antwoorde gegee nie.140 Elektroniese kommunikasie het dus onduidelikhede by die gemenereg veroorsaak en gevolglik was daar nood vir ? instrument wat die 137 United Nations Convention on the Use of Electronic Communications in International Contracts nota op a 14 par 224.138 Eiselen 2007 PER 35; Die term elektroniese agent is verwarrend omrede dit nie `n ware agent in `n regtelike konteks is nie. Hier is die agent slegs `n instrument van die natuurlike persoon wat dit gebruik en kan die agent nie kontrakte uit sy eie sluit nie. Die agent kan kontrakte slegs binne die perke van sy programmering sluit. Verdere besprekings van elektroniese agente volg later.139 Eiselen 2007 PER 35.140 Coetzee 2004 Stell LR 517. 25 aangeleenthede kan aanspreek. Die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies141 is gevolglik gepromulgeer om elektroniese kommunikasie- aangeleenthede te hanteer en bestaande leemtes te vul. Die wet is nie daar om die gemenereg reg of enige reeds bestaande wette te vervang nie, maar eerder om dit aan te vul.142 Wanneer die wet uitgelê en geïnterpreteer word, moet dit nie in isolasie geskied nie, en die gemenereg en enige statutêre reg moet ook deurlopend saam met die bepalings van die wet in ag geneem word.143 Die wet het gevolglik baie regsonsekerhede wat by elektroniese transaksies bestaan verwyder.144 141 25 van 2002 (Hierna die wet).142 A 3; Coetzee 2004 Stell LR 504. 143 A 3.144 Coetzee 2004 Stell LR 520. 26 2.2 Die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies, 25 van 2002 2.2.1 Inleiding Die wet is grootliks gebaseer op die UNCITRAL Model Law on Electronic Commerce with Guide to Enactment van 1996. Die modelwet is geskep deur die United Nations Commission on International Trade Law wat die amptelike regsliggaam van die Verenigde Nasies op die gebied van internasionale handel is.145 Die afdeling is daar om eenvormige reëls te skep wat internasionale handel bevorder.146 Die modelwet is geskep vir elektroniese aangeleenthede en poog om internasionale eenvormigheid en regsekerheid op die gebied van e-handel te skep.147 Sedert sy ontstaan het dit ? internasionale standaard in e-handel geword en word tans deur ? groot aantal state gebruik.148 Dit sluit van die wêreld se grootste handelsnasies soos Australië, China, Frankryk, Indië, Singapoer, Hong Kong, die Verenigde Koningryk, Kanada en 48 state van die VSA in.149 Die modelwet is nie direk van toepassing nie, maar dien eerder as voorbeeld vir nasionale wetgewers om hulle wetgewing daarop te baseer.150 Wanneer ? staat sy wetgewing op die modelwet baseer, is daar geen formele vereistes om aan te voldoen nie en die VN hoef ook nie in kennis gestel te word van die 145 UNCITRAL 2011 http://www.uncitral.org.146 UNCITRAL 2011 http://www.uncitral.org.147 Marx E-commerce 12.148 Eiselen 2007 PER 3; Marx E-commerce 2; UNCITRAL 2011 www.uncitral.org. 149 UNCITRAL 2011 www.uncitral.org.150 Eiselen 2002 VJICLA 1; Eiselen 2007 PER 3; Van der Merwe en Roos Information Technology Law 145. 27 gebruik daarvan nie.151 ? VN-konvensie, aan die ander kant, moet uitdruklik bekragtig word voordat dit gebruik kan word.152 Voor die inwerkingtreding van die Wet op Elektroniese Kommunikasies en Transaksies was daar onsekerheid oor elektroniese aangeleenthede in die Suid-Afrikaanse reg, meer spesifiek by die sluiting van elektroniese kontrakte.153 Die wet het groter sekerheid op die gebied van elektroniese kommunikasie en transaksies meegebring en het amptelik op 30 Augustus 2002 in werking getree.154 Die oogmerke van die wet is om in die openbare belang elektroniese kommunikasies en transaksies moontlik te maak, te vergemaklik en te reguleer.155 In kort vul en supplementeer die wet die leemte van elektroniese kommunikasie en transaksies wat die gemenereg nie kan antwoord nie.156 Hierdie wet het ? invloed op alle elektroniese transaksies en is van toepassing ten opsigte van alle elektroniese transaksies en databoodskappe in die Republiek.157 Hierdie transaksies kan van ? kommersiële of nie-kommersiële aard wees, en sluit die verskaffing van inligting en e-regeringsdienste in.158 Die wet verplig egter niemand om van elektroniese kommunikasie gebruik te 151 Connolly en Ravindra 2005 http://consult.galexia.com/public/research/assets/galexia_uncitral_draft_convention_v4_2 0050104.pdf.152 Connolly en Ravindra 2005 http://consult.galexia.com/public/research/assets/galexia_uncitral_draft_convention_v4_2 0050104.pdf.153 Marx E-commerce 1.154 Coetzee 2004 Stell LR 501; Van der Merwe ea Kontraktereg 72.155 Coetzee 2004 Stell LR 502; a 2(1); Vir `n volledige lys oogmerke van die wet kan na a 2 gekyk word, wat onder andere inhou dat struikelblokke by elektroniese kommunikasies en transaksies in die Republiek voorkom en verwyder word, regsekerheid en vertroue by die gebruik van elektroniese kommunikasie en transaksies bevorder word, te verseker dat elektroniese transaksies in Suid-Afrika aan die hoogste internasionale standaarde voldoen, ? veilige, betroubare en effektiewe e-handelomgewing vir die verbruiker, sakewêreld en die Regering te ontwikkel en om stabiliteit by elektroniese transaksies in die Republiek te bevorder.156 A 1 beskryf ’n elektroniese kommunikasie as `n kommunikasie deur middel van databoodskappe.157 A 4.158 A 1. 28 maak nie en is slegs van toepassing waar persone verkies om so te handel en te kommunikeer.159 2.2.2 Elektroniese kommunikasie Artikel 11(1) van die wet bepaal uitdruklik dat inligting nie sonder regswerking of regskrag is bloot omdat dit geheel of gedeeltelik in die vorm van ? databoodskap is nie.160 Die posisie word ook verder deur artikel 24 bevestig.161 Waar skriftelike dokumente deur `n statutêre wet vereis word, maak artikel 12 van die wet daarvoor voorsiening.162 Die artikel bepaal dat indien ? wet vereis dat inligting of dokumente in skrif moet wees, daar aan die vereiste voldoen word indien die dokument of inligting in die vorm van ’n databoodskap is.163 Die wet erken dus duidelik elektroniese kommunikasie en databoodskappe en gee dieselfde regswerking en regseffek aan die vorm van kommunikasie as tradisionele papierdokumente.164 Die Jafta v Ezemvelo KZN Wildlife165-saak is `n belangrike saak op die gebied van elektroniese kommunikasie. Die bepalings van die EKT-wet is hier toegepas en die geldigheid van elektroniese kommunikasie is in die Suid- Afrikaanse reg bevestig.166 Die hof het ook bepaal dat taalgebruik in 159 Jafta v Ezemvelo KZN Wildlife 2008 KZN par 95 (Hierna net die Jafta v Wildlife-saak) - Die wet gee ook aan die partye die opsie om ooreen te kom om nie elektronies te kommunikeer nie. Partye kan ook ooreenkom om sekere vereistes daar te stel voordat hulle elektronies kommunikeer, waar so `n ooreenkoms afwesig is sal die bepalings van die EKT-wet geld.160 Coetzee 2004 Stell LR 504; In a 1 word databoodskappe gedefinieer as data wat op elektroniese wyse voortgebring, gestuur, ontvang of geberg kan word en dit sluit in ? stem wat by geoutomatiseerde transaksies gebruik word, asook rekords wat geberg word.161 Waar partye kommunikeer met databoodskappe gee die artikel ook regswerking en regseffek aan enige verklaring of betuiging van voorneme wat tussen die partye uitgeruil word.162 Coetzee 2004 Stell LR 512. 163 A 12 – Daar word aan die vereiste voldoen solank die inligting en dokumente toeganklik en bruikbaar is.164 Gereda 2004 www/mbendi.com/cliffedekker/literature/commentry/index.html.165 Jafta v Ezemvelo KZN Wildlife 2008 KZN. 166 Hier het die respondent, Ezemvelo KZN Wildlife, ? werksaanbod aan die applikant ge-e- pos. Die applikant, Jafta, wou later sy aanvaarding van die werk terug e-pos, maar het tegniese probleme met die e-pos ondervind. Die respondent het intussen `n short message service of te wel ? sms aan Jafta gestuur waarmee hy meegedeel is dat hy op die aanbod moet antwoord. Die applikant het later terug gesms dat hy die werk aanvaar. 29 elektroniese kommunikasie dikwels baie informeel kan wees, spesifiek by e- pos en sms, maar dit ? fout sal wees om nie regseffek daaraan te gee nie.167 2.2.3 Elektroniese kontrakte Artikel 22(1) maak weer voorsiening vir die sluiting en geldigheid van elektroniese ooreenkomste. Die artikel bepaal dat elektroniese ooreenkomste nie sonder regskrag en regswerking sal wees bloot omrede dit deur middel van databoodskappe gesluit is nie.168 Dus, waar die partye met elektroniese kommunikasiemiddels onderhandel en transaksies sluit, gee die wet erkenning aan die ooreenkomste en bind die partye daaraan. By die sluiting van e-kontrakte kan beide die aanbod en aanname in elektroniese formaat wees, maar dit kan ook wees dat slegs die aanbod in elektroniese formaat is en die aanname op papier of mondelings is en omgekeerd.169 Die EKT-wet spreek ook die bestaande leemte wat die gemenereg laat, van wanneer en waar elektroniese kontrakte tot stand kom, aan. Omrede die algemene vernemingsteorie en versendingsteorie nie geskik is vir elektroniese kommunikasie nie, bepaal artikel 22(2) dat die ontvangsteorie by elektroniese kommunikasie van toepassing is.170 Die teorie bepaal dat ? kontrak gesluit word op die tyd wanneer en plek waar die aanbieder die aanvaarding van die Van die vrae voor die hof, was onder andere of e-pos en sms ? gepaste kommunikasie- metode is om ? aanbod te aanvaar en `n kontrak mee te sluit. Met die inagneming van artikels 11, 12, 22 en 24 van die EKT-wet het die hof beslis dat alhoewel e-pos en sms taalgebruik baie informeel is, dit ? fout sal wees om nie regseffek daaraan te gee nie. Gevolglik het die hof die kommunikasiemetodes ook in die kategorie databoodskap geplaas en is daar regswerking aan Jafta se sms gegee. Die hof het bevind dat waar `n party met `n spesifieke elektroniese metode kommunikeer, word dit gewoonlik beskou as toestemming vir die ander party om met dieselfde metode te kommunikeer. Daar is ook bepaal dat by elektroniese kommunikasie die bewyslas rus op die persoon wat die bestaan van die kommunikasie beweer en indien ? party dit bewys, soos wat Jafta gedoen het, is die elektroniese kommunikasie net so effektief soos `n geskrewe dokument. Die hof het daarna die dienskontrak bevestig, die respondent se repudiasie van die kontrak onregmatig verklaar en beslis dat die applikant geregtig is op skadevergoeding.167 Jafta v Ezemvelo KZN Wildlife 2008 KZN par 78.168 A 22(1).169 Coetzee 2004 Stell LR 516.170 Jafta v Ezemvelo KZN Wildlife 2008 KZN par 79; Cape Explosive Works v South African Oil & Fat Industries 1921 CPD 244; Eiselen 2007 PER 30. 30 aanbod ontvang.171 In die Jafta v Wildlife-saak het die hof ook die ontvangsteorie by elektroniese kontrakte bevestig.172 Omrede die kontrak gesluit word op die tyd wanneer en plek waar die aanbieder die aanvaarding van die aanbod ontvang, is dit nodig om te kyk na wat die term “ontvang” beteken. Die EKT-wet bepaal dat ? boodskap geag word om ontvang te wees indien dit vir die geadresseerde moontlik is om die boodskap te herwin of te prosesseer by sy aangewysde elektroniese adres.173 Daar kan gesien word dat elektroniese boodskappe as geag ontvang te wees, selfs indien die geadresseerde nie die boodskap gelees het of bewus is daarvan nie.174 Dus kan `n elektroniese kontrak tot stand kom solank die aanvaarding net in die aanbieder se “inboks” is en dit vir hom moontlik is om die boodskap te herwin en te lees.175 2.2.4 Dwaling weens foutiewe kommunikasie Waar elektroniese kontrakte gesluit word, is daar verskeie wyses waarop partye kontrakte kan sluit. Hier word die ooreenkomste of direk of indirek tussen die partye gesluit. Natuurlike persone kan eerstens met mekaar kommunikeer en kontrakteer deur elektroniese metodes soos e-pos, sms, faks en teleks.176 By sulke gevalle stuur die een natuurlike persoon ? elektroniese boodskap aan die ander natuurlike persoon en hy reageer weer op die boodskap. Hierdie vorm van kontraksluiting is soortgelyk aan waar partye met papierdokumente onderhandel en die besonderhede van hulle kontrak uiteensit.177 171 A 22(2); Eiselen 2007 PER 31.172 Jafta v Ezemvelo KZN Wildlife 2008 KZN par 80. 173 A 23(1)(b); A 23(1)(a) - ? boodskap word weer geag as gestuur te wees wanneer die boodskap `n sisteem buite die beheer van die skepper binnegaan.174 Jafta v Ezemvelo KZN Wildlife 2008 KZN par 91; Van der Merwe en Roos Information Technology Law 163.175 Jafta v Ezemvelo KZN Wildlife 2008 KZN par 91.176 A 1 beskryf e-pos (elektroniese pos) as data-boodskappe wat by elektroniese kommunikasie gebruik word as `n posboodskap tussen die opsteller en die geadresseerde.177 Snail 2008 JILT 4. 31 Tweedens kan elektroniese transaksies gesluit word waar elektroniese agente betrokke is. Dit geskied waar ? natuurlike persoon nie direk kommunikeer met ? ander natuurlike persoon nie, maar eerder met die ander persoon se elektroniese agent. Dit is soos by gevalle waar daar op ? webwerf op die internet gekliek word.178 Dit is soortgelyk aan `n posbestelling, hier adverteer die een party egter sy goedere en dienste op die internet en die ander party maak dan sy bestelling oor die internet.179 Dit kan ook hier die geval wees dat beide natuurlike persone se elektroniese agente met mekaar kommunikeer en so ? kontrak sluit, dit staan bekend as elektroniese data-uitruiling (EDU).180 Daar sal na al die bogenoemde situasies onderskeidelik gekyk word en die manier waarop die wet elkeen van die aangeleenthede hanteer waar dwaling weens foutiewe kommunikasie by die elektroniese kontrakteringsproses voorkom. 2.2.4.1 Beskerming aan verbruikers Waar natuurlike persone met mekaar kontrakte sluit deur middel van elektroniese metodes soos e-pos, sms, faks en teleks bied die EKT-wet geen bepalings indien daar ? dwaling weens foutiewe kommunikasie ontstaan nie. Die gemeenregtelike bepalings is voldoende by die gevalle omrede die kontrak steeds gesluit word tussen natuurlike persone en die kontraktuele aanspreeklikheid met die gemeenregtelike beginsels bepaal kan word. Die verbruikersbeskermingsgedeelte van die EKT-wet is egter belangrik omrede die wet moontlik addisionele beskerming aan natuurlike persone wat elektroniese transaksies aangaan kan bied. Die beskerming is egter net beskikbaar indien ? natuurlike persoon as ? verbruiker kwalifiseer en elektronies kontrakteer met `n leweransier wat ook ? natuurlike persoon is. 178 Snail 2008 JILT 4; A 1 beskryf die internet as `n onderlinge verbinde stelsel van netwerke wat rekenaars regoor die wêreld verbind wat OBP/IP gebruik en sluit alle toekomstige weergawes daarvan in.179 Snail 2008 JILT 4.180 Coetzee 2004 Stell LR 517. 32 ? Verbruiker word in die wet gedefinieer as enige natuurlike persoon wat deur middel van elektroniese metodes met ? leweransier in verbintenis tree en ? transaksie sluit.181 Die verbruiker moet die eindgebruiker van die leweransier se goedere of dienste wees. Verbruikers is hier natuurlike persone wat elektroniese transaksies sluit vir meestal persoonlike of huishoudelike doeleindes. Beslote Korporasies en maatskappye word nie deur hoofstuk 7 van die wet beskerm nie, maar eerder natuurlike persone wat elektroniese transaksies sluit met leweransiers.182 Verbruikers is oor die algemeen huiwerig om ooreenkomste aan te gaan deur gebruik te maak van elektroniese middels.183 Hierdie huiwering is grootliks te wyte aan faktore, byvoorbeeld die verskaffing van persoonlike inligting aan vreemde persone, die feit dat die verkopers meestal onbekend is en selfs nie adresse het nie, daar dikwels lang afstande tussen die koper en verkoper is, betaling dikwels vooruit moet geskied en dat die produkte eers na ontvangs geïnspekteer kan word.184 Bogenoemde faktore laat verbruikers in ? kwesbare posisie en dit is dus verstaanbaar dat hulle huiwerig is om elektroniese transaksies te sluit in so ? hoë-risiko omgewing. Tensy ? veilige omgewing vir e-handel geskep word, sal hierdie hoë-risiko omgewing en gebrek aan sekerheid wantroue by verbruikers skep wat die groei van e- handel sal belemmer.185 Daar is besef dat verbruikers wat elektronies handel, aan groter risiko’s blootgestel word as die verbruikers wat nie e-handel nie en gevolglik addisionele beskerming nodig het.186 Hoofstuk 7 van die wet bied beskerming aan verbruikers. Hierdie beskerming wat in die hoofstuk gegee word, is net op elektroniese transaksies van toepassing.187 181 A 1.182 Coetzee 2004 Stell LR 508.183 Marx E-commerce 1; DOC 2000 http://www.ecomm-debate.co.za.184 Marx E-commerce 1; DOC 2000 http://www.ecomm-debate.co.za.185 Coetzee 2004 Stell LR 508; DOC 2000 http://www.ecomm-debate.co.za.186 Van der Merwe en Roos Information Technology Law 181. 187 A 42(1). 33 Hierdie hoofstuk vervang nie enige reeds bestaande wette wat verbruikers beskerm nie, maar bied eerder addisionele beskerming aan verbruikers wat elektroniese transaksies aangaan.188 Die beskerming mag nie deur middel van enige ooreenkomste uitgesluit word nie. Enige ooreenkoms wat gesluit word met die doel om die verbruiker se beskerming uit te sluit word as nietig en ongeldig beskou.189 Hierdie beskerming is van toepassing ongeag die regstelsel wat op die betrokke ooreenkoms van toepassing is.190 Hierdie beskerming wat aan verbruikers gegee word, is egter nie onbeperk en van toepassing op alle transaksies nie.191 Artikel 42(2) gee ? lang lys van transaksies wat nie onder die artikel 42(1) se beskerming ingesluit word nie.192 Die wet bied ses pilare van beskerming aan verbruikers wat elektroniese ooreenkomste aangaan.193 Gevolglik gaan na die dele gekyk word wat relevant is vir ? verbruiker wat wesenlike foute begaan het en in `n dwaling verkeer by die elektroniese kontrakteringsproses.194 Die relevante pilaar van beskerming vir die studie word deur Artikel 43(2) gegee. Die artikel plaas ? plig op die leweransier om die verbruiker die geleentheid te bied om die elektroniese transaksie (a) in geheel te hersien, (b) enige fout wat hy begaan het reg te stel (c) en om uit die transaksie te onttrek 188 Coetzee 2004 Stell LR 508.189 A 48; Coetzee 2004 Stell LR 510.190 A 47.191 A 42.192 Die volgende transaksies vir goedere en dienste geniet nie beskerming nie: (a) enige finansiële en bankdienste, (b) goedere wat gekoop word by wyse van `n veiling, (c) voedsel en ander bederfbare goedere wat bedoel is vir algemene huishoudelike gebruik, (e) waar die prys van die goedere of dienste nie deur die leweransier beheer word nie en afhangend is van finansiële markskommelings, (f2) waar die goedere spesifiek vir die verbruiker gemaak is of (f1) volgens sy instruksies gemaak is, (f4) goedere wat geneig is om maklik te bederf, (g) oudio-, video- en rekenaarsagteware wat reeds deur die verbruiker ontseël is, (h) vir die verkoop van koerante, weekblaaie, tydskrifte en boeke, (i) vir dobbel- en loterydienste. (j) vir die voorsiening van akkommodasie, vervoer, spyseniering en ontspanningsdienste en waar die verskaffer verneem ten tyde van die sluiting van die transaksie om die diens binne `n sekere datum of binne `n bepaalde tydperk te lewer. Vir `n volledige lys uitsluitings kan na a 42(2) gekyk word.193 Marx E-commerce 8 – Die ses pilare van beskerming sluit a 44 se afkoeltydperk; a 43(1) die verskaffing van inligting aan verbruikers; a 43(2) die plig om verbruikers die geleentheid te bied om die elektroniese transaksie te hersien; a 43(5) die plig om van `n veilige betalingstelsel gebruik te maak; a 46 die leweransier se plig om te presteer binne `n bepaalde tydperk; en a 45 se beskerming teen ongevraagde goedere, dienste of kommunikasies, in.194 Marx E-commerce 8. 34 voordat ? finale bestelling gemaak word. Waar daar hier van `n fout gepraat word, word daar bedoel `n wesenlike fout wat wilsooreenstemming uitsluit. Indien ? leweransier nie voldoen aan die bogenoemde nie, kan die verbruiker die transaksie kanselleer binne 14 dae nadat die goedere of dienste ontvang is.195 Waar ? verbruiker ? transaksie kanselleer soos hierbo, moet hy die goedere terugbesorg aan die leweransier en ophou om die gelewerde dienste te gebruik. Die leweransier is dan ook verplig om alle terugbetalings te maak aan die verbruiker, met die uitsluiting van die betrokke regstreekse kostes om die goedere terug te besorg.196 Alhoewel die afkoeltydperk vir alle verbruikers wat elektronies handel beskikbaar is, is die gedeelte nie relevant vir die bespreking nie.197 Dit is omrede die verbruiker sonder rede of gronde die transaksie kan kanselleer, daar is dus geen wesenlike fout of dwaling teenwoordig nie. Volgens die opinie van die skrywer is die bepaling teenstrydig met die gemeenregtelike beginsels, dat `n verbruiker hom tot `n kontrak kan bind en dan sonder rede of regsgevolge die kontrak kan kanselleer. Ten spyte daarvan dat wilsooreenstemming bereik is of die vertroue dat `n kontrak geskep is, kan die leweransier nie die verbruiker vir kontrakbreuk aanspreeklik hou nie. Uit artikel 49 kan ? mens die regering se toewyding tot die beskerming van verbruikers agterkom.198 Die artikel bepaal dat indien ? verbruiker ontevrede sou wees met ? leweransier en die leweransier nie voldoen aan die bepalings van die wet nie, kan hy ? klag by die Verbruikersakekomitee gaan lê vir enige nienakoming deur die leweransier.199 Dus waar natuurlike persone elektronies kontrakteer en ? dwaling tussen hulle ontstaan, sal die partye die gemenereg-bepalings tot hulle beskikking hê 195 A 43(3).196 A 43(4).197 A 44 gee aan verbruikers die reg om `n transaksie te kanselleer sonder rede of penalisering, binne 7 dae nadat goedere ontvang is of binne 7 dae nadat ’n ooreenkoms vir dienste gesluit is. Die verbruiker kan net aanspreeklik gehou word vir die koste om die goedere terug te besorg.198 Coetzee 2004 Stell LR 510. 199 A 49. 35 om die dwaling te hanteer, asook die addisionele beskerming van die EKT- wet, indien die natuurlike persone as verbruikers kwalifiseer. 2.2.4.2 Geoutomatiseerde transaksies Geoutomatiseerde transaksies word gedefinieer as: ’n Elektroniese transaksie wat in geheel of gedeeltelik aangegaan of verrig is deur middel van databoodskappe waarin die gedrag of databoodskappe van een party of beide partye nie deur ’n natuurlike persoon hersien word in die gewone loop van sodanige natuurlike persoon se besigheid of werk nie.200 Geoutomatiseerde transaksies is waar persone elektroniese ooreenkomste aangaan deur van elektroniese agente gebruik te maak.201 Die term elektroniese agent kan verwarring skep en dit is nodig om na die begrip te kyk. Hier is die agent slegs ? instrument van die natuurlike persoon wat dit gebruik.202 Dit is omrede ? elektroniese agent nie ? volwaardige verteenwoordiger van die natuurlike persoon is nie, en nie die bevoegdheid het om uit eie ? kontrak namens sy prinsipaal te sluit nie.203 Hier het die elektroniese agent geen wil van sy eie nie en kan die agent slegs namens sy prinsipaal handel binne die perke van sy programmering.204 Die elektroniese agente het die bevoegdheid om kontrakte namens hulle prinsipale te sluit indien daar aan al die vooraf-bepaalde voorwaardes voldoen is.205 Die vooraf-bepaalde voorwaardes moet deur natuurlike persone bepaal en goedgekeur wees en word in die elektroniese agent ingeprogrammeer.206 Die handelinge van die agent moet deur die natuurlike persoon beheerbaar 200 A 1.201 A 1 definieer `n elektroniese agent as: ’n rekenaarprogram, elektroniese of ander geoutomatiseerde middel wat onafhanklik gebruik word om ’n handeling te begin of om in die geheel of gedeeltelik op databoodskappe of prestasies in ’n geoutomatiseerde transaksie te reageer.202 Winn en Wright Law of Electronic Commerce 5.39; Gereda 2004 www/mbendi.com/cliffedekker/literature/commentry/index.htm 284.203 Marx E-commerce 6.204 Winn en Wright Law of Electronic Commerce 5.39.205 Marx E-commerce 8.206 Marx E-commerce 8. 36 wees.207 As algemene reël is die persoon wat van so ? agent gebruik maak, verantwoordelik vir die gevolge en foute van sy instrument.208 Die agent word dus vooraf deur ? natuurlike persoon geprogrammeer, maar ten tyde van die kontraksluiting is daar geen invloed van buite af deur die natuurlike persoon op die elektroniese agent nie.209 Die program reageer deur geoutomatiseerde response voort te bring van die boodskappe wat dit ontvang.210 Waar daar van elektroniese agente gebruik gemaak word om kontrakte te sluit, is artikel 20 van belang.211 Artikel 20(a) bepaal dat kontrakte gesluit kan word deur elektroniese agente waar die elektroniese agent ? handeling uitvoer wat regtens nodig is om ? ooreenkoms te sluit.212 Hierdie artikel bevestig dus in ons reg die geldigheid van geoutomatiseerde transaksies wat deur elektroniese agente gesluit word. Volgens die wet bestaan daar twee tipes geoutomatiseerde transaksies, naamlik waar beide partye gebruik maak van elektroniese agente en die elektroniese agente ? ooreenkoms aangaan of waar slegs een party gebruik maak van so ? agent, wat tot gevolg het dat ? natuurlike persoon ? kontrak met ? ander party se elektroniese agent sluit.213 Artikels 20(c) en (d) van die wet is van toepassing op beide gevalle. Artikel 20(c) bepaal dat waar ? party van elektroniese agente gebruik maak om `n ooreenkoms te sluit, die party aan die bedinge van die ooreenkoms gebonde sal wees, ongeag of die party die handelinge van die elektroniese agent of die bedinge van die ooreenkoms hersien het of nie.214 Artikel 20(d) bepaal verder dat waar ? party met `n elektroniese agent handel, hy slegs tot die 207 Gereda 2004 www/mbendi.com/cliffedekker/literature/commentry/index.htm 284.208 Winn en Wright Law of Electronic Commerce 5.39; Pistorius 2008 JILT 10.209 Marx E-commerce 8; Pistorius 2008 JILT 9.210 Van der Merwe ea Kontraktereg 73; Pistorius 2008 JILT 9.211 Coetzee 2004 Stell LR 517. 212 A 20(a).213 A 20(b).214 A 20(c). 37 ooreenkoms gebind sal wees indien die bedinge van die ooreenkoms voor die sluiting van die kontrak deur ? natuurlike persoon wat daardie party verteenwoordig hersien kan word.215 Dus sal ? natuurlike persoon gebonde wees tot so ? tipe transaksie, ongeag of die ooreenkoms hersien is of nie. Die opsie om dit te hersien moet net beskikbaar wees. Beide gevalle van kontraksluiting ingevolge artikel 20(b) sal gevolglik bespreek word, alhoewel die gedeelte van waar ? natuurlike persoon met ? elektroniese agent ? kontrak sluit die relevantste is waar dwaling weens foutiewe kommunikasie voorkom. Eerstens sal bespreek word waar beide partye van elektroniese agente gebruik maak, dit staan in meer algemene terme bekend as EDU (elektroniese data-uitruiling).216 EDU moet egter nie verwar word met ander vorms van elektroniese kommunikasie soos faks, sms, e-pos of teleks nie.217 EDU word deur Eiselen gedefinieer as: Die elektroniese verwisseling van masjienverwerkbare, gestruktueerde data, wat volgens ooreengekome standaarde geformateer is en wat met behulp van ? telekommunikasie skakelapparaat regstreeks tussen verskillende rekenaarstelsels op verskillende rekenaars oorgedra word.218 Partye wat op ? gereelde grondslag met mekaar besigheid doen kan oorweeg om van die vorm van kontraksluiting gebruik te maak.219 Dit behels byvoorbeeld dat indien A en B so ? ooreenkoms gesluit het, dan sal B se elektroniese agent ? boodskap aan A se agent stuur dat sy voorrade laag is en dan kry A al die nodige inligting van sy agent af en moet dan die ooreengekome aantal goedere aan B stuur. EDU word normaalweg gebruik waar daar ? reeds bestaande besigheidskontrak tussen die partye is en hulle op ? gereelde basis besigheid doen.220 215 A 20(d).216 Marx E- commerce 7.217 Eiselen 1995 SA Merc LJ 71.218 Eiselen 1992 THRHR 208; Van der Merwe ea Kontraktereg 73 - EDU word gedefinieer as “die gerekenaardiseerde uitruiling van goedgekeurde standaardboodskappe tussen rekenaars deur dataverwerking sonder menslike tussenkoms.”219 Eiselen 1995 SA Merc LJ 7; Van der Merwe en Roos Information Technology Law 142.220 Eiselen 1995 SA Merc LJ 7; Van der Merwe en Roos Information Technology Law 142. 38 By die tipe transaksies is daar egter min gevalle van dwaling weens foutiewe kommunikasie omrede die elektroniese agente vooraf geprogrammeer word.221 Waar `n elektroniese agent `n boodskap stuur, word die boodskap as `n subjektiewe verklaring van die party wat die agent gebruik beskou.222 Indien `n aanbod deur `n elektroniese agent gemaak is en die agent ontvang `n aanname van `n ander agent, word dit geag dat wilsooreenstemming tussen die partye wat van die agente gebruik maak bereik is.223 Dus indien daar `n dwaling sou bestaan sal dit nie tussen die twee agente wees nie, maar eerder tussen die prinsipale wat die agente programmeer. In sulke gevalle kan die sluitingsgronde van die kontrak nie uitgedaag word op grond dat die geoutomatiseerde boodskapsisteem die kontrak gesluit het nie, maar eerder die gemeenregtelike beginsels van dwaling en gebrek aan wilsooreenstemming.224 Tweedens sal gevalle bespreek word waar ? natuurlike persoon met ? elektroniese agent in kontak is. Die tipe transaksies kom meestal voor waar inkopies op `n webtuiste oor die internet gedoen word.225 Dit sal byvoorbeeld gebeur waar ? natuurlike persoon oor die internet transaksies sluit deur op die “I agree”-, “Confirm”-, “Buy”-, ”Accept”-, “Proceed”- of “Enter”-sleutels van ? webwerf226 te kliek.227 221 Buys Cyberlaw 99.222 Van der Merwe en Roos Information Technology Law 155.223 Van der Merwe en Roos Information Technology Law 153.224 Eiselen 2007 PER 36; Pistorius 2008 JILT 13.225 Coetzee 2004 Stell LR 517.226 A 1 – definieer `n webwerf as enige plek op die internet wat ’n tuisblad of webbladsy bevat. ’n Webbladsy word gedefinieer as `n databoodskap op die Wêreldwye Web. Wêreldwye Web is ’n raamwerk waarvan inligting verkry word wat ’n gebruiker toelaat om inligting wat op ’n veraf rekenaar gebêre word op te spoor en toegang daartoe te verkry en om verwysings vanaf een rekenaar te volg en verwante inligting op ’n ander rekenaar.227 Snail 2008 JILT 7; Van der Merwe en Roos Information Technology Law 156 - Deur op een van die ikone te kliek word daar nie noodwendig `n kontrak gesluit nie. Dit kan in sommige gevalle wees dat die leser slegs die standaardbedinge van die webtuiste aanvaar. In sulke gevalle sal `n kontrak slegs gesluit word indien daar `n geldige aanbod bestaan en deur op die ikoon te kliek die party aandui dat hy die aanbod aanvaar. `n Geldige aanbod moet duidelik wees en genoeg wesenlike inligting bevat en die potensiële kliënt moet bewus wees van die aanbod voordat `n kontrak gesluit kan word. Daar moet ook onderskei word tussen `n aanbod en `n advertensie. `n Advertensie word nie outomaties as `n aanbod geag nie en kan bloot `n uitnodiging wees om besigheid te doen. Waar `n party op `n advertensie reageer, word die kliënt se keuse van goedere en 39 Hier sal ook min gevalle wees van waar die elektroniese agent ? wesenlike fout begaan wat dwaling veroorsaak, omrede dit vooraf geprogrammeer word. Sekere vereistes en voorwaardes word deur `n natuurlike persoon bepaal en goedgekeur voordat dit in die elektroniese agent ingeprogrammeer word.228 Die boodskap wat die elektroniese agent stuur word beskou as `n subjektiewe verklaring van die party wat die agent gebruik.229 Indien `n aanbod deur `n elektroniese agent gemaak is en die agent ontvang `n aanname van `n natuurlike persoon, word dit geag dat wilsooreenstemming tussen die partye bereik is.230 Die omgekeerde is ook dieselfde indien die natuurlike persoon die aanbod aan die elektroniese agent gemaak het. Waar die prinsipaal van die agent `n dwaling veroorsaak het, kan die sluitingsgronde van die kontrak nie uitgedaag word op grond dat die geoutomatiseerde boodskapsisteem die kontrak gesluit het nie, maar eerder die gemeenregtelike beginsels van dwaling en gebrek aan wilsooreenstemming.231 Die kanse dat `n natuurlike persoon `n wesenlike fout wat tot dwaling lei sal begaan is dus veel groter. Daarom word daar eerder gefokus op gevalle waar ? natuurlike persoon die wesenlike fout begaan het terwyl hy met ? elektroniese agent onderhandel. Artikel 20(e) is van toepassing op gevalle waar natuurlike persone met die elektroniese agente van ander partye kontrakteer. Artikel 20(e) bepaal dat geen ooreenkoms gesluit word indien ? natuurlike persoon met die elektroniese agent van ? ander onderhandel en die persoon ? wesenlike fout, wat wilsooreenstemming uitsluit, in sy kommunikasie gemaak het nie. By sulke gevalle sal daar slegs `n ooreenkoms gesluit word indien die agent die fouterende persoon die geleentheid bied om sy wesenlike voorneme van betaling as `n aanbod beskou en is dit die internethandelaar se besluit om die aanbod te aanvaar of verwerp. Internethandelaars kan die onduidelikhede voorkom deur dit duidelik te maak of dit `n aanbod, advertensie of aanvaarding van die standaardbedinge is.228 Marx E-commerce 8.229 Van der Merwe en Roos Information Technology Law 155.230 Van der Merwe en Roos Information Technology Law 153.231 Eiselen 2007 PER 36; Pistorius 2008 JILT 13. 40 fout te voorkom of reg te stel.232 Die artikel is in lyn met die gemeenregtelike bepalings van dwaling wat bepaal dat `n kontrak nietig is indien `n wesenlike fout wilsooreenstemming uitsluit.233 Die fouterende persoon moet egter die ander party so gou as prakties moontlik van die fout in kennis stel asook redelike stappe neem om die fout te herstel.234 `n Internethandelaar kan dus op die natuurlike persoon se kommunikasie steun tot hy in kennis gestel word van die fout.235 ? Party kan redelike stappe neem en die fout herstel deur die goedere wat hy ontvang het terug te stuur of dit te vernietig afhangende van wat sy instruksies mag wees.236 Die fouterende party sal egter nie op artikel 20(e) kan staatmaak indien daar reeds enige wesenlike voordeel of waarde gebruik of ontvang is uit die prestasie wat ontvang is nie.237 Die artikel bepaal wanneer die fout nie redelik is nie en sorg dat `n fouterende party nie voordeel uit sy eie fout kan trek nie.238 Die bewyslas rus hier op die natuurlike persoon om al die vereistes te bewys en sodoende aanspreeklikheid te vermy.239 Waar die natuurlike persoon `n fout begaan het, maar wel die geleentheid gehad het om die transaksie te hersien, word hy gebind aan die transaksie ten spyte van die dwaling/fout. Dit is tensy die fout so ooglopend is en die handelaar dit sou opmerk kan die natuurlike persoon steeds aanspreeklikheid vermy op gronde van die gemeenregtelike bepalings van dwaling. 232 A 20(e)(1).233 Van der Merwe en Roos Information Technology Law 159.234 A 20(e)(2) en 20(e)(3); Marx E-commerce 7.235 Van der Merwe en Roos Information Technology Law 159.236 Marx E-commerce 8. 237 A 20(e)(4).238 Van der Merwe en Roos Information Technology Law 159.239 Van der Merwe en Roos Information Technology Law 159. 41 2.2.5 Onduidelikhede en die EKT-wet Alhoewel die EKT-wet gepromulgeer is om elektroniese aangeleenthede te reguleer en sekerheid op die gebied te gee, is daar egter steeds aangeleenthede wat nie duidelik is nie en verwarring skep. Een so `n geval is die onderskeidingslyn tussen `n verbruikers- en `n geoutomatiseerde transaksie.240 In sommige gevalle gaan `n transaksie binne die toepassingsgebied van beide artikels 20(e) en 43 val. Dit is omrede `n verbruiker gedefinieer word as `n natuurlike persoon en artikel 20 reguleer weer transaksies tussen natuurlike persone en elektroniese agente. Dit sal gebeur waar `n natuurlike persoon ook as `n verbruiker kwalifiseer en `n ooreenkoms oor die internet aangaan met `n leweransier wat van `n elektroniese agent gebruik maak. Die meerderheid van internettransaksies vind plaas waar verbruikers goedere vanaf webtuistes koop en die meeste webtuistes maak van elektroniese agente gebruik.241 Hierdie het die gevolg dat daar verskillende regsgevolge gaan wees wat teenstrydig is, afhangend van onder watter artikel die transaksie geplaas word.242 Waar `n persoon `n wesenlike fout in sy kommunikasie begaan het en nie die kans gegun is om die fout reg te maak nie, bied artikels 20(e) en 43 die volgende teenstrydige bepalings: Waar die persoon nie die kans gegun is om sy fout reg te maak nie, word geen transaksie gesluit (nietig) ingevolge artikel 20(e)(i) nie, terwyl artikel 43(3) bepaal dat die transaksie gekanselleer (vernietigbaar) kan word. Die internethandelaar dra dus die risiko dat die ooreenkoms of nietig of vernietigbaar is, afhangend van in watter kategorie die transaksie geplaas word.243 By geoutomatiseerde transaksies mag die natuurlike persoon die 240 Pistorius 2008 JILT 1.241 Pistorius 2008 JILT 2.242 Pistorius 2008 JILT 1.243 Van der Merwe en Roos Information Technology Law 159. 42 kontrak kanselleer sodra hy bewus word van die fout terwyl verbruikers kan kanselleer binne 14 dae nadat die goedere of dienste ontvang is.244 By geoutomatiseerde transaksies kan die natuurlike persoon nie op sy fout steun indien daar reeds enige wesenlike voordeel of waarde gebruik of ontvang is uit die gelewerde prestasie nie.245 Die vraag of die verbruiker alreeds enige wesenlike voordeel of waarde gebruik of ontvang het uit die gelewerde prestasie is nie hier relevant nie. Waar ? verbruiker ? transaksie kanselleer moet hy die goedere terugbesorg aan die leweransier en ophou om die gelewerde goedere of dienste te gebruik. Die leweransier is dan verplig om alle terugbetalings aan die verbruiker te maak, minus die kostes om die goedere terug te kry. Die verbruiker dra slegs die kostes om die goedere terug te besorg aan die leweransier. Die natuurlike persoon aan die ander kant moet redelike stappe neem om die fout te herstel. Dit kan gedoen word deur die goedere wat ontvang is terug te stuur of dit te vernietig afhangende van wat sy instruksies mag wees. Die wet maak egter geen bepaling dat partye wat van elektroniese agente gebruik maak verplig is om aan die natuurlike persoon enige terugbetalings te maak nie.246 Vir praktiese doeleindes kan hieruit gesien word dat artikel 43 meer voordele vir `n natuurlike persoon inhou as artikel 20. Aanbevelings word gemaak dat die oorvleuelende situasie hersien moet word om die teenstrydige bepalings van artikels 20(e) en 43 te harmoniseer. Artikel 20(e) kan staande bly soos dit is om transaksies tussen natuurlike persone en elektroniese agente te reguleer. Hierdie artikel is voldoende omrede die natuurlike persoon hier nie as verbruiker kwalifiseer nie en dus nie geregtig is op die hoë mate van verbruikersbeskerming nie. Waar die oorvleuelende situasie egter voorkom kan daar dalk `n addisionele subartikel onder artikel 43 geplaas word. Hierdie gedeelte kan dan 244 A 43(3) en a 20(e)(ii).245 A 20(e)(iv).246 Pistorius 2008 JILT 15. 43 onderhewig wees aan artikel 20(a)-(d), maar `n addisionele subartikel bevat wat die kwessie hanteer waar `n natuurlike persoon ook as `n verbruiker kwalifiseer en met `n elektroniese agent kontrakteer. Hierdie subartikel kan dan die geharmoniseerde bepalings van artikels 20(e) en 43 bevat. Die subartikel kan `n kombinasie van die voordeligste bepalings van artikels 20(e) en 43 uitlig en aan die verbruiker wat met die elektroniese agent kontrakteer, gee. Hierdie hoë mate van beskerming is nodig omrede die natuurlike persoon blootgestel word aan die risiko’s van beide `n verbruiker, asook die van `n persoon wat ooreenkomste aangaan met `n elektroniese agent. Daar bestaan tot op datum min gerapporteerde beslissings oor elektroniese aangeleenthede en die toepassing van die EKT-wet, wat tot gevolg het dat die aangeleentheid oop is vir interpretasie.247 Soos die oorvleuelende situasie tans staan, word daar aanbeveel dat die aangeleentheid so geïnterpreteer moet word dat die natuurlike persoon/verbruiker `n kombinasie van die voordeligste bepalings van artikels 20(e) en 43 gegee word. Redelikheid en regverdigheid moet egter ook in ag geneem word. Tot die gedeelte egter hersien word en daar meer sekerheid rondom die aangeleentheid bestaan, sal dit egter beter wees om eerder te poog om foutiewe kommunikasie en dwaling te voorkom. 2.2.6 Die voorkoming van dwaling en foutiewe kommunikasie Sommige skrywers is van mening dat die wet `n groot las plaas op internethandelaars en leweransiers.248 Dit word gegrond op die verpligtinge wat artikels 20(e)(i) en 43(2) aan die partye stel. Internethandelaars kan egter maklik aan die artikels se vereistes voldoen en die negatiewe gevolge vermy.249 Deur na die wet te kyk kan dit gedoen word deur enige metode, solank die natuurlike persoon `n geleentheid kry om die transaksie te hersien, foute te voorkom of waar `n fout wel gemaak is om die fout reg te stel. 247 Van der Merwe en Roos Information Technology Law 200.248 Pistorius 2008 JILT 14.249 Van der Merwe en Roos Information Technology Law 187; Pistorius 2008 JILT 16. 44 In die praktyk geskied dit normaalweg in die vorm van `n opsomming van die transaksie of `n bevestigingskerm.250 Net voor `n transaksie finaal gesluit word kan die internethandelaar sorg dat daar `n opsomming van die transaksie aan die natuurlike persoon verskyn om die transaksie te bevestig. So `n opsomming van die transaksie kan gebruik word om die transaksie te hersien en kan moontlike foute voorkom. Indien daar wel enige foute voorkom, soos waar verkeerde bedrae getik is of waar verkeerde goedere bestel is, kan die persoon dan die fout regstel.251 Die persoon kan dan ook laastens `n kans gegun word om finaal uit die transaksie te onttrek voordat daar na `n betalingsbladsy aanbeweeg word.252 Indien `n ooreenkoms onderhewig is aan standaardbedinge, moet die bedinge ook duidelik en toeganklik wees vir die natuurlike persoon en daar moet ook uitdruklik aangedui word dat die bedinge aanvaar word.253 Dit gebeur gewoonlik dat `n party op `n ikoon moet kliek om aan te dui dat hy die voorwaardes verstaan en aanvaar. Waar partye elektronies handel kan hulle ook self die moontlikheid van foutiewe kommunikasie en dwaling verklein. Dit kan gedoen word deur belangrike syfers in woorde sowel as getalle uiteen te sit asook om wesenlike woorde/getalle te herhaal.254 Hulle kan ook verder sorg dat hulle duidelik kommunikeer en alle redelike stappe neem om te sorg dat die boodskappe reg gestuur word.255 2.2.7 Gevolgtrekking: Wisselwerking tussen die gemenereg en die EKT-wet Soos al reeds bespreek hanteer die gemenereg gevalle van dwaling en by sulke gevalle is dit belangrik om die grondslag van die kontrak te bepaal. Deur die grondslag van die kontrak te bepaal kan die kontraktuele aanspreeklikheid wat daaruit vloei bepaal word. Dit word gedoen deur die wilsooreenstemming 250 Van der Merwe en Roos Information Technology Law 187; Pistorius 2008 JILT 16.251 Van der Merwe en Roos Information Technology Law 155; Pistorius 2008 JILT 16.252 Van der Merwe en Roos Information Technology Law 155; Pistorius 2008 JILT 16.253 Van der Merwe en Roos Information Technology Law 155.254 Christie The Law of Contract 76; Kerr Law of Contracts 38.255 Christie The Law of Contract 76; Kerr Law of Contracts 38. 45 van die partye te bepaal met die primêre basis van kontraktuele aanspreeklikheid, die subjektiewe wilsteorie. Indien ? dwaling voorkom wat die consensus uitsluit, kan die grondslag bepaal word op grond van die sekondêre basis vir kontraktuele aanspreeklikheid, naamlik die vertrouensteorie. Hetsy watter vorm van die vertrouensteorie gebruik word. Die gemenereg kon egter nie alle gevalle van elektroniese aangeleenthede hanteer nie en leemtes het ontstaan. Die EKT-wet het sekerheid op die gebied gegee en regseffek aan elektroniese kommunikasie gegee. Die wet is nie daar om reeds bestaande reg te vervang nie, maar eerder om dit aan te vul waar nodig. Dus sal die gemeenregtelike reëls rondom dwaling saam met die EKT-wet se bepalings van toepassing wees. By gevalle waar natuurlike persone elektronies kontrakteer met byvoorbeeld e-pos, faks en sms bied die EKT-wet geen bepalings indien ? dwaling weens foutiewe kommunikasie ontstaan nie. Die gemeenregtelike bepalings bly voldoende by die gevalle omrede die kontrak steeds gesluit word tussen natuurlike persone en die kontraktuele aanspreeklikheid met die beginsels bepaal kan word. Waar twee natuurlike persone elektronies kontrakteer, bied die EKT-wet moontlik addisionele beskerming aan ? natuurlike persoon indien hy as ? verbruiker kwalifiseer. Waar ? dwaling voorkom sal die party dan die gemeenregtelike bepalings tot sy beskikking hê asook die addisionele beskerming wat die wet aan die verbruiker bied. Hierdie addisionele beskerming word deur artikel 43 van die wet bepaal. Waar partye met elektroniese agente kontrakteer is die gemenereg nie duidelik rondom die aangeleentheid nie. Die wet het helderheid op die gebied van kontraksluiting en elektroniese agente gegee. Waar beide partye van elektroniese agente gebruik maak, of waar slegs een party van `n agent gebruik maak, is artikel 20 van die wet van toepassing. 46 Daar sal egter min gevalle wees van waar die elektroniese agent `n foutiewe kommunikasie stuur wat tot dwaling lei, omrede die elektroniese agent vooraf geprogrammeer word. Die agent se prinsipaal bepaal en keur die programmering vooraf goed en enige boodskap wat die agent stuur word as `n subjektiewe verklaring van die prinsipaal beskou. Indien daar `n dwaling sou ontstaan sal dit nie wees weens die elektroniese agent nie, maar eerder die prinsipaal wat die agent programmeer. Alhoewel die prinsipaal aan `n ooreenkoms gebind word, al het hy nie die transaksie hersien nie, kan aanspreeklikheid steeds op gronde van dwaling met die gemeenregtelike bepalings vermy word indien die dwaling byvoorbeeld wesenlik en redelik is. Waar ? natuurlike persoon met ? elektroniese agent handel en die persoon `n foutiewe kommunikasie stuur wat dissensus veroorsaak, reguleer artikel 20(e) die aangeleentheid. Alhoewel sekere gedeeltes van die wet verwarring kan skep en teenstrydig kan wees, bied die Suid-Afrikaanse reg remedies in `n verskeidenheid van gevalle. Waar daar elektronies met ander natuurlike persone, of hulle elektroniese agente, of waar twee partye se elektroniese agente kontrakteer, bied die Suid-Afrikaanse reg remedies by gevalle waar dwaling weens foutiewe kommunikasie voorkom. Aanbevelings word egter gemaak dat die oorvleuelende en teenstrydige bepalings geharmoniseer moet word om moontlike verwarring te voorkom en sodoende die probleem nog beter te hanteer. 47 3 Die Verenigde Nasies Konvensie oor Kontrakte vir die Internasionale Koop van Goedere (1980) 3.1 Inleiding Voor die totstandkoming van die konvensie was daar ? gebrek aan eenvormige reëls waar partye vanuit verskillende lande koopkontrakte gesluit het. UNCITRAL was aangestel om ? dokument te skep wat eenvormige reëls kan gee en wat die leemte op die gebied kan vul.256 Die dokument moes aanvaarbaar wees vir state met verskillende agtergronde en verskillende regs-, sosiale en ekonomiese stelsels.257 Die Verenigde Nasies Konvensie oor Kontrakte vir die Internasionale Koop van Goedere, oftewel die KIKG (CISG), is gevolglik geskep.258 Daar word ook dikwels na die konvensie verwys as die Weense Koopverdrag van 1980.259 Indien ? staat lid word van die konvensie, word die konvensie se bepalings deel van die staat se plaaslike reg.260 Die staat sal dan twee stelle verkoopsregwette hê, een om plaaslike verkoopstransaksies te reguleer en dan die bepalings van die konvensie om internasionale verkooptransaksies te reguleer.261 Die Weense Koopverdrag skep eenvormige reëls vir internasionale koopkontrakte en poog om struikelblokke in internasionale handel te verwyder en sodoende internasionale handel te bevorder.262 Die konvensie is finaal in 1980 goedgekeur en het op 1 Januarie 1988 in werking getree.263 Sedertdien 256 UNCITRAL - United Nations Commission on International Trade Law. Hierdie is die amptelike regsliggaam van die Verenigde Nasies en is spesifiek daar om reëls te skep om internasionale handel te bevorder.257 Bar en Har-Sinay 2008 http://www.articlesbase.com/law-articles/contract-validity-and- the- cisg-international-treaty-closing-the-loophole-315561.html1 1.258 Bar en Har-Sinay 2008 http://www.articlesbase.com/law-articles/contract-validity-and- the-cisg-international-treaty-closing-the-loophole-315561.html1 1.259 Bernstein and Lookofsky Understanding the CISG 1.260 Eiselen 2007 PER 11.261 Eiselen 2007 PER 11. 262 KIKG se voorrede.263 Bernstein and Lookofsky Understanding the CISG 1; Die konvensie is deur UNCITRAL se Algemene Vergadering goedgekeur. 48 is die konvensie tot en met 1 September 2010 deur 76 state bekragtig.264 Hierdie 76 state is gesamentlik vir meer as twee derdes van die wêreld se internasionale handel verantwoordelik.265 Weens die groot aantal, en steeds groeiende aantal, kontrakterende state is die KIKG besig om die verkoopsreg van Europa en die res van die wêreld te word.266 Ten spyte daarvan dat dit sterk aanbeveel word, is Suid-Afrika tot op hede nog steeds nie lid van die konvensie nie.267 Die toepassingsgebied van die konvensie word deur artikel 1 van die dokument bepaal. Dit konvensie reguleer koopkontrakte wat gesluit is deur partye wat in verskillende lidstate gesetel is.268 Die konvensie kan ook geld waar slegs een van die partye in ? lidstaat gesetel is. Dit kan ook van toepassing wees waar die reëls van die internasionale privaatreg dit so bepaal of waar die partye ooreenkom dat hulle kontrak aan die konvensie onderworpe is.269 3.2 Elektroniese kommunikasie Die konvensie bevat nie self `n artikel wat voorsiening maak vir elektroniese kommunikasie nie, maar daar kan na artikel 13 gekyk word vir riglyne.270 Die artikel bepaal dat “for the purpose of this Convention “writing” includes telegram and telex.” Hieruit kan gesien word dat beide telegram- en teleks- boodskappe as voldoende geag word, waar skriftelike dokumente benodig word.271 Hedendaagse vorms van elektroniese kommunikasies soos e-pos, faks en EDU was onbekend by die opstel van die konvensie en dit kan ook afgelei word uit die artikel se bewoording, aangesien daar nog na teleks en 264 UNCITRAL 2011 http://www.uncitral.org.265 Eiselen 2007 PER 7; Dit sluit van die wêreld se grootste handelsnasies in, soos die VSA, Rusland, China, Australia en die meerderheid state van die Europese Unie.266 Bernstein and Lookofsky Understanding the CISG 1.267 Eiselen 1999 SALJ 369.268 Bernstein and Lookofsky Understanding the CISG 2.269 Bernstein and Lookofsky Understanding the CISG 2.270 Eiselen 2002 VJICLA 7. 271 Skriftelike vereistes word tradisioneel geassosieer met papier-gebaseerde dokumente waar woorde op papier geskryf, getik of uitgedruk word. 49 telegramme verwys word.272 Volgens die Adviesraad273 van die KIKG sal elektroniese kommunikasie aan die skriftelike vereiste voldoen indien dit dieselfde rol as papierdokumente vervul.274 Elektroniese kommunikasie kan uitgedruk en geberg word en maak dus die boodskappe beskikbaar in beide fisiese en elektroniese formaat, en vervul sodoende die rol van papierdokumente.275 Dit het die gevolg dat artikel 13 so geïnterpreteer moet word om alle vorms van elektroniese kommunikasie in te sluit onder die term skriftelik.276 Tensy die partye uitdruklik elektroniese kommunikasie uitsluit sal die veronderstelling wees dat dit ingesluit word onder die term skriftelik.277 Hierdie veronderstelling kan versterk of verswak word deur die partye se vorige handelinge en algemene gebruike met mekaar.278 3.3 Elektroniese kontrakte Die kwessie rondom elektroniese kontrakte word deur artikel 11 van die konvensie hanteer en bepaal dat: A contract of sale need not be concluded in or evidenced by writing and is not subject to any other requirement as to form. It may be proved by any means, including witnesses. Hieruit kan gesien word dat partye steeds ? kontrak kan sluit onderworpe aan die KIKG al is dit nie op skrif nie.279 Daar is geen aanduiding dat die 272 Eiselen 1999 EDI LR 15; Eiselen 2002 VJICLA 7. 273 Die KIKG-Adviesraad is `n privaat instansie wat ondersteun word deur Pace Universiteit se fakulteit van regte. Die doel van die instansie is om die KIKG te help beter verstaan en om ondersteuning te bied by die interpretasie van die konvensie.274 KIKG-Adviesraad Opinie no.1 2003 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/CISG-AC- op1.html.275 Eiselen 1999 EDI LR 15; Eiselen 2002 VJICLA 7.276 Eiselen 1999 EDI LR 15; Eiselen 2002 VJICLA 7; Bernstein and Lookofsky Understanding the CISG 38; KIKG-Adviesraad Opinie no.1 2003 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/CISG-AC-op1.html.277 KIKG-Adviesraad Opinie no.1 2003 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/CISG-AC- op1.html.278 KIKG-Adviesraad Opinie no.1 2003 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/CISG-AC- op1.html.279 State wat skriftelike ooreenkomste vereis kan `n verklaring onder a 96 maak. So `n verklaring sal die gevolg hê dat ooreenkomste skriftelik gesluit moet word. 50 konvensie bedoel het om enige spesifieke kommunikasiemetode uit te sluit nie en dit blyk eerder te wees om alle vorme in te sluit.280 Partye het dus die vryheid om kontrakte te sluit soos hulle dit goeddink en kan selfs mondelingse kontrakte sluit wat deur die KIKG gereguleer word.281 Elektroniese kontrakte word nie fundamenteel verskillend as papier-gebaseerde kontrakte beskou nie.282 Hieruit kan afgelei word dat geen skriftelike vormvereistes by die sluiting van kontrakte vereis word nie en gevolglik kan kontrakte deur elektroniese middels gesluit word.283 By die sluiting van kontrakte maak die konvensie gebruik van die ontvangsteorie.284 Deur na artikels 18 (2) en 23 te kyk kan gesien word dat die kontrak geag word as gesluit te wees op die tyd wanneer en plek waar die aanbieder die aanvaarding van die aanbod ontvang.285 Artikel 24 bepaal dat ? boodskap geag word as ontvang te wees wanneer die boodskap by die aanbieder se adres gelewer word.286 3.4 Dwaling weens foutiewe kommunikasie 3.4.1 Die geldigheid van kontrakte Waar die partye handel en met elektroniese middels kontrakte sluit, ontstaan die vraag nou wat sal gebeur indien daar `n foutiewe elektroniese kommunikasie gestuur word en dit ? dwaling tussen die partye veroorsaak. Die dwaling kan moontlik ? regseffek op die kontrak hê en moontlik die geldigheid van die kontrak beïnvloed. Artikel 4 van die konvensie bepaal: This Convention governs only the formation of the contract of sale and the rights and obligations of the seller and the buyer arising from such a contract. In particular, except as otherwise expressly provided in this Convention, it is not concerned with: (a) the validity of the contract or of any of its provisions or of 280 Eiselen 2002 VJICLA 3.281 Bernstein and Lookofsky Understanding the CISG 45.282 Bernstein and Lookofsky Understanding the CISG 66. 283 KIKG-Adviesraad Opinie no.1 2003 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/CISG-AC- op1html.284 Eiselen 2007 PER 31.285 A 23 en 18(2) van die KIKG; Eiselen 2007 PER 31.286 Eiselen 2007 PER 31. 51 any usage; (b) the effect which the contract may have on the property in the goods sold. (eie beklemtoning) Deur te kyk na die artikel kan ? mens sien dat die KIKG slegs die sluiting van die kontrak asook die koper en verkoper se regte en verpligtinge wat uit die kontrak voortspruit, reguleer.287 Die konvensie hou hom dus glad nie op met die geldigheid van ? kontrak tensy daar uitdruklik anders deur die konvensie bepaal word nie.288 Die opstellers van die konvensie het die geldigheidkwessie met opset uitgesluit, omrede daar gevoel is dit te sensitief en ingewikkeld is om eenvormige reëls daaroor te skep.289 Die term geldigheid was egter nooit omskryf nie en word nêrens in die konvensie gedefinieer nie.290 Omrede die konvensie nooit die term geldigheid gedefinieer het nie, is die aangeleentheid oop vir interpretasie.291 Die vraag ontstaan nou watter kwessies die konvensie as geldige aangeleenthede beskou.292 Daar is die veronderstelling dat enige verweer van bevoegdheid, agentskap, bedrog, wanvoorstelling, onregverdigheid, die gevolge van dwaling, dwang, onbewustheid, onmoontlikheid en mala fide kontrakte in die ongeldigheid- kategorie sal val.293 Hierdie kwessies het te make met die sluitingsproses van die kontrak en die KIKG spreek dit moontlik nie aan nie.294 Die vraag ontstaan nou wat sal gebeur met die artikel 4(a)-uitsluitingsgevalle en hoe die konvensie dit sal hanteer. Om laasgenoemde te bepaal moet ons 287 Bernstein and Lookofsky Understanding the CISG 23; Heiz 1987 VJTL par 5A.288 Malek Electronic Commerce in International Trade Law 64.289 Hartnell 1993 YJIL par 5.290 Ziegel 1981 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/text/ziegel8.html; Weitzman 1997 JLC; Hartnell 1993 YJIL 19.291 Hartnell 1993 YJIL 19; Heiz 1987 VJTL 661.292 Heiz 1987 VJTL 640.293 Ziegel 1981 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/text/ziegel8.html; Heiz 1987 VJTL 648; Hartnell 1993 YJIL 61; Bar en Har-Sinay 2008 http://www.articlesbase.com/law- articles/contract-validity-and-the-cisg-international-treaty-closing-the-loophole- 315561.html1 3; Bernstein and Lookofsky Understanding the CISG 23; Schlechtriem 1992 JT 11. 294 Bar en Har-Sinay 2008 http://www.articlesbase.com/law-articles/contract-validity-and- the-cisg-international-treaty-closing-the-loophole-315561.html1 3; Heiz 1987 VJTL par 5A. 52 na die konvensie se interpretasie-artikel gaan kyk om vas te stel hoe die situasie hanteer moet word. Artikel 7 (2) bepaal dat waar sekere kwessies nie duidelik deur die algemene beginsels van die konvensie opgelos word nie, daar gekyk moet word na die remedies van die toepaslike nasionale regstelsel. Die relevante nasionale regstelsel word deur die reëls van die internasionale privaatreg bepaal. Artikel 7 (1) bepaal verder dat die relevante nasionale regstelsel wat die probleem moet oplos so eng as moontlik toegepas moet word. Uit die interpretasie-artikel word gesien dat die konvensie se bepalings so wyd as moontlik toegepas moet word en dat die plaaslike regstelsel slegs leemtes moet vul.295 Dit word gedoen deur die konvensie se internasionale karakter en doel om eenvormige reg te skep in ag te neem. 296 Deur te kyk na die konvensie is dit duidelik dat artikel 4(a) geskep is vir sensitiewe aangeleenthede en die aangeleenthede eerder oorgelaat word aan die nasionale regstelsels.297 Daar was besluit om nie eenvormige reëls vir hierdie sensitiewe aangeleenthede te skep nie, omrede elke regstelsel die situasie anders benader en dit onmoontlik is om eenvormige reëls te skep wat vir almal aanvaarbaar sal wees.298 3.4.2 Dwaling by die sluiting van die kontrak Die vraag is nou wat sal gebeur indien foutiewe kommunikasie by die sluiting van die kontrak ontstaan en dit ? dwaling tussen die partye veroorsaak. Word die aangeleentheid uitdruklik deur die konvensie bepaal of word die 295 Bar en Har-Sinay 2008 http://www.articlesbase.com/law-articles/contract-validity-and- the-cisg-international-treaty-closing-the-loophole-315561.html1 3; Hartnell 1993 YJIL par 3C.296 A 7(1) van die KIKG; Leyens 2003 http://cisgw3.law.pace.edu/cisg/biblio/leyens.html#con297 Bar en Har-Sinay 2008 http://www.articlesbase.com/law-articles/contract-validity-and- the-cisg-international-treaty-closing-the-loophole-315561.html1 2; Hartnell 1993 YJIL par 3A.298 Bar en Har-Sinay 2008 http://www.articlesbase.com/law-articles/contract-validity-and- the-cisg-international-treaty-closing-the-loophole-315561.html1 2; Hartnell 1993 YJIL par 3A. 53 aangeleentheid deur artikel 4(a) uitgesluit en na die betrokke nasionale regstelsel verwys? Ingevolge artikel 4(a) hou die konvensie hom nie op met die geldigheid van ? kontrak, tensy daar uitdruklik anders deur die konvensie bepaal word nie. Artikel 8 is so ? uitdruklike bepaling wat gevalle van dwaling by die kontraksluiting hanteer.299 Volgens die sekretariaat se kommentaar kom foutiewe kommunikasie algemeen by die aanbod en aanname voor en in sulke gevalle moet artikel 8 gebruik word om die ware bedoeling van die kommunikasie vas te stel.300 Eiselen is ook van mening dat indien daar foutiewe kommunikasie sou voorkom wat wilsooreenstemming uitsluit die artikel gebruik moet word om die kontrak te bepaal.301 Die artikel kan gebruik word om die ware bedoelings te bepaal hetsy die kontrak gesluit is deur natuurlike persone of geoutomatiseerde sisteme.302 Hieruit kan gesien word dat met artikel 8 daar na die foutiewe kommunikasie, wat die dwaling veroorsaak, gekyk word om die partye se ware bedoelings te bepaal. Die artikel probeer dus die kontrak lewendig te hou deur die partye se bedoelings te bepaal en kyk nie na die gevolge van die dwaling nie. Artikel 8 dien as ? interpretasie-artikel. Die artikel is nie daar om die konvensie self te interpreteer nie, maar is eerder daar om die partye se verklarings te interpreteer.303 Die interpretasie van die verklarings is nie beperk tot die partye se aanbod en aanname nie, maar kan ook op die hele kontrak van toepassing wees.304 Die beginsels van artikel 8 is van toepassing op ? wye verskeidenheid van situasies.305 Die artikel is van toepassing op enige van die partye se verklarings en optredes voor of na die kontraksluiting 299 Schlechtriem 1992 JT 14; Honnold Uniform Law for International Sales 119. 300 Sekretariaat kommentaar 1978 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/text/secomm/secomm- 08.html#1 - Hierdie kommentaar is die naaste aan amptelike kommentaar vir die konvensie en word beskou as een van die beste bronne wat as riglyn gebruik kan word.301 Eiselen 2007 PER 29.302 Eiselen 2007 PER 29.303 Bernstein and Lookofsky Understanding the CISG 42.304 Bernstein and Lookofsky Understanding the CISG 42.305 Honnold Uniform Law for International Sales 116; Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 97. 54 om sodoende die kontrak te bepaal.306 Dit sluit onder andere die aanbod, aanname, teenaanbod, terugtrek van die aanbod asook die nie-aanvaarding van die aanbod in.307 Die interpretasie-artikel kan gebruik word by alle vorms van kontraksluiting, van skriftelike tot telefoniese kontrakte asook enige soort transaksie van klein roetine-aankope tot groot en ingewikkelde transaksies.308 Die artikel is van belang waar die betrokke partye verskillende bedoelings aan dieselfde verklaring koppel en mekaar sodoende verkeerd verstaan.309 Die artikel kan dus gebruik word sodra daar ? dwaling tussen die partye ontstaan.310 Die artikel is ook van belang waar die partye hulself verkeerd uitdruk, hul taalgebruik en/of optredes onduidelik is of waar `n misverstand voorkom.311 Dit gebeur dikwels dat die partye se taalgebruik by aanbod en aanname foutief en onduidelik kan wees en interpretasie benodig.312 Volgens Lautenschlager is die hoofdoel van die artikel om die gaping tussen die partye se kommunikasie en ware bedoelinge te oorbrug.313 Gevolglik kan die artikel gebruik word by gevalle waar partye foutiewe kommunikasie gestuur het en die foutiewe kommunikasie ? dwaling veroorsaak. Die artikel kan dan gebruik word om die partye se foutiewe kommunikasie te interpreteer en sodoende die kontrak bepaal.314 Artikel 8 van die KIKG bepaal: (1) For the purposes of this Convention statements made by and other conduct of a party are to be interpreted according to his intent where the other party knew or could not have been unaware what that intent was. (2) If the preceding paragraph is not applicable, statements made by and other conduct of a party are to be interpreted according to the understanding that a 306 Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 97; Huber 2006 Int Handelsrecht 235. 307 Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 97.308 Honnold Uniform Law for International Sales 116.309 Bernstein and Lookofsky Understanding the CISG 42; Zeller 2002 EJLR 630.310 Zeller 2002 EJLR 630.311 Ziegel 1981 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/text/ziegel8.html.312 Zeller 2002 EJLR 630.313 Lautenschlager 2007 VJICLA 259.314 Bernstein and Lookofsky Understanding the CISG 42. 55 reasonable person of the same kind as the other party would have had in the same circumstances. (3) In determining the intent of a party or the understanding of a reasonable person would have had, due consideration is to be given to all relevant circumstances of the case including the negotiations, any practices which the parties have established between themselves, usages and any subsequent conduct of the parties. Artikel 8 maak van ? subjektiewe of objektiewe toets gebruik om die partye se verklarings te interpreteer.315 Die eerste stap in die interpretasieproses is om artikel 8 (1) toe te pas.316 Die artikel maak gebruik van die subjektiewe benadering om die partye se bedoelings te interpreteer.317 Die benadering is gegrond op die werklike bedoelings van die partye.318 Die benadering is soortgelyk aan die subjektiewe wilsteorie waar die kontrak gegrond word op die wilsooreenstemming tussen die partye. Die paragraaf bepaal dat die verklarende party se verklarings of gedrag geïnterpreteer moet word volgens die bedoeling waar die ander party weet of nie onbewus kon wees van die bedoeling nie.319 Dus indien die verklarende party ? sekere bedoeling aan sy verklaring heg en hy kan bewys dat die ander party geweet het van sy bedoeling, sal die verklarende party se bedoeling aanvaar word.320 Die beginsels van die paragraaf moet toegepas word selfs indien die ware bedoeling onredelik is.321 Dit kan egter moeilik wees om te bewys dat die ander party geweet het van die verklarende party se ware bedoeling.322 Dit is omrede dit in die praktyk dikwels onmoontlik is om ? ander party se subjektiewe bedoeling te bewys en dat hy kon geweet het van die verklarende party se ware bedoelings.323 Die artikel maak die bewyslas vir die verklarende party egter makliker deurdat die 315 Bernstein and Lookofsky Understanding the CISG 42.316 Huber 2006 Int Handelsrecht 235.317 Bernstein and Lookofsky Understanding the CISG 42; Honnold Uniform Law for International Sales 118; Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 98.318 Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 98; Lautenschlager 2007 VJICLA 260.319 Huber 2006 Int Handelsrecht 235; Bernstein and Lookofsky Understanding the CISG 42; Honnold Uniform Law for International Sales 118; Lautenschlager 2007 VJICLA 260.320 Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 98.321 Lautenschlager 2007 VJICLA 260. 322 Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 98.323 Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 98. 56 party net hoef te bewys dat die ander party nie onbewus kon wees van sy ware bedoeling nie.324 Waar die ander party bewus was of nie onbewus kon wees van die verklarende party se bedoeling nie, beteken dit die partye se bedoelings is subjektief dieselfde en is daar geen noodsaaklikheid om te kyk na artikel 8(2) nie.325 Indien die ware subjektiewe bedoelings van die partye bepaal kan word, moet dit altyd voorkeur bo die objektiewe bedoelings kry omrede dit die partye se ware bedoelings gee.326 Indien die bedoelings van die partye nie bepaal kan word met die subjektiewe toets van paragraaf (1) nie, word die objektiewe toets van paragraaf (2) gevolglik gebruik.327 Die Oostenrykse en Switserse hooggeregshowe het onderskeidelik in die Mono ammonium phosphate328-saak en Chemical products329-saak die volgorde van artikel 8 bevestig. Daar is bepaal dat die subjektiewe toets van artikel 8(1) altyd eerste toegepas moet word, slegs indien dit nie van toepassing is nie, kan die objektiewe toets van artikel 8(2) gebruik word. Artikel 8(2) bepaal dat indien paragraaf (1) nie van toepassing is nie, alle verklarings en optrede van die party geïnterpreteer moet word soos ? redelike persoon in dieselfde omstandighede dit sou verstaan.330 Die objektiewe benadering word dus gebruik waar die ander party nie bewus was of bewus kon wees van die verklarende party se bedoelings nie.331 Daar word objektief na die verklarende party se verklarings gekyk en dieselfde bedoelings word daaraan gekoppel as wat ? redelike persoon in dieselfde omstandighede 324 Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 98.325 Huber 2006 Int Handelsrecht 235.326 Zeller 2002 EJLR 641. 327 Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 98; Huber 2006 Int Handelsrecht 235.328 Mono ammonium phosphate-saak Austrian Supreme Court 1997 http://cisgw3.law.pace.edu/cases/970320a3.html.329 Chemical products-saak Bundesgericht Supreme Court 2005 http://cisgw3.law.pace.edu/cases/050405s1.html.330 A 8(2) van die KIKG.331 Bernstein and Lookofsky Understanding the CISG 42. 57 daaraan sou koppel.332 Daar is egter geen bepaalde definisie of eenvormige reël om die redelike derde party te bepaal nie en dit word gevolglik oorgelaat aan die tersaaklike tribunaal of hof om dit te bepaal.333 Hierdie benadering is soortgelyk aan die vertrouensteorie. Hier word ook objektief na die verklarings en optredes van die verklarende party gekyk en hoe ? redelike persoon in dieselfde omstandighede dit sou verstaan en die vertroue wat by die persoon geskep word. In die praktyk word die meeste gevalle deur artikel 8(2) hanteer.334 In die Amerikaanse saak MCC-Marble Ceramic Center Inc v Ceramica Nuova D’Agostino335 het die hof ook gesê dat die meeste gevalle deur artikel 8(2) gereguleer sal word. Dit is omrede waar daar interpretasieprobleme ontstaan, ? party meestal nie bewus is of bewus kan wees van ? ander party se ware subjektiewe bedoelinge nie.336 Artikel 8(2) kan gevolglik beter verduidelik word met die volgende voorbeeld. Indien ? Amerikaanse party ? aanbod van $5 000 aan ? Kanadese party maak en laasgenoemde aanvaar die aanbod, sal die Amerikaanse party $5 000 Amerikaanse dollars en die Kanadees $ 5000 Kanadese dollars bedoel.337 Hierdie situasie sal deur artikel 8(2) hanteer word en sal die redelike persoon-toets in dieselfde omstandighede gebruik moet word.338 Die redelike Kanadese persoon sou verstaan het die Amerikaanse party bedoel Amerikaanse dollars omrede hy die aanbod gemaak het.339 Die redelike Amerikaanse persoon sou verstaan het dit is Amerikaanse dollars omrede hy die aanbod gemaak het en die $5 000 aangebied het en die Kanadees slegs 332 Bernstein and Lookofsky Understanding the CISG 42; Honnold Uniform Law for International Sales 118.333 Lautenschlager 2007 VJICLA 261.334 Honnold Uniform Law for International Sales 118.335 MCC-Marble Ceramic Center Inc v Ceramica Nuova D`Agostino 1998 http://cisgw3.law.pace.edu/cases/020825u1.html.336 Honnold Uniform Law for International Sales 118; Huber 2006 Int Handelsrecht 235; MCC-Marble Ceramic Center Inc v Ceramica Nuova D`Agostino 1998 http://cisgw3.law.pace.edu/cases/020825u1.html.337 Lautenschlager 2007 VJICLA 265.338 Lautenschlager 2007 VJICLA 265.339 Lautenschlager 2007 VJICLA 265. 58 die aanbod aanvaar het.340 Dus deur van artikel 8(2) gebruik te maak kan bepaal word dat die partye ooreengekom het op $5 000 Amerikaanse dollars.341 Die Duitse Streekshof het in die Egg342-saak hierdie beginsel toegepas. Hier het die Hollandse koper drie ‘truck loads’ eiers van ? Duitse verkoper bestel.343 Die koper het 10 800 eiers per vrag verwag, maar met elke vrag is omtrent die helfte van die verwagte aantal eiers gelewer.344 Die hof moes toe besluit wat ? ‘truck load’ in die omstandighede sal beteken. Die hof het bevind dat ? redelike verkoper in die bedryf die koper se verklaring sou interpreteer het as drie vol ‘truck loads’ eiers, van ongeveer 10 800 eiers per vrag.345 Artikel 8(3) gee verder riglyne vir watter omstandighede by die interpretasie- proses in ag geneem kan word.346 Hetsy die subjektiewe of objektiewe toets gebruik word, geld die riglyne.347 Die artikel beskryf nie slegs ? paar omstandighede nie, maar bepaal dat die hof kan ag slaan op alle relevante omstandighede.348 Hierdie omstandighede wat deur ? hof in ag geneem kan word sluit die onderhandelinge, die gebruike tussen die partye, die partye se gedrag en optredes in.349 Die relevante omstandighede wat in ag geneem kan word, is deur die Duitse howe in onderskeidelik die Clothes350- en Circuit boards351-sake bevestig. 340 Lautenschlager 2007 VJICLA 265.341 Lautenschlager 2007 VJICLA 265.342 Egg-saak District Court Oldenburg 1996 http://cisgw3.law.pace.edu/cases/960228g1.html343 Egg-saak District Court Oldenburg 1996 http://cisgw3.law.pace.edu/cases/960228g1.html344 Egg-saak District Court Oldenburg 1996 http://cisgw3.law.pace.edu/cases/960228g1.html345 Egg-saak District Court Oldenburg 1996 http://cisgw3.law.pace.edu/cases/960228g1.html346 Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 100347 Huber 2006 Int Handelsrecht 235; Zeller 2002 EJLR 630.348 Zeller 2002 EJLR 630.349 Huber 2006 Int Handelsrecht 235; Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 100; Schlechtriem 1992 JT 14.350 Clothes-saak District Court Kassel http://cisgw3.law.pace.edu/cases/960215g2.html.351 Circut boards-saak Appellate Court Hamburg http://cisgw3.law.pace.edu/cases/981005g1.html. 59 3.4.3 Die toepassing en wisselwerking van artikels 4 en 8 Die verhouding tussen paragraaf (1) en (2) van artikel 8 sal gevolglik verduidelik word met die volgende voorbeeld. Veronderstel ? verkoper maak ? aanbod aan ? koper om 100 ton yster aan hom te verkoop, maar die verkoper begaan `n tikfout en tik `n ekstra nul.352 Wat sal die situasie wees indien die verkoper nou beweer die kontrak is gesluit vir 100 ton yster en die koper beweer die kontrak is gesluit vir 1 000 ton yster.353 Indien die verkoper kan bewys dat die ware bedoeling van sy aanbod 100 ton was en dat die koper bewus was dat dit sy bedoeling was om 100 ton yster te verkoop, dan sal die verkoper se weergawe aanvaar word.354 Indien die verkoper nie kan bewys dat die ander party sy aanbod vir 100 ton verstaan het nie, sal die verkoper se weergawe steeds die gekose weergawe bly indien die verkoper bewys die koper kon nie onbewus wees van sy bedoeling nie.355 Al bogenoemde word deur artikel 8 (1) bepaal. Sou die verkoper nie kon bewys die koper was bewus of kon nie onbewus wees van sy bedoeling nie, sal sy bedoeling nie onder paragraaf (1) aanvaar word nie, maar kan dit steeds onder paragraaf (2) bewys word.356 Onder die paragraaf sal die verkoper moet bewys dat ? redelike persoon in dieselfde omstandighede as die koper die aanbod sou verstaan het vir 100 ton yster.357 Waar die verkoper nie bogenoemde kan bewys nie, sal die koper dan kan bewys dat hy die aanbod aanvaar het vir 1 000 ton yster en dat ? redelike persoon in dieselfde omstandighede as hyself ook die aanbod sou verstaan vir 1 000 ton.358 Die vraag ontstaan nou wat gebeur by gevalle waar die partye se bedoelings nie met die subjektiewe of objektiewe toetse bepaal kan word nie. By hierdie gevalle sal die bestaan en geldigheid van die kontrak in gedrang wees, 352 Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 99.353 Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 99.354 Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 99.355 Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 99.356 Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 100.357 Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 100.358 Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 100. 60 omrede geen kontrak bepaal kan word nie. Zeller is van mening dat indien die partye se subjektiewe en objektiewe bedoelings nie bepaal kan word nie, dit daarop dui dat geen kontrak gesluit is en artikel 8 nie van toepassing is nie.359 Volgens hom sal sulke gevalle deur artikel 4(a) hanteer word en gevolglik na die toepaslike nasionale regstelsel verwys word.360 Artikel 8 bied dus in die meeste gevalle ? buigbare en voldoende oplossing, maar soms sal sekere aangeleenthede nie deur die artikel opgelos kan word nie.361 Artikel 8 word gebruik om die partye se kontrak en verklarings te interpreteer, maar waar die geldigheid van die kontrak in gedrang is en artikel 8 nie ? antwoord gee nie, word artikel 4 eerder gebruik.362 Waar die kontrak nie bepaal kan word nie, is die geldigheid van die kontrak in gedrang en word die kwessie egter nie deur die konvensie hanteer nie.363 Volgens Farnsworth is daar ? probleem rakende die verhouding tussen die interpretasie-artikel en uitdrukkingsfoute.364 Dit sal wees waar die partye se objektiewe bedoelings bepaal word, maar die kontrak nie die partye se ware bedoelings in die kontrak weergee nie. Waar ? verkoper ? uitdrukkingsfout in sy aanbod begaan om sy goedere vir $56 000 te verkoop en hy eintlik bedoel het om te verkoop vir $65 000, wat sal dan die situasie wees waar ? redelike persoon in dieselfde omstandighede as die koper nie bewus is van die verkoper se uitdrukkingsfout in sy aanbod nie.365 Volgens Farnsworth sal die aangeleentheid ? saak van interpretasie wees en indien die koper die aanbod aanvaar sal artikel 19 (2)366 bepaal dat ? kontrak gesluit is vir $56 000.367 359 Zeller 2002 EJLR 635.360 Zeller 2002 EJLR 635.361 Bernstein and Lookofsky Understanding the CISG 42.362 Bernstein and Lookofsky Understanding the CISG 42.363 Bernstein and Lookofsky Understanding the CISG 43. 364 Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 102; Sekretariaat kommentaar 1978 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/text/secomm/secomm- 08.html#1.365 Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 102; Sekretariaat kommentaar 1978 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/text/secomm/secomm- 08.html#1.366 A 19(2) van die KIKG bepaal: “However, a reply to an offer which purports to be an acceptance but contains additional or different terms which do not materially alter the 61 Die vraag of die verkoper nou die kontrak op gronde van die foutiewe kommunikasie sal kan kanselleer is ? aparte vraag.368 Hier is die beginsel van interpretasie nie van belang nie, maar eerder die gevolge van dwaling en kansellasie. Farnsworth het die siening dat die aangeleentheid nie deur die konvensie hanteer word nie, omrede die konvensie hom nie ophou met die geldigheid van kontrakte nie.369 Dus val die gevolge van dwaling buite die toepassingsgebied van die konvensie en sal die aangeleentheid oorgelaat word aan die nasionale regstelsels. Von Caemmerer is van mening dat die konvensie sy toepassingsgebied om eenvormige reg te skep sal oorskry indien dit die gevolge van dwaling sal hanteer.370 3.4.4 Die gevolge van dwaling weens foutiewe kommunikasie Waar die konvensie nie ? aangeleentheid hanteer nie of die geldigheid van die kontrak in gedrang is, word die kwessie dus na die toepaslike nasionale reg verwys. Gevolglik gaan daar geen eenvormige reëls en uitsprake rondom die aangeleenthede wees nie, omrede elke nasionale regstelsel die probleem anders sal hanteer. Dit is altyd die risiko met internasionale instrumente dat die verskillende nasionale howe en tribunale van die instrument se harmoniserende effek sal afdwaal en meer na hulle nasionale regstelsels sal beweeg.371 Dit is algemeen dat howe nie gebind word deur ander lande se howe se beslissings nie.372 Dit is egter in die instrument se harmoniserings- belang dat howe tog ag slaan op ander lande se howe se beslissings en dit in ag neem.373 terms of the offer constitutes an acceptance, unless the offeror, without undue delay, objects orally to the discrepancy or dispatches a notice to that effect. If he does not so object, the terms of the contract are the terms of the offer with the modifications contained in the acceptance.” 367 Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 102; Sekretariaat kommentaar 1978 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/text/secomm/secomm- 08.html#1.368 Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 102.369 Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 102.370 Heiz 1987 VJTL 647.371 Eiselen 2007 PER 18.372 Eiselen 2007 PER 19.373 Eiselen 2007 PER 19. 62 Daar is egter ook nie baie regspraak rondom dwaling nie.374 Dit is omrede besigheidspersone meestal bereid is om enige dwaling wat voorkom op ? vriendelike manier met hulle handelsgenote, volgens die kontrak uit te stryk.375 Die meeste moderne kontrakte bevat ook gewoonlik geskilbeslegting- klousules wat voorsiening maak vir die tipe probleme.376 Gevolglik kan ons na ? paar skrywers se menings gaan kyk oor wat hulle as ? billike beslissing sal beskou in die omstandighede waar dwaling die geldigheid van ? kontrak beïnvloed. Leyens stel voor dat by sulke gevalle die plaaslike regstelsels óf die kontrak van die begin af as nietig moet beskou óf die partye met die remedie verskaf van kansellasie.377 Hartnell is eerstens van mening dat die howe of tribunale nie net die betrokke nasionale reg se remedie blindelings moet volg nie, maar ook moet sorg dat die toepassing in lyn is met die konvensie se gees en strekking en sorg dat dit sy integriteit behou.378 Sy sal ? regter of arbiter se beslissing rondom dwaling onder die nasionale reg as billik ag indien die ooreenkoms tersyde gestel word en die partye herstel word na die status quo ante.379 Sy is van mening dat sulke gevalle egter min sal voorkom omrede kommersiële partye gewoonlik belangstel in die beskikbare remedies soos skade en verlies aan wins wat wel onder die konvensie beskikbaar is.380 Omrede Suid Afrika nog steeds nie lid van die konvensie is nie, is daar dus geen sake wat deur die Suid Afrikaanse howe beslis is ten opsigte van dwaling en die geldigheid van kontrakte onder die KIKG nie. Daar kan dus net na die ander 76 state se hofuitsprake gekyk word en hoe hulle die aangeleentheid hanteer. Vir solank as wat daar geen eenvormige reëls 374 Leyens 2003 http://cisgw3.law.pace.edu/cisg/biblio/leyens.html#con par 1.375 Leyens 2003 http://cisgw3.law.pace.edu/cisg/biblio/leyens.html#con par 1.376 Leyens 2003 http://cisgw3.law.pace.edu/cisg/biblio/leyens.html#con par 1.377 Leyens 2003 http://cisgw3.law.pace.edu/cisg/biblio/leyens.html#con par 4A.378 Hartnell 1993 YJIL par 3E.379 Hartnell 1993 YJIL par 4A4b.380 Hartnell 1993 YJIL par 4A4b. 63 rondom die kwessie bestaan nie, gaan die kwessie op verskillende maniere opgelos word.381 3.5 Gevolgtrekking Waar partye handel en met elektroniese middels kontrakte sluit is die vraag: wat sal gebeur indien daar `n foutiewe elektroniese kommunikasie voorkom en ? dwaling tussen die partye veroorsaak? Die dwaling kan moontlik ? regseffek op die kontrak hê en moontlik die geldigheid van die kontrak beïnvloed. Deur na artikel 4(a) te kyk kan gesien word dat die konvensie hom nie ophou met die geldigheid van kontrakte nie. Daar is besluit om nie eenvormige reëls te skep vir geldigheidsaangeleenthede nie, omrede elke regstelsel die situasie anders benader en dit onmoontlik is om eenvormige reëls te skep wat vir almal aanvaarbaar sal wees.382 Deur na die interpretasie-artikel te kyk, word gesien dat die aangeleenthede eerder aan die toepaslike nasionale regstelsels oorgelaat word.383 Artikel 4(a) bepaal verder dat die konvensie hom nie ophou met die geldigheid van ? kontrak nie, tensy daar uitdruklik anders deur die konvensie bepaal word. Artikel 8 is een so ? uitdruklike bepaling wat gevalle van dwaling by die kontraksluiting hanteer.384 Met die artikel word daar na die foutiewe kommunikasie wat die dwaling veroorsaak gekyk en die partye se bedoelings word bepaal en nie die gevolge van die dwaling en foutiewe kommunikasie nie. Daar word dus gepoog om die kontrak te bepaal en lewendig te hou. 381 Bar en Har-Sinay 2008 http://www.articlesbase.com/law-articles/contract-validity-and- the-cisg-international-treaty-closing-the-loophole-315561.html1 4.382 Bar en Har-Sinay 2008 http://www.articlesbase.com/law-articles/contract-validity-and- the-cisg-international-treaty-closing-the-loophole-315561.html1 2; Hartnell 1993 YJIL par 3A.383 Bar en Har-Sinay 2008 http://www.articlesbase.com/law-articles/contract-validity-and- the-cisg-international-treaty-closing-the-loophole-315561.html1 2; Hartnell 1993 YJIL par 3A.384 Eiselen 2007 PER 29; Schlechtriem 1992 JT 14; Sekretariaat kommentaar 1978 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/text/secomm/secomm-08.html#1. 64 Indien die bedoelings van die partye egter nie met die artikel bepaal kan word nie, dui dit daarop dat geen kontrak gesluit is nie en is artikel 8 nie van toepassing nie.385 Die vraag of ? party die kontrak op gronde van dwaling sal kan kanselleer val ook buite die artikel se toepassingsgebied.386 Hier is die beginsel van interpretasie nie van belang nie, maar eerder die gevolge van dwaling. Artikel 8 word gebruik om die partye se kontrak en verklarings te interpreteer, maar waar die geldigheid van die kontrak in gedrang kom en artikel 8 nie ? antwoord gee nie word artikel 4 (a) eerder gebruik.387 Dus val die gevolge van dwaling weens foutiewe kommunikasie buite die toepassingsgebied van die konvensie en sal die aangeleentheid oorgelaat word aan die nasionale regstelsels. 385 Zeller 2002 EJLR 635. 386 Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 102.387 Heiz 1987 VJTL 647. 65 4 UNIDROIT-beginsels 4.1 Inleiding Die International Institute for the Unification of Private Law, of te wel UNIDROIT, was oorspronklik deel van die destydse League of Nations.388 Na die organisasie se ondergang is die organisasie hervestig in 1940, en gesetel in Rome.389 UNIDROIT is ? onafhanklike inter-regeringsorganisasie bestaande uit lede met verskillende regs-, ekonomiese, politieke en kulturele agtergronde.390 Die doel van die organisasie word in Artikel 1 van sy statuut gevind: to examine ways of harmonising and coordinating the private law of States and of groups of States, and to prepare gradually for the adoption by the various States of uniform rules of private law.391 Die organisasie spits hom veral daarop toe om die harmonisering van die kommersiële reg tussen die verskillende state te bevorder.392 Van die riglyne en beginsels wat hulle al op die gebied van internasionale reg geskep het, sluit die UNIDROIT Principles of International Commercial Contracts in.393 Die Principles of International Commercial Contracts is in 1994 deur die Bestuursraad van UNIDROIT goedgekeur en later in dieselfde jaar is die UNIDROIT-beginsels gepubliseer.394 Die eerste uitgawe van die UNIDROIT- beginsels vir Internasionale Kommersiële Kontrakte is in 2004 deur ? tweede uitgawe opgevolg.395 Die tweede uitgawe bevat 5 addisionele hoofstukke asook ? uitgebreide voorrede en is ook aangepas waar nodig vir elektroniese kontraktering.396 Die 2004-weergawe van die beginsels gaan gevolglik vir die studie gebruik word. 388 UNIDROIT 2011 http://unidroit.org.389 UNIDROIT 2011 http://unidroit.org.390 UNESCO 2011 http://www.unesco.org.391 UNESCO 2011 http://www.unesco.org.392 UNIDROIT 2011 http://unidroit.org.393 UNESCO 2011 http://www.unesco.org.394 Bonnell 1996 ULR par 1. 395 UNIDROIT 2011 http://www.unidroit.org.396 UNIDROIT 2011 http://www.unidroit.org. 66 Die rede vir UNIDROIT se besluit om hierdie beginsels te skep was om ? stel reëls te skep wat by internasionale kommersiële transaksies gebruik kan word en wat oplossings gee vir probleme op die gebied.397 Die beginsels poog om ? gebalanseerde stel reëls te verskaf wat regoor die wêreld gebruik kan word, ongeag ? staat se regs-, ekonomiese of politieke stelsel.398 Die UNIDROIT- beginsels bestaan meestal uit konsepte en beginsels wat in die meeste lande se regstelsels voorkom.399 Die beginsels kan ook gebruik word om nasionale wetgewing of ander internasionale regsinstrumente te help interpreteer en aan te vul.400 Dit kan ook dien as ? model vir nasionale en internasionale wetgewers om hulle wette daarop te baseer.401 Hierdie beginsels is nie outomaties op internasionale kommersiële kontrakte van toepassing nie, maar eerder wanneer die partye ooreenkom dat hulle kontrak daaraan onderworpe is.402 Die beginsels kan ook gebruik word indien die partye se kontrak onderworpe is aan die algemene beginsels van die reg, die lex mercatoria of iets soortgelyks.403 Dit kan ook gebruik word as geen regstelsel deur die partye gekies is nie.404 Die beginsels reguleer dus nie direk ? kontrak nie, tensy die partye die reëls in die kontrak inwerk.405 4.2 Elektroniese kommunikasie Elektroniese kommunikasie word uitdruklik deur die UNIDROIT-beginsels erken en gee aan die vorm van kommunikasie regswerking.406 Artikel 1.10 (1) bepaal dat waar kennisgewings vereis word, dit deur enige gepaste metode in 397 UNIDROIT Principles of International Commercial Contracts 2004 foreword (Hierna die UNIDROIT-beginsels 2004-oorwoord).398 UNIDROIT-beginsels 2004-voorwoord.399 UNIDROIT-beginsels 2004-voorwoord.400 UNIDROIT-beginsels 2004-voorwoord.401 UNIDROIT-beginsels 2004-voorwoord.402 UNIDROIT-beginsels 2004-voorwoord.403 UNIDROIT-beginsels 2004-voorwoord; Die lex mercatoria is ook in meer algemene terme bekend as internasionale handelsreg of internasionale kommersiële reg.404 UNIDROIT-beginsels 2004-voorwoord. 405 Leyens 2003 http://cisgw3.law.pace.edu/cisg/biblio/leyens.html#con par 2B.406 UNIDROIT Principles Official Commentary on Article 1.10 par 1 – Notice (Hierna die Amptelike kommentaar op a). 67 die omstandighede gestuur kan word.407 Elektroniese boodskappe word as gepas beskou indien die geadresseerde bewus is daarvan en toestem tot die ontvangs van die spesifieke elektroniese boodskap en dit na sy relevante adres gestuur word.408 4.3 Elektroniese kontrakte Artikel 1.2 van die UNIDROIT-beginsels maak voorsiening vir die sluiting en geldigheid van elektroniese ooreenkomste en bepaal dat: Nothing in these Principles require a contract, statement or any other act to be made in or evidenced by a particular form. It may be proved by any means, including witnesses. Hierdie artikel bepaal dat waar kontrakte gesluit word, dit nie onderhewig is aan enige vormvereistes nie.409 Dus kan elektroniese kommunikasiemetodes soos teleks-, faks-, e-pos- en internetkommunikasies gebruik word om kontrakte te sluit en is skriftelike kontrakte nie ? vereiste nie.410 Dieselfde beginsel geld ook waar partye aan die kontrak verander of die kontrak beëindig. Die artikel gee aan die partye die vryheid om kontrakte te sluit soos hulle dit goeddink en elektroniese kommunikasie is voldoende vir kontraksluitingsdoeleindes. Die UNIDROIT-beginsels maak by die sluiting van kontrakte van die ontvangsteorie gebruik. Dit behels dat ? kontrak gesluit word op die tyd wanneer en plek waar die aanvaarding van die aanbod die aanbieder bereik.411 Die boodskap word geag om die aanbieder te bereik wanneer die boodskap gelewer word by sy adres.412 Die aanbieder hoef nie die boodskap te lees of bewus te wees daarvan nie, dit moet eerder net vir hom moontlik wees om die boodskap te kan herwin en lees. 407 By die kennisgewings word verklarings, versoeke, aannames en aanbiedinge ingesluit.408 Amptelike kommentaar op a 1.10 par 1 – Notice.409 Amptelike kommentaar op a 1.2 par 1 – No form required.410 Amptelike kommentaar op a 1.2 par 1 – No form required.411 UNIDROIT-beginsels 2004 a 2.1.3.412 UNIDROIT-beginsels 2004 a 1.10.3. 68 4.4 Dwaling weens foutiewe kommunikasie Hoofstuk 3 van die UNIDROIT-beginsels behandel kwessies rondom dwaling en die geldigheid van kontrakte. Die 2004-weergawe van die hoofstuk het presies dieselfde gebly as die 1994-uitgawe.413 Daar sal gevolglik na die UNIDROIT-beginsels se reëls rondom dwaling en na die beskikbare remedies gekyk word. 4.4.1 Dwaling Die UNIDROIT-beginsels het ? spesifieke artikel wat bepaal wat dwaling behels. Artikel 3.4 definieer dwaling as: Mistake is an erroneous assumption relating to facts or to law existing when the contract was concluded. Hierdie definisie bevat drie elemente.414 Die foutiewe veronderstelling is opsetlik so breed gedefinieer om transmissiefoute en uitdrukkingsfoute in te sluit.415 Dwaling weens foutiewe kommunikasie val dan ook onder die definisie. Die foutiewe veronderstelling kan aan ? feit of aan die reg verwant wees.416 Die betrokke tydselement bepaal dat indien die dwaling ontstaan het voor of na ? party sy bedoeling uitgedruk het, is die dwaling irrelevant.417 Dus sal die dwaling slegs relevant wees ten tyde die sluiting van die kontrak. Die doel van die tydsbeperking is om te onderskei tussen gevalle van dwaling en gevalle van wanprestasie.418 Dwaling word gesien as moontlike struikelblokke wat die prestasie van kontrakte kan verhoed of belemmer.419 Waar ? party ? kontrak sluit onder ? dwaling en die persoon die kontrak verkeerd verstaan, sal die beginsels van 413 UNIDROIT 2011 http://www.unidroit.org.414 Leyens 2003 http://cisgw3.law.pace.edu/cisg/biblio/leyens.html#con par 2C.415 Leyens 2003 http://cisgw3.law.pace.edu/cisg/biblio/leyens.html#con par 2C.416 Leyens 2003 http://cisgw3.law.pace.edu/cisg/biblio/leyens.html#con par 2C.417 Leyens 2003 http://cisgw3.law.pace.edu/cisg/biblio/leyens.html#con par 2C.418 Amptelike kommentaar op a 3.4 par 2 - Decisive time.419 Amptelike kommentaar op a 3.4 par 2 - Decisive time. 69 dwaling geld.420 Waar ? party egter die kontrak reg verstaan en ? oordeelsfout begaan by die sluiting en dan weier om te presteer, val die situasie nie onder dwaling nie, maar eerder wanprestasie.421 Wanprestasie word deur artikel 3.7 van die beginsels bepaal.422 4.4.2 Dwaling weens uitdrukkings- en transmissiefoute Waar daar hier van `n fout gepraat word, word daar verwys na `n wesenlike fout in die uitdrukking of transmissie wat dwaling tot gevolg het. Waar elektroniese kommunikasie verkeerd gestuur word, kan ons na artikel 3.6 vir riglyne kyk. Die artikel hanteer kwessies waar verklarings verkeerd uitgedruk word en kommunikasie verkeerd gestuur word en bepaal: An error occurring in the expression or transmission of a declaration is considered to be a mistake of the person from whom the declaration emanated. Die amptelike kommentaar stel so ? fout in transmissie of uitdrukking gelyk aan ? dwaling wat deur ? persoon gemaak of gestuur is.423 Om die situasie te verduidelik word die volgende voorbeeld in die kommentaar gegee: waar A, ? potensiële Indiese kliënt, vir B, ? Australiese regsfirma, vir regsadvies vra. A ontvang dan ? telegram van B wat aandui dat B se tarief 150 pond is, maar die vorm wat B aan die Australiese poskantoor gee sê 250 pond. Omrede dit algemene kennis is dat syfers in telegramme dikwels verkeerd gestuur word, dra B gevolglik die risiko en is hy nie geregtig om sy dwaling weens die fout in transmissie te herroep nie.424 Selfs al is daar aan al die ander vereistes van artikel 3.5 voldoen.425 420 Amptelike kommentaar op a 3.4 par 2 - Decisive time.421 Amptelike kommentaar op a 3.4 par 2 - Decisive time.422 Die a gee die remedies vir wanprestasie en bepaal dat `n party nie daarop geregtig is om die kontrak te kanselleer weens dwaling indien daar `n remedie vir wanprestasie beskikbaar is nie. Volgens die kommentaar, indien daar konflik tussen die twee remedies is, moet die wanprestasieremedie voorkeur kry omrede dit meer gepas en buigbaar is as die kansellasieremedie. Uit hierdie a kan `n mens duidelik aflei dat die UNIDROIT- beginsels die benadering volg dat dwaling onder die geldigheidskwessie val. Die a voorkom dus dat dwaling gebruik word as `n alternatief waar `n party nie presteer nie.423 Amptelike kommentaar op a 3.6 par 1 - Relevant mistake. 424 Dieselfde is ook waar by elektroniese kommunikasie.425 Amptelike kommentaar op a 3.6 par 1 - Relevant mistake. 70 Gevalle waar die boodskap reg gestuur word, maar die ontvanger die inhoud verkeerd verstaan val buite die trefwydte van die artikel.426 Gevalle waar die boodskap reg gestuur is, maar weens tegniese redes die boodskap verkeerd uitgedruk, verstaan of versend word val ook buite die artikel se trefwydte.427 ? Dwaling weens foutiewe uitdrukking of transmissie sluit in verkeerde verklarings wat gemaak word, of verkeerde interpretasies en in beide gevalle is ? derde party gewoonlik nie bewus van die dwaling nie.428 4.4.3 Remedies Artikel 3.5 van die beginsels bepaal wanneer ? dwaling wesenlik is. Wanneer dwaling soos wat in artikel 3.4 en 3.6 voorkom wesenlik is, bied die beginsels die remedie om die kontrak te kanselleer. Die artikel bepaal dat: (1) A party may only avoid the contract for mistake if, when the contract was concluded, the mistake was of such importance that a reasonable person in the same situation as the party in error would only have concluded the contract on materially different terms or would not have concluded it at all if the true state of affairs had been known, and (a) the other party made the same mistake, or caused the mistake, or knew or ought to have known of the mistake and it was contrary to reasonable commercial standards of fair dealing to leave the mistaken party in error; or (b) the other party had not at the time of avoidance acted in reliance on the contract. (2) However, a party may not avoid the contract if (a) it was grossly negligent in committing the mistake; or (b) the mistake relates to a matter in regard to which the risk of mistake was assumed or, having regard to the circumstances, should be borne by the mistaken party.429 Volgens die kommentaar moet daar in die omstandighede na die dwaling se gewig en belangrikheid gekyk word.430 Die dwaling moet as ernstig deurgaan en word bepaal deur ? gekombineerde subjektiewe/objektiewe toets.431 Die toets behels dat daar gekyk moet word na wat ? redelike persoon in dieselfde situasie sou doen indien hy van die ware stand van sake bewus was.432 Indien die redelike persoon glad nie sou kontrakteer nie, of indien hy slegs sou 426 Amptelike kommentaar op a 3.6 par 2 - Mistakes on the part of the receiver; A 4.1 hanteer gevalle rondom die interpretasie van die partye se verklarings.427 Amptelike kommentaar op a 3.6 par 2 - Mistakes on the part of the receiver. 428 Leyens 2003 http://cisgw3.law.pace.edu/cisg/biblio/leyens.html#con par 4A.429 UNIDROIT-beginsels 2004 a 3.5.430 Amptelike kommentaar op a 3.5 par 1 - Serious mistake.431 Amptelike kommentaar op a 3.5 par 1 - Serious mistake.432 Amptelike kommentaar op a 3.5 par 1 - Serious mistake. 71 kontrakteer op verskillende wesenlike terme sal die dwaling as ernstig beskou word.433 Normaalweg in kommersiële transaksies word `n dwaling wat betrekking het op die goedere en dienste, die partye se bedoelings of verwagtinge en hulle identiteit nie as relevant geag nie.434 Die gevolg is dat die dwalende party slegs die kontrak kan kanselleer indien die dwaling so van belang is dat dit die party se keuse om die kontrak te sluit beïnvloed.435 In die Suid-Afrikaanse reg is dit bekend as wesenlike dwaling wat gevolglik die wilsooreenstemming tussen die partye uitsluit. Volgens sub-paragraaf (1)(a) van artikel 3.5 mag die dwalende party slegs die kontrak kanselleer indien die ander party voldoen aan een van die genoemde voorwaardes.436 By die eerste drie voorwaardes verdien die ander party geen beskerming nie, omrede hy self betrokke was by die dwaling.437 Die eerste voorwaarde is waar beide partye onder dieselfde dwaling handel en nie bewus is van die dwaling nie.438 Die tweede voorwaarde is waar die dwaling veroorsaak is deur die ander party se wanvoorstelling hetsy dit ? uitdruklike, stilswyende, nalatige of onskuldige wanvoorstelling is.439 Om stil te bly kan ook `n party onder `n wanindruk plaas en dwaling veroorsaak, maar `n blote “puffing” in advertering of onderhandeling is gewoonlik toelaatbaar.440 Indien `n dwaling opsetlik deur die ander party geskep is, is artikel 3.8 van toepassing, die artikel hanteer kwessies rondom bedrieglike kontraksluiting. Die derde voorwaarde is waar die party van die dwaling geweet het of behoort te geweet het en dan die ander party nie daarvan in kennis stel nie en in 433 Amptelike kommentaar op a 3.5 par 1 - Serious mistake.434 Amptelike kommentaar op a 3.5 par 1 - Serious mistake. 435 Leyens 2003 http://cisgw3.law.pace.edu/cisg/biblio/leyens.html#con par 2C.436 Amptelike kommentaar op a 3.5 par 2 - Conditions concerning the party other than the mistaken party.437 Amptelike kommentaar op a 3.5 par 2 - Conditions concerning the party other than the mistaken party.438 Amptelike kommentaar op a 3.5 par 2 - Conditions concerning the party other than the mistaken party.439 Amptelike kommentaar op a 3.5 par 2 - Conditions concerning the party other than the mistaken party.440 Amptelike kommentaar op a 3.5 par 2 - Conditions concerning the party other than the mistaken party; “Puffing” is waar `n produk of diens se eienskappe so effe deur die verkoper/adverteerder vergroot word om die verkope op te stoot. 72 dwaling laat.441 Wat die ander party weet of behoort te weet word gemeet aan wat `n redelike persoon in dieselfde situasie sou geweet het.442 Om die kontrak te kanselleer moet die dwalende party bewys dat die ander party ? plig teenoor hom het om die dwaling aan hom uit te wys.443 Die vierde voorwaarde word deur sub-paragraaf (1)(b) gereël en bepaal dat die ander party nie ten tyde van die kansellering op die kontrak moes vertrou het nie.444 Sub-paragraaf (2) noem voorwaardes waarvolgens die dwalende party nie die kontrak mag kanselleer nie, naamlik: (a) indien die dwaling die gevolg van die dwalende party se growwe nalatigheid is en in sulke omstandighede dit onregverdig sal wees teenoor die ander party om die kontrak te kanselleer.445 Sub-paragraaf (b) is waar die dwalende party die risiko veronderstel het of in die omstandighede dit moet verdra.446 Hierdie verskynsel kom veral by spekulasiekontrakte voor, waar partye kontrakte sluit met die hoop dat sekere verwagtinge of feite teenwoordig sal wees, maar aanvaar dan steeds die risiko dat dit nie so kan wees nie. In sulke gevalle mag ? persoon nie die kontrak kanselleer weens dwaling nie.447 ? Party kan ook ingevolge artikel 3.5 sy reg om die kontrak te kanselleer verloor. Dit sal gebeur waar die dwalende party verhoed word om die kontrak te kanselleer indien die ander party verklaar dat hy bereid is om te presteer of reeds presteer het soos die dwalende party die kontrak verstaan het.448 In sulke gevalle word die kontrak geag gesluit te wees soos die dwalende party dit verstaan.449 Dit behels dat die ander party uit die kontrak voordeel mag 441 Amptelike kommentaar op a 3.5 par 2 - Conditions concerning the party other than the mistaken party.442 Amptelike kommentaar op a 3.5 par 2 - Conditions concerning the party other than the mistaken party.443 Amptelike kommentaar op a 3.5 par 2 - Conditions concerning the party other than the mistaken party.444 Amptelike kommentaar op a 3.5 par 2 - Conditions concerning the party other than the mistaken party.445 Amptelike kommentaar op a 3.5 par 3 - Conditions concerning the mistaken party.446 Amptelike kommentaar op a 3.5 par 3 - Conditions concerning the mistaken party.447 Amptelike kommentaar op a 3.5 par 3 - Conditions concerning the mistaken party.448 UNIDROIT-beginsels 2004 a 3.13(1); Volgens a 3.15(1) moet hierdie kennisgewing gegee word binne `n redelike tydperk waar die omstandighede ook in ag geneem moet word.449 UNIDROIT-beginsels 2004 a 3.13(1). 73 trek, selfs in sy aangepaste vorm.450 Die ander party moet verklaar dat hy besluit het om te presteer of reeds presteer het ingevolge die kontrak in sy aangepaste vorm nadat hy in kennis gestel is van die manier hoe die dwalende party die kontrak verstaan het.451 Na so ? verklaring of prestasie gemaak is, word die reg op kansellasie verloor en enige vroeëre kennisgewings van kansellasie word ongeldig.452 Die aangepaste kontrak verhoed egter nie die dwalende party om skade te eis vir skade wat hy gelei het weens die aanpassing nie.453 Die aangeleentheid word deur artikel 3.18 gereguleer en bepaal dat waar ? party van enige gronde weet of behoort te weet wat die kontrak kanselleer of kan kanselleer, is die party aanspreeklik vir skade en moet die ander party in dieselfde posisie geplaas word indien die kontrak nie gesluit was nie.454 4.5 Gevolgtrekking Die UNIDROIT-beginsels hanteer dus duidelik kwessies rondom dwaling en die geldigheid van kontrakte. Waar kontrakte deur tradisionele metodes gesluit word en ? dwaling voorkom, sal die beginsels se reëls rondom dwaling van toepassing wees. Artikel 3.6 stel ? fout in transmissie en `n foutiewe uitdrukking wat gemaak of gestuur is gelyk aan ? gewone dwaling.455 So ? fout in transmissie en `n foutiewe uitdrukking kan wilsooreenstemming uitsluit en dwaling veroorsaak. Foutiewe elektroniese kommunikasie word ook in die kategorie geplaas. Artikel 3.5 bepaal wanneer die dwaling wesenlik sal wees en of dit wel ? invloed op die kontrak sal hê. Gevolglik moet daar na die dwaling se belangrikheid en gewig gekyk word. Indien die dwaling wesenlik en van so ? 450 Amptelike kommentaar op a 3.13 par 1 - Performance of the Contract as understood by the mistaken party.451 Amptelike kommentaar op a 3.13 par 2 - Decision to be made promptly. 452 UNIDROIT-beginsels 2004 a 3.13(2).453 Amptelike kommentaar op a 3.13 par 4 – Damages.454 UNIDROIT-beginsels 2004 a 3.13(1) - Waar die kontrak gekanselleer word mag beide partye ook volgens a 3.17 restitusie eis vir goedere wat hulle verskaf het onder die kontrak of onder daardie gedeelte van die kontrak wat gekanselleer is.455 Amptelike kommentaar op a 3.6 par 1 - Relevant mistake. 74 aard is dat ? redelike persoon in dieselfde posisie nie die kontrak sou sluit indien die werklike stand van sake aan hom bekend was nie, kan hy die kontrak ingevolge die artikel kanselleer.456 By dwaling, insluitend dwaling weens foutiewe elektroniese kommunikasie, verhoed niks in die beginsels die ontvanger om so ? foutiewe kommunikasie nie te aanvaar nie. Dit word aan die aanbieder gelaat om sy foutiewe kommunikasie te herroep en die kontrak te kanselleer op gronde van artikel 3.5.457 Dit sal veral die geval wees waar daar teenstrydig gehandel word met goeie kommersiële etiek waar die ontvanger nie die aanbieder inlig van sy fout nie en hom vergryp aan die “winskoop”.458 Indien `n kontrak weens dwaling gekanselleer word of nie gekanselleer word nie, het die partye steeds remedies tot hulle beskikking. Skade kan geëis word sodat die ander party in dieselfde posisie geplaas kan word soos voor die sluiting van die kontrak. Restitusie kan ook geëis word waar `n party reeds presteer het ingevolge daardie gedeelte van die kontrak wat gekanselleer word. 456 Amptelike kommentaar op a 3.5 par 1 - Serious mistake.457 Amptelike kommentaar op a 3.6 par 1 - Relevant mistake.458 Amptelike kommentaar op a 3.6 par 1 - Relevant mistake. 75 5 Die Verenigde Nasies Konvensie oor die Gebruik van Elektroniese Kommunikasie in Internasionale Kontrakte (2005) 5.1 Inleiding UNCITRAL is die amptelike regsliggaam van die Verenigde Nasies op die gebied van internasionale handel.459 Die afdeling van die VN is geskep om regstruikelblokke op die gebied van internasionale handel stelselmatig te moderniseer en te harmoniseer.460 Die liggaam fokus op die sleutelgebiede van internasionale handel en sluit internasionale kommersiële arbitrasie, oorgrens-insolvensies, internasionale betalingsinstrumente, internasionale verkoopkontrakte, vervoerreg en elektroniese handel in.461 UNCITRAL se werk op die e-handelsgebied, sluit die UNCITRAL Model Law on Electronic Commerce van 1996 en die UNCITRAL Model Law on Electronic Signatures van 2001 in.462 Die konvensie is ? opvolging van UNCITRAL se twee modelwette wat handel oor elektroniese aangeleenthede.463 Die konvensie bou voort op die UNCITRAL se twee vorige modelwette deur verbeterings en opdaterings te maak oor elektroniese kwessies wat nie deur die modelwette aangespreek word nie.464 Daar is gevoel dat alhoewel die twee modelwette by elektroniese handel goeie leiding gee op die plaaslike front, dit nie voldoende vir internasionale handel is nie.465 Die konvensie maak voorsiening vir elektroniese kommunikasie wat gebruik word by elektroniese onderhandelinge en internasionale kontrakte.466 Die doel van die konvensie is om regsekerheid en kommersiële voorspelbaarheid by internasionale elektroniese transaksies daar te stel en 459 UNCITRAL 2011 http://www.uncitral.org.460 UNCITRAL 2011 http://www.uncitral.org.461 UNCITRAL 2011 http://www.uncitral.org.462 Coetzee 2006 SA Merc LJ 246.463 Malek Electronic Commerce in International Trade Law 2; Coetzee 2006 SA Merc LJ 248.464 Connolly en Ravindra 2006 CLSR 37; Coetzee 2006 SA Merc LJ 248.465 Eiselen 2007 PER 10.466 Polanski 2007 JICLT 113. 76 om bestaande leemtes op die gebied te vul.467 Dit poog verder om algemene beginsels en praktiese oplossings in e-handel te bied wat aanvaarbaar sal wees vir state met verskillende regs-, sosiale en ekonomiese stelsels.468 UNCITRAL se vorige werk op die gebied was die modelwette waar geen formele vereistes benodig word om dit te gebruik nie.469 `n VN-konvensie aan die ander kant moet uitdruklik bekragtig word voordat dit gebruik kan word.470 Die konvensie is finaal op 23 November 2005 deur UNCITRAL se Algemene Vergadering goedgekeur, maar het tans nog nie in werking getree nie.471 Tot op datum het min state egter nog die konvensie bekragtig en die huidige lidstate is Singapoer en Honduras.472 Ten spyte van sterk ondersteuning ten gunste daarvan, is Suid-Afrika ook tans nie lid van die konvensie nie.473 Volgens Coetzee sal Suid-Afrika daarby baat omrede die staat ook nou deel van die internasionale handelsgemeenskap is en omrede die konvensie se beginsels grootliks dieselfde is as die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies.474 Die konvensie is van toepassing by internasionale kontrakte wat gesluit word deur middel van elektroniese kommunikasie deur partye wat in verskillende lidstate gesetel is.475 Die konvensie kan ook geld waar slegs een van die 467 Connolly en Ravindra 2006 CLSR 31; Coetzee 2006 SA Merc LJ 246.468 Polanski 2007 JICLT 113. 469 Connolly en Ravindra 2005 http://consult.galexia.com/public/research/assets/galexia_uncitral_draft_convention_v4_2 0050104.pdf.470 Connolly en Ravindra 2005 http://consult.galexia.com/public/research/assets/galexia_uncitral_draft_convention_v4_2 0050104.pdf.471 Coetzee 2006 SA Merc LJ 247; UNCITRAL 2011 http://www.uncitral.org - Die konvensie sal in werking tree sodra dit deur 3 state bekragtig word.472 UNCITRAL 2011 http://www.uncitral.org - Tot op datum het 18 state al die konvensie onderteken waarvan slegs 2 dit bekragtig het. Van die state wat die konvensie onderteken het en moontlik in die toekoms sal bekragtig sluit China, Rusland, Sri Lanka, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Libanon, Saudi Arabië, Filipyne, Republiek van Korea, Kolombië, Iran, Madagaskar, Montenegro, Panama, Paraguay, Sierra Leone en Senekal in.473 Coetzee 2006 SA Merc LJ 258.474 Coetzee 2006 SA Merc LJ 258.475 A 1 van die 2005 United Nations Convention on the Use of Electronic Communications in International Contracts (Hierna net die 2005-konvensie). Ingevolge a 20 kan hierdie konvensie ook in wisselwerking gebruik word saam met ander internasionale 77 partye in ? lidstaat gesetel is. Dit kan ook geld waar die reëls van die internasionale privaatreg dit so bepaal of waar die party ooreenkom dat hulle kontrak aan die konvensie onderworpe is.476 5.2. Elektroniese kommunikasie Volgens die konvensie word ? kommunikasie nie ontneem van sy geldigheid of afdwingbaarheid omrede die boodskap of kommunikasie in elektroniese formaat is nie.477 Die konvensie is juis vir elektroniese doeleindes geskep en erken uitdruklik elektroniese kommunikasie.478 Waar vereis word dat ? boodskap of kommunikasie skriftelik moet wees, word aan die vereiste voldoen indien dit in elektroniese formaat is solank dit toeganklik en bruikbaar is.479 5.3 Elektroniese kontrakte Niks in die konvensie vereis dat ? kommunikasie of kontrak bewys of gemaak moet word in enige spesifieke vorm nie.480 Die partye het die vryheid om kontrakte te sluit soos hulle dit goeddink, insluitende met elektroniese middels, en skriftelike kontrakte is nie `n vereiste nie. Waar ? nasionale wet vereis dat ? boodskap of kontrak skriftelik moet wees, word aan die vereiste voldoen indien die elektroniese inligting toeganklik en bruikbaar is.481 Die konvensie hanteer nie die kwessie rondom wanneer en waar die kontrak gesluit word nie, dit word eerder aan die toepaslike nasionale regstelsel oorgelaat.482 Die betrokke nasionale regstelsel sal dan of van of die instrumente, insluitende die KIKG. Die kontrak kan dan onderhewig aan die KIKG wees terwyl enige elektroniese kommunikasie deur die 2005-konvensie gereguleer word.476 A 1 van die 2005-konvensie.477 A 8 van die 2005-konvensie.478 Eiselen 2007 PER 29; Elektroniese kommunikasie word deur a 4 gedefinieer as enige databoodskap wat deur die partye gestuur, ontvang of gestoor word en dit sluit elektroniese data wat op webblaaie oor die internet uitgeruil word asook e-pos, EDU, faks, teleks en telegram in.479 A 9(2) van die 2005-konvensie.480 A 9(1) van die 2005-konvensie.481 A 9(2) van die 2005-konvensie.482 Eiselen 2007 PER 29. 78 versendings-, of vernemings-, of ontvangsteorie gebruik maak om die tyd en plek te bepaal. Weens die internasionale aard van die tipe kontrakte kan dit wees dat die KIKG in sommige gevalle ook die toepaslike nasionale regstelsel hier kan wees.483 Elektroniese boodskappe word geag as gestuur te wees op die oomblik wanneer die informasie die sisteem verlaat, onder die beheer van die skepper of die persoon wat dit namens hom stuur.484 Hier moet die boodskap wat die sisteem verlaat buite die beheer van die skepper wees.485 Die boodskappe word geag om ontvang te wees op die oomblik wanneer dit vir die geadresseerde moontlik is om die boodskap by sy keuse van ‘’n elektroniese adres te ontvang.486 5.4 Dwaling weens foutiewe kommunikasie Die konvensie is spesifiek opgestel vir elektroniese kommunikasie en - kontrakte. By die opstelling van die konvensie was daar gevoel dat spesifieke aandag aan dwaling en foutiewe kommunikasie gegee moet word omrede die UNCITRAL se Model Law on Electronic Commerce van 1996 glad nie die kwessie en gevolge hanteer nie.487 Die behoefte het ontstaan omrede daar gevoel is dat dwaling meer algemeen by e-handel voorkom omrede partye dikwels van elektroniese agente gebruik maak om geoutomatiseerde transaksies te sluit.488 Die vorm van kontraksluiting is meer ingewikkeld as die ander tradisionele vorms van kontraksluiting en daar is gevoel dat daar `n leemte op die gebied bestaan.489 483 Eiselen 2007 PER 29.484 A 10(1) van die 2005-konvensie; Eiselen 2007 PER 30.485 Eiselen 2007 PER 30.486 A 10(2) van die 2005-konvensie.487 2005 United Nations Convention on the Use of Electronic Communications in International Contracts Explanatory Note on a 14 par 226 (Hierna die nota op a). 488 Nota op a 14 par 224 - Die kwessie van elektroniese agente en geoutomatiseerde boodskapsisteme word deur a 12 van die konvensie gereguleer. Die artikel erken uitdruklik die geldigheid en afdwingbaarheid van die tipe kontrakte.489 Nota op a 14 par 227 - Die konvensie het ook die algemene reëls by geoutomatiseerde boodskapsisteme dat die persoon wat van so ’n boodskapsisteem gebruik maak, verantwoordelik is vir die boodskappe wat dit stuur. Die kontrakte wat die sisteem namens die natuurlike persoon sluit, is ook geldig ongeag of die transaksie deur die natuurlike persoon hersien is of nie. 79 Artikel 14 van die konvensie is gevolglik geskep om foutiewe elektroniese kommunikasie te hanteer. Die artikel bepaal: 1. Where a natural person makes an input error in an electronic communication exchanged with the automated message system of another party and the automated message system does not provide the person with an opportunity to correct the error, that person, or the party on whose behalf that person was acting, has the right to withdraw the portion of the electronic communication in which the input error was made if: (a) The person, or the party on whose behalf that person was acting, notifies the other party of the error as soon as possible after having learned of the error and indicates that he or she has made an error in the electronic communication; and (b) The person, or the other party on whose behalf that person was acting, has not used or received any material benefit or value from the good or services, if any, received from the other party. 2. Nothing in this article affects the application of any rule of law that may govern the consequences of any error other than as provided for in paragraph 1.490 Waar daar hier van `n insleutelfout gepraat word, word daar verwys na die fout as `n wesenlike fout wat dwaling tot gevolg het. Die onderliggende doel van die artikel is om ? spesifieke remedie te gee waar insleutelfoute begaan is en om nie in te meng met nasionale regstelsels se bepalings van dwaling nie.491 Om die artikel beter te verstaan, moet daar na die verduidelikende notas wat UNCITRAL in hoofstuk 4 van die konvensie gee gekyk word. In die notas word die bepalings van artikel 14 in diepte verduidelik. 5.4.1 Die verduidelikende notas 5.4.1.1 Toepassingsgebied en doel van die artikel Soos gesien kan word, is die artikel van die konvensie slegs op ? baie spesifieke situasie van toepassing. Kommunikasiefoute word gewoonlik deur menslike handelings of deur foutiewe elektroniese toerusting veroorsaak.492 Die artikel hanteer slegs die kwessie waar foute deur natuurlike persone gemaak word wat elektronies handel met die geoutomatiseerde boodskap- sisteme van ander, en waar die sisteem nie die persoon ? geleentheid bied 490 A 14 van die 2005-konvensie. 491 Nota op a 14 par 250.492 Nota op a 14 par 224. 80 om die fout reg te maak nie.493 Soos gesien kan word handel die artikel net oor foute wat deur ? natuurlike persoon gemaak is en nie deur ? rekenaar of ander masjien nie.494 By gevalle van EDU sal die artikel dus nie ter sake wees nie, omrede by EDU twee geoutomatiseerde sisteme met mekaar kommunikeer.495 Volgens die verduidelikende notas sluit die foute wat deur natuurlike persone gemaak is kommunikasiefoute in waar ? persoon verkeerde bedrae of hoeveelhede insleutel of waar ? sleutelknoppie per ongeluk gedruk word.496 Dit gebeur byvoorbeeld waar ? persoon per ongeluk op die “Enter”-sleutel of “I agree”-ikoon op ? rekenaar druk. Die rede vir die besluit was dat daar gevoel is dat daar groter risiko’s by elektroniese kommunikasie is wanneer ? natuurlike persoon met ? geoutomatiseerde rekenaarsisteem kommunikeer as waar twee natuurlike persone elektronies met mekaar kommunikeer.497 In laasgenoemde geval is die kans groter om die fout en dwaling te ontdek en te herstel voor die ander party daarop reageer. Kommunikasiefoute wat gemaak word deur ? natuurlike persoon wat met ? geoutomatiseerde rekenaarsisteem kommunikeer, kan onherroepbaar en onmoontlik wees om te herstel voordat die ander party daarop reageer.498 Die konvensie hanteer dus net die baie spesifieke situasie en ander tipes foute en dwaling word gevolglik aan die toepaslike nasionale regstelsel oorgelaat.499 Dus poog die artikel nie om enige reeds bestaande reg oor dwaling te vervang nie, maar eerder om tot die onderwerp by te voeg deur ? party die geleentheid te bied om die wesenlike fout reg te maak.500 493 Connolly en Ravindra 2006 CLSR 37. 494 Nota op a 14 par 229.495 Eiselen 2007 PER 36. 496 Nota op a 14 par 224.497 Nota op a 14 par 225.498 Nota op a 14 par 225.499 Connolly en Ravindra 2006 CLSR 37. 500 Nota op a 14 par 235. 81 5.4.1.2 Geleentheid om die foute reg te maak Volgens die verduidelikende notas is dit oorspronklik oorweeg om dit verpligtend te maak vir geoutomatiseerde sisteme om programme te gebruik wat foutiewe kommunikasie moontlik kan opspoor en regmaak.501 Daar is gevoel dat die verpligting besigheidstandaarde sal bevorder, maar daar is daarteen besluit omrede daar gevoel is die konvensie nie die plek is om dit te reguleer nie.502 Daar is eerder toe besluit om in plaas van ? persoon te verplig om die ander die geleentheid te gee om die kommunikasiefout reg te maak, eerder te fokus op die beskikbare remedies vir die persoon wat die kommunikasiefout begaan het.503 Daar is verskeie maniere hoe geoutomatiseerde sisteme die ander kontrakterende party die geleentheid kan bied om die kommunikasiefout reg te maak voordat dit gestuur is of om te voorkom dat dit gestuur word.504 Dit kan gedoen word deur van ? bevestigingskerm gebruik te maak of die geoutomatiseerde boodskapsisteem, nadat hy die besonderhede ontvang het, dit dan terug te stuur na die ander kontrakterende party en die moet dan die besonderhede goedkeur voordat ? transaksie gesluit word.505 By beide gevalle kry die natuurlike persoon die geleentheid om sy kommunikasiefout reg te maak, en sal die artikel dus nie geld nie.506 5.4.1.3 Onttrekking van die foutiewe kommunikasie Die reg wat artikel 14 (1) gee, om terug te tree uit die foutiewe gedeelte van die elektroniese transaksie is ? uitsonderlike remedie om die dwalende party te beskerm en moet nie gesien word as `n gaping om uit transaksies te ontsnap nie.507 Die toets hier is of ? redelike persoon in dieselfde posisie as die dwalende party die boodskap sou stuur indien hy bewus was van die 501 Nota op a 14 par 231.502 Nota op a 14 par 232.503 Nota op a 14 par 232.504 Nota op a 14 par 233.505 Nota op a 14 par 233.506 Nota op a 14 par 233.507 Nota op a 14 par 236. 82 foutiewe kommunikasie.508 Artikel 14 plaas egter geen klem op die bedoeling van die party wat volgens beweer die foutiewe kommunikasie gestuur het nie.509 Daar is geargumenteer dat die artikel se remedie beperk moet word tot insleutelfoute om die gevaar te verminder dat mense moontlik die fout as verskoning kan gebruik om bloot uit ? kontrak te ontsnap.510 Daar was ook die voorstel dat waar ? insleutelfout gemaak is, die persoon die opsie moet hê om of die kommunikasiefout reg te maak of om uit die kontrak te tree.511 UNCITRAL het al die moontlike opsies oorweeg, maar besluit dat die persoon wat die fout begaan het net die reg moet kry om uit die foutiewe gedeelte van die transaksie te onttrek.512 Daarteen bied baie regstelsels die persoon die remedie om die kontrak nietig te verklaar weens die wesenlike fout, maar nie noodwendig om die foutiewe kommunikasie reg te maak en dan weer in ? nuwe transaksie te tree nie.513 Die reg om te onttrek is beperk tot die foutiewe gedeelte van die elektroniese kommunikasie.514 Dit het die gevolg dat daar slegs uit die foutiewe gedeelte onttrek kan word en dat die res van die kontrak steeds staande is.515 Die artikel van die konvensie spreek egter nie duidelik die gevolge van so ? onttrekking aan nie.516 Hierdie onttrekking van die foutiewe gedeelte van die kontrak kan egter tot gevolg hê dat die hele kontrak ongeldig kan wees.517 Dit kan gebeur waar die gedeelte wat onttrek word ? essentialia van die kontrak is, soos byvoorbeeld die tipe goedere, die prys of kwantiteit daarvan.518 Indien so ? essentialia-gedeelte van die elektroniese kommunikasie onttrek word, is 508 Nota op a 14 par 236.509 Nota op a 14 par 236.510 Nota op a 14 par 238.511 Nota op a 14 par 238.512 Nota op a 14 par 239.513 Nota op a 14 par 239.514 Nota op a 14 par 240.515 Nota op a 14 par 240.516 Nota op a 14 par 241.517 Nota op a 14 par 241.518 Nota op a 14 par 241. 83 dit onmoontlik om die kontrak te bepaal.519 Die teenoorgestelde is ook waar, dat indien ? nie-wesenlike gedeelte onttrek word, die kontrak steeds bepaal kan word en voortgaan.520 5.4.1.4 Vereistes om te onttrek uit ? elektroniese kommunikasie. Paragrawe 1(a) en (b) van artikel 14 skryf die vereistes voor vir ? party om uit die foutiewe gedeelte te onttrek. Dit vereis om die ander party so gou as moontlik van die fout in kennis te stel en om nie enige wesenlike waarde of voordeel te verkry van die goedere of dienste wat ontvang is nie.521 Daar word gevoel dat paragrawe 1(a) en (b) ? baie nuttige remedie bied vir gevalle waar ? geoutomatiseerde boodskapsisteem die goedere dadelik lewer (fisiese of elektronies) na die kontraksluiting en daar geen moontlikheid is om die proses te keer nie.522 UNCITRAL het ook gevoel dat dit regverdig is in die geval waar slegs ? gedeelte van die kontrak onttrek word en dit behoort persone wat mala fide handel te beperk.523 Paragraaf 1(a) vereis dat die natuurlike persoon die ander party so gou as moontlik van die fout in kennis moet stel en dat hy nie die bedoeling moes gehad het om die foutiewe kommunikasie te stuur nie.524 Die party wat die foutiewe kommunikasie ontvang, mag op die spesifieke boodskap steun tot op die punt dat hy die kennisgewing ontvang.525 Daar word ook geen tydsbeperkinge aan die onttrekking gestel nie, omrede dit ? kwessie van openbare beleid in baie regstelsels is.526 Die artikel beperk nie die reg van ? party om te onttrek nie aangesien die persoon dalk eers later 519 Nota op a 14 par 241.520 Nota op a 14 par 241.521 Connolly en Ravindra 2006 CLSR 37. 522 Nota op a 14 par 242.523 Nota op a 14 par 242.524 Nota op a 14 par 244.525 Nota op a 14 par 244.526 Nota op a 14 par 246. 84 bewus mag word van die foutiewe kommunikasie wat hy gestuur het.527 Die tydperk is egter nie oneindig nie en uit paragrawe 1(a) en (b) kan afgelei word dat dit sou gou as moontlik moet gebeur en dat dit moet geskied voordat die party enige wesenlike waarde of voordeel uit die goedere kan ontvang.528 Goedere en dienste sal gewoonlik verskaf of gelewer word voordat ? kennisgewing van die foutiewe kommunikasie ontvang sal word ingevolge paragraaf 1(a).529 Waar dit gebeur en ? party reeds enige wesenlike voordeel of waarde weens die foutiewe kommunikasie ontvang het, verloor die party sy reg om uit die foutiewe gedeelte te onttrek.530 Die meeste transaksies wat in e-handel gesluit word, het die gevolg dat die kontrak onmiddellik gesluit word en dat die goedere onmiddellik beskikbaar is om te gebruik.531 In baie sulke gevalle is dit moontlik om die gelewerde inligting terug te stuur, maar onmoontlik om nie voordeel of waarde uit die goedere te kry nie. Blote toegang tot die inligting en die moontlikheid om kopieë daarvan te maak, geld reeds as ? voordeel wat nie teruggegee kan word nie.532 In so ? geval is dit nie regverdig dat ? party uit die foutiewe kommunikasie kan onttrek en sodoende uit die hele transaksie tree terwyl hy reeds voordeel daaruit verkry het nie.533 Die artikel gee ook aan die party wat van die elektroniese agent gebruik maak die geleentheid om die fouterende party verantwoordelik te hou vir enige skade wat deur sy foutiewe kommunikasie veroorsaak is.534 Die aanspreeklikheidsremedie sal afhang van die toepaslike nasionale regstelsel.535 527 Nota op a 14 par 245.528 Nota op a 14 par 246.529 Nota op a 14 par 247.530 Nota op a 14 par 247.531 Nota op a 14 par 249.532 Nota op a 14 par 249.533 Nota op a 14 par 249.534 Eiselen 2007 PER 37.535 Eiselen 2007 PER 37. 85 5.5 Gevolgtrekking Die konvensie is spesifiek geskep vir e-handelsdoeleindes. Artikel 14 van die konvensie is spesifiek geskep om die aangeleentheid van foutiewe elektroniese kommunikasie te hanteer. Die artikel is egter slegs van toepassing op `n baie spesifieke situasie, naamlik waar `n fout deur `n natuurlike persoon gemaak word, wat elektronies handel met die geoutomatiseerde boodskapsisteem van `n ander party, en waar die sisteem nie die persoon die geleentheid bied om sy fout reg te maak nie. Hierdie insleutelfoute of foutiewe kommunikasie sluit wilsooreenstemming uit en veroorsaak `n dwaling tussen die partye. Die konvensie hanteer net die spesifieke aangeleentheid en ander tipes dwaling en foute word aan die toepaslike nasionale regstelsel oorgelaat. Waar die natuurlike persoon nie die kans gegee is om sy foutiewe kommunikasie te herstel nie, gee die konvensie aan die party die remedie om uit die foutiewe gedeelte van die kontrak te onttrek. Die reg om uit die foutiewe gedeelte te onttrek hang af van twee vereistes, naamlik om die ander party so gou as moontlik in kennis te stel van die foutiewe kommunikasie en om nie reeds enige wesenlike waarde of voordeel uit die ontvangde goedere of dienste te verkry nie. 6 Vergelyking Gevolglik kan gesien word dat nie al die betrokke konvensies, modelwette en wetgewing die kwessie van dwaling weens foutiewe kommunikasie dieselfde benader of dieselfde remedies bied nie. Daar kan dus nou gekyk word hoe die kwessie van dwaling weens foutiewe kommunikasie by die elektroniese kontrakteringsproses deur elk van die instrumente hanteer word, en hoe dit met die Suid-Afrikaanse posisie vergelyk. Die Suid-Afrikaanse reg dek `n verskeidenheid gevalle waar dwaling weens foutiewe kommunikasie voorkom. Waar natuurlike persone elektronies 86 kontrakteer, is die gemeenregtelike bepalings van toepassing omrede die kontrak gesluit word tussen natuurlike persone. Waar dwaling weens foutiewe kommunikasie voorkom, moet die grondslag van die kontrak bepaal word. Deur die grondslag van die kontrak te bepaal kan die kontraktuele aanspreeklikheid wat daaruit voortvloei bepaal word. Die wilsooreenstemming tussen die partye word in die algemeen as die grondslag van `n kontrak beskou. Waar foutiewe kommunikasie voorkom en wilsooreenstemming uitsluit, staan dit bekend as wesenlike dwaling. Indien ? dwaling teenwoordig is wat die consensus uitsluit, maak die gemenereg van die vertrouensteorie gebruik om die kontrak te bepaal, hetsy watter vorm van die vertrouensteorie gebruik word. Waar die dwaling weens foutiewe kommunikasie bewys word, is die kontrak gevolglik nietig of kan gekanselleer word. Waar twee natuurlike persone elektronies kontrakteer bied die EKT-wet ook addisionele beskerming aan `n natuurlike persoon indien hy as verbruiker kwalifiseer. Verbruikers het die remedie om elektroniese transaksies in geheel te hersien, foute reg te stel of om uit die transaksie te onttrek voor ? bestelling finaal gemaak word. Indien ? verbruiker nie die geleentheid gebied is nie, kan hy die transaksie kanselleer binne 14 dae na ontvangs van die goedere of dienste.536 Waar ? dwaling dus hier voorkom, het die partye die gemeenregtelike bepalings tot hulle beskikking asook die addisionele beskerming wat die wet aan verbruikers bied. By geoutomatiseerde transaksies is die gemeenregtelike bepalings onduidelik en die EKT-wet is gevolglik gepromulgeer om die aangeleentheid te reguleer. Waar ? natuurlike persoon handel met ? ander se elektroniese agent en die persoon ? wesenlike fout in sy kommunikasie begaan, sal die ooreenkoms slegs geldig wees indien die agent die persoon ? geleentheid bied om sy fout te voorkom of reg te stel. Dus, indien die party nie die geleentheid gebied is om sy wesenlike fout te hersien of reg te stel nie, is die kontrak nietig en bestaan daar gevolglik geen ooreenkoms nie. Waar twee elektroniese agente ? kontrak sluit en ? wesenlike fout ontstaan, is die dwaling nie tussen die twee 536 A 43(3). 87 agente nie, maar eerder tussen die agente se prinsipale wat hulle geprogrammeer het. Indien daar hier `n dwaling sou voorkom kan die sluitingsgronde van die kontrak uitgedaag word op die gemeenregtelike beginsels van dwaling en gebrek aan wilsooreenstemming.537 Dus, hetsy daar elektronies met ander natuurlike persone, of hulle elektroniese agente gekontrakteer word, of waar twee partye se elektroniese agente kontrakteer, bied die Suid-Afrikaanse reg remedies om die kontrak te hersien, herstel, nietig te verklaar of die kontrak te kanselleer. Die KIKG hanteer wel gevalle van dwaling weens foutiewe kommunikasie.538 Die KIKG is egter lank voor die bestaan van elektroniese kommunikasie geskep en daar is nie vir die aangeleentheid voorsiening gemaak nie. Alhoewel die konvensie geen spesifieke bepalings vir dwaling weens foutiewe elektroniese kommunikasie bevat nie, word die kwessie tog deur interpretasie aangespreek. Die konvensie kyk na die foutiewe kommunikasie en probeer om die partye se bedoelings te bepaal. Daar word dus eerder gepoog om die kontrak lewendig te hou in plaas van om te kyk na remedies soos kansellasie en nietigverklaring. Daar word eerstens probeer om die partye se ware bedoelings te bepaal met ? subjektiewe benaderingstoets. Die toets is soortgelyk aan die Suid- Afrikaanse subjektiewe wilsteorie, waar die kontrak gegrond word op die werklike bedoelings tussen die partye. Indien dit nie moontlik is nie, word die partye se bedoelings objektief bepaal soos ? redelike persoon in dieselfde omstandighede dit sou verstaan.539 Hierdie benadering is soortgelyk aan die Suid-Afrikaanse vertrouensteorie waar daar objektief na die verklarings en optredes van die verklarende party gekyk word en hoe ? redelike persoon in dieselfde omstandighede dit sou verstaan het. 537 Eiselen 2007 PER 36; Pistorius 2008 JILT 13.538 Eiselen 2007 PER 29; Schlechtriem 1992 JT 14; Sekretariaat kommentaar 1978 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/text/secomm/secomm-08.html#1.539 A 8(2) van die KIKG. 88 Waar die partye se bedoelings egter nie bepaal kan word nie, is die geldigheid van die kontrak in gedrang. Waar ? party ? kontrak weens ? dwaling wil kanselleer, is die geldigheid van die kontrak ook in gedrang. Waar die kontrak se geldigheid in gedrang is, word die aangeleentheid nie deur die konvensie aangespreek nie en word dit oorgelaat aan die nasionale regstelsels. Hieruit kan gesien word dat die konvensie nie enige spesifieke elektroniese bepalings het wat die kwessie aanspreek nie. Die konvensie bied ook verder geen remedies soos kansellasie en nietigverklaring waar ? dwaling weens ? foutiewe kommunikasie ontstaan het nie, en dit word gevolglik aan die nasionale regstelsels oorgelaat. Die UNIDROIT-beginsels hanteer kwessies rondom dwaling en die geldigheid van kontrakte. Volgens die beginsels waar ? kontrak gesluit word en ? foutiewe kommunikasie teenwoordig is, geld die gewone reëls van dwaling. Die reëls van dwaling bepaal wanneer die dwaling wesenlik sal wees en of dit wel ? invloed op die kontrak sal hê. Die reëls van dwaling is ook van toepassing by elektroniese aangeleenthede. Daar word na die dwaling se belangrikheid en gewig gekyk om te bepaal of dit wesenlik is of nie. Indien die dwaling as wesenlik en relevant beskou word, kan die kontrak gekanselleer word. Die artikel gee aan die party die geleentheid om die kontrak te kanselleer asook om moontlike skade en restitusie te eis. Die beginsels se reëls van dwaling is soortgelyk aan die Suid-Afrikaanse gemeenregtelike reëls rondom dwaling en wanneer die dwaling wesenlik sal wees. Alhoewel die UNIDROIT-beginsels rekening hou met die bestaan van elektroniese boodskappe, maak dit nie spesifiek voorsiening vir dwaling of foutiewe boodskappe binne die elektroniese konteks nie. Daar is dus nie spesifieke bepalings rondom die aangeleentheid nie en die normale reëls van dwaling wat vir alle ander boodskappe geld is ook hier van toepassing. Die beginsels bied aan die dwalende party die remedie om die kontrak te kanselleer indien die dwaling wesenlik is. So `n kansellasieremedie is altyd `n ? handige remedie, maar volgens my mening is dit effens beperk. Die dwalende party kan dus wel die kontrak kanselleer, maar geen remedie is vir hom beskikbaar om sy foutiewe kommunikasie reg te stel of te hersien nie en 89 sodoende die kontrak lewendig te hou nie. By gevalle van geoutomatiseerde transaksies, gee die beginsels ook nie duidelikheid nie. Volgens die VN se 2005-konvensiekommentaar, behandel die Unidroit-beginsels slegs in ? klein mate die gevolge en remedies van dwaling by elektroniese kontraksluiting.540 Die UNCITRAL se Model Law on Electronic Commerce van 1996 het glad nie geraak aan die gevolge van dwaling by elektroniese kontrakte nie. Gevolglik is die 2005-konvensie geskep vir e-handelsdoeleindes. Die 2005-konvensie bevat `n spesifieke bepaling vir dwaling weens foutiewe elektroniese kommunikasie. Die bepaling is egter baie beperk en slegs van toepassing op ? spesifieke situasie, naamlik waar ? natuurlike persoon met ? ander party se geoutomatiseerde boodskapsisteem handel. Hier moes die natuurlike persoon ? kommunikasiefout begaan het en die elektroniese sisteem nie die persoon die geleentheid bied om sy fout reg te maak nie. Waar die natuurlike persoon nie die kans gegee word om sy fout te herstel nie, gee die konvensie die remedie, naamlik om uit die foutiewe gedeelte van die kontrak te onttrek. Die reg om te onttrek is beperk tot net die foutiewe gedeelte van die elektroniese kommunikasie. Hierdie benadering is soortgelyk aan artikel 20(e) van die EKT-wet wat transaksies tussen natuurlike persone en elektroniese agente reguleer. Waar ? natuurlike persoon elektronies kontrakteer met ? ander party se geoutomatiseerde boodskapsisteem, is die konvensie se remedie voldoende. Elektroniese kontrakte in e-handel word egter nie net tussen natuurlike persone en elektroniese agente gesluit nie. Waar natuurlike persone met mekaar kontrakteer deur middel van e-pos, sms, of faks asook by EDU- transaksies, bied die konvensie geen oplossings nie. 540 Nota op a 14 par 226. 90 7 Gevolgtrekking Deur na die vergelyking te kyk word gesien dat die Suid-Afrikaanse reg goed vergelyk met hierdie internasionale instrumente. Die Suid-Afrikaanse reg dek `n verskeidenheid gevalle van kontraksluiting en bied by almal remedies waar dwaling weens foutiewe kommunikasie voorkom. Die Suid-Afrikaanse reg dek gevalle waar daar elektronies met ander natuurlike persone, of hulle elektroniese agente gekontrakteer word, of waar twee partye se elektroniese agente kontrakteer. Remedies van nietigverklaring en kansellasie, asook die geleentheid om foutiewe kommunikasie te voorkom, reg te maak en om die transaksie te hersien, is ook aan die dwalende party beskikbaar. Nie een van hierdie internasionale instrumente dek die wye verskeidenheid gevalle van kontraksluiting of bied die verskeidenheid van remedies nie. Alhoewel sekere gedeeltes van die EKT-wet verwarring kan skep en teenstrydig is, hanteer die Suid-Afrikaanse reg die aangeleentheid baie goed. Met die inagneming dat die Suid-Afrikaanse reg nie internasionale eenvormigheid hoef te skep nie en slegs nasionale aangeleenthede hoef te akkommodeer, hanteer die gemenereg saam met die EKT-wet volgens die skrywer die aangeleentheid die beste. Dit is omrede `n wye verskeidenheid gevalle van kontraksluiting gedek word en daar remedies vir die dwalende party by al die gevalle beskikbaar is. Aanbevelings word egter gemaak dat die bestaande oorvleuelende en teenstrydige bepalings geharmoniseer moet word om moontlike verwarring te voorkom en sodoende die aangeleentheid nog beter aan te spreek. 91 “abstract” In the modern era of international trade most agreements are concluded by way of electronic means. This form of trade is better known as e-trading. This method of negotiating and concluding contracts are popular and the way of the future. With the use of electronic means faulty communications can occur and create legal uncertainty. Faulty communications can be a hindrance to international trade and legal certainty in this area is needed. This study focuses on the legal position where a faulty electronic communication arises at the conclusion of an international contract. These faulty communications can cause a mistake/error between the contracting parties and can exclude the consent between the parties. If the consent between the parties is absent it can have an affect on the validity of the contract. The South African legal position of mistake/error due to faulty electronic communications at the conclusion of a contract is analysed and compared to other international instruments. These international instruments include the 1980 United Nations Convention on Contracts for the International Sale of Goods (CISG), the 2004 UNIDROIT Principles of International Commercial Contracts and the 2005 United Nations Convention on the Use of Electronic Communications in International Contracts. These international instruments were specifically created for international trade and can be used to regulate the legal position of contracting parties. Based on the above comparison the South African legal position is evaluated and some improvements are recommended. 92 Bibliografie Boeke B Bernstein and Lookofsky Understanding the CISG Bernstein H and Lookofsky J Understanding the CISG in Europe 2e uitgawe (Kluwer Law International The Hague 1997) Buys Cyberlaw Buys R Cyberlaw@SA 2e uitgawe (Van Schaik Publishers 2004) C Christie The Law of Contract Christie RH The Law of Contract in South Africa 5e uitgawe (LexisNexis Butterworths Durban 2006) D De Wet en van Wyk Kontraktereg en Handelsreg De Wet JC en van Wyk AH Die Suid Afrikaanse Kontraktereg en Handelsreg 5e uitgawe (Butterworths Durban 1992) H Honnold Uniform Law for International Sales Honnold JO Uniform Law for International Sales under the 1980 United Nations Convention 3e uitgawe (Kluwer Law International 1999) 115-123 Uittreksel uit boek - Artikel 8 Interpretation of Statements or Conduct of a Party [beskikbaar op internet http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/ho8.html] Hutchison en Pretorius The Law of Contract Hutchison D en Pretorius CJ (ed) The Law of Contract in South Africa 1e uitgawe (Oxford University Press 2009) K Kerr The Law of Contracts Kerr AJ The Principles of the Law of Contracts 6e uitgawe (Butterworths Durban 2002) 93 V Van der Merwe en Roos Information Technology Law Van der Merwe D en Roos A (ed) Information and Communications Technology Law 1e uitgawe (LexisNexis Durban 2008) Van der Merwe ea Kontraktereg Van der Merwe S ea Kontraktereg Algemene Beginsels 3e uitgawe (Juta Kaapstad 2007) W Winn en Wright Law of Electronic Commerce Winn JK en Wright B Law of Electronic Commerce 4e uitgawe (Aspen Publishers 2005) Hofsake Benjamin v Gurewitz 1973 1 SA 418 (A) Bird v Summerville 1960 4 SA 395 (A) Cape Explosive Works Ltd v South African Oil & Fat Industries Ltd 1921 CPD 244 Cape Group Construction v Government of the United Kingdom 2003 5 SA 180 (SCA) Collen v Rietfontein Engineering Works 1948 1 SA 413 (A) Constantia Insurance Co Ltd v Compusource 2005 4 SA 345 (SCA) Diamond v Kernick 1947 3 SA 69 (A) Dickinson Motors (Pty) Ltd v Oberholzer 1952 1 SA 443 (A) Jones v Anglo-African Shipping Co 1972 2 SA 827 (A) Jafta v Ezemvelo Kzn Wildlife 2008 KZN D204/07 ZALC 84 Maresky v Morkel 1994 1 SA 249 (A) Maritime Motors (Pty) Ltd v Von Steiger and another 2001 2 SA 584 (A) Mondorp Eiendomsagentskap v Kemp en De Beer 1979 4 SA 74 (SCA) Saambou-Nasionale Bouvereniging v Friedman 1979 3 SA 978 (A) Smith v Hughes LR 1870-1 6 QB 597 (Engelse saak) Sonap Petroleum (SA) (Pty) Ltd v Pappadogianis 1992 3 SA 234 (A) 94 South African Railways & Harbours v National Bank of South Africa Ltd 1924 AD 704 Spes Bona Bank Ltd v Portals Water Treatment of South Africa (Pty) Ltd 1983 1 SA 978 (A) Steyn v LSA Motors Ltd 1994 1 SA 167 (A) Tesven CC v South African Bank of Athens 1999 4 SA 396 (A) Trollip v Jordaan 1961 1 SA 238 (A) Van Aartsen v Van Aartsen 2006 4 SA 131 (T) Van Ryn Wine and Spirit Co v Chandos Bar 1928 417 (TPA) Venter v Credit Guarantee Insurance Corporation of Africa Ltd 1996 3 SA 966 (A) Weiler v Oppenheim (1856) Hofsake KIKG C Chemical products saak 5 April 2005 Bundesgericht Hooggeregshof http://cisgw3.law.pace.edu/cases/050405s1.html [datum van gebruik 1 Oktober 2010] Circut boards saak 5 Oktober 1998 Hamburg Appelhof http://cisgw3.law.pace.edu/cases/981005g1.html [datum van gebruik 1 Oktober 2010] Clothes saak 15 Februarie 1996 Kassel Streekshof [11 O 4187/95] http://cisgw3.law.pace.edu/cases/960215g2.html [datum van gebruik 1 Oktober 2010] E Egg saak 28 February 1996 Oldenburg Streekshof http://cisgw3.law.pace.edu/cases/960228g1.html [datum van gebruik 1 Oktober 2010] M MCC-Marble Ceramic Center Inc. v Ceramica Nuova D'Agostino 1998 saak no. S.p.A. 144 F.3d 1384 (11th Cir. ) (No. 97-4250). 95 http://cisgw3.law.pace.edu/cases/020825u1.html [datum van gebruik 1 Oktober 2010] Mono ammonium phosphate saak 20 Maart 1997 Oostenryk Hooggeregshof http://cisgw3.law.pace.edu/cases/970320a3.html [datum van gebruik 1 Oktober 2010] Internasionale instrumente Principles of the International Commercial Contracts of the International Institute for the Unification of Private Law (UNIDROIT) UNIDROIT Principles of International Commercial Contracts with Official Commentary (2004) UNCITRAL Model Law on Electronic Commerce with Guide to Enactment 1996 United Nations Convention on Contracts for the International Sale of Goods 1980 United Nations Convention on the Use of Electronic Communications in International Contracts of 2005 Internet B Bar en Har-Sinay 2008 http://www.articlesbase.com/law-articles/contract- validity-and-the-cisg-international-treaty-closing-the-loophole-315561.html Bar N and Har-Sinay N 2008 Contract Validity and the CISG: Closing the Loophole http://www.articlesbase.com/law-articles/contract-validity-and- the-cisg-international-treaty-closing-the-loophole-315561.html [datum van gebruik 15 Junie 2009] 96 C Connolly en Ravindra 2005 http://consult.galexia.com/public/research/assets/galexia_uncitral_draft_c onvention_v4_20050104.pdf Connolly C en Ravindra P UN Releases New International Convention on Electronic Contracting http://consult.galexia.com/public/research/assets/galexia_uncitral_draft_c onvention_v4_20050104.pdf (datum van gebruik 19 Maart 2009) D DOC 2000 http://www.ecomm-debate.co.za Department of Communications 2000 Green Paper on Electronic Commerce for South Africa http://www.ecomm-debate.co.za [datum van gebruik 10 Mei 2010] F Farnsworth 1987 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html Farnsworth EA 1987 Commentary on the International Sales Law http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/farnsworth-bb8.html 95-102 [datum van gebruik 24 Mei 2010] G Gereda 2004 www/mbendi.com/cliffedekker/literature/commentry/index.htm Gereda SL 2004 The Electronic Communications and Transactions Act www/mbendi,com/cliffedekker/literature/commentry/index.htm [datum van gebruik 10 Mei 2010] K KIKG Advies Raad Opinie no.1 2003 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/CISG- AC-op1.html KIKG Advies Raad Opinie no.1 2003 Electronic Communications under CISG http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/CISG-AC-op1.html [datum van gebruik 5 Januarie 2010] L Leyens 2003 http://cisgw3.law.pace.edu/cisg/biblio/leyens.html#con Leyens PC 2003 CISG and Mistake: Uniform Law vs. Domestic Law The Interpretative Challenge of Mistake and the Validity Loophole 97 http://www.cisgw3.law.pace.edu/cisg/biblio/leyens.html#con (datum van gebruik 29 November 2009) U UNCITRAL 2011 http://www.uncitral.org UNCITRAL 2011 http://www.uncitral.org (datum van gebruik 23 Maart 2011) UNIDROIT 2011 http://www.unidroit.org UNIDROIT 2011 http://www.unidroit.org (datum van gebruik 23 Maart 2011) UNESCO 2011 http://www.unesco.org UNESCO 2011 http://www.unesco.org (datum van gebruik 23 Maart 2011) S Sekretariaat kommentaar 1978 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/text/secomm/secomm-08.html#1 Sekretariaat kommentaar 1978 Guide to CISG Article 8 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/text/secomm/secomm-08.html#1 [datum van gebruik 26 Mei 2010] Z Ziegel 1981 http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/text/ziegel8.html Ziegel JS 1981 Report to the Uniform Law Conference of Canada on Convention on Contracts for the International Sale of Goods http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/text/ziegel8.html [datum van gebruik 20 Mei 2010] Proefskrifte en verhandelings M Malek Electronic Commerce in International Trade Law Malek JR Electronic Commerce in International Trade Law – Especially under the UN Convention on the Use of Electronic Communications in International Contracts 2005 and under the UN Convention on Contracts 98 for the International Sale of Goods 1980 (LLM mini skripsie Universiteit van Kaapstad 2007) Marx E-Commerce Marx FE E-Commerce – The Effect of the Electronic Communications and Transactions Act 25 of 2002 on e-commerce (Proefskrif Universiteit van Port Elizabeth 2003) Tydskrifartikels B Bonnell 1996 ULR Bonnell MJ “The UNIDROIT Principles of International Commercial Contracts and the Principles of European Contract Law: Similar Rules for the Same Purposes?” 1996 Uniform Law Review 229-246. C Coetzee 2006 SA Merc LJ Coetzee J “The Convention on the use of Electronic Communications in International Contracts: Creating An International Legal Framework for Electronic Contracting” 2006 South African Mercantile Law Journal vol 18 uitgawe 3 245 – 258. Coetzee 2004 Stell LR Coetzee J “The Electronic Communications and Transactions Act 25 of 2002: Facilitating Electronic Commerce” 2004 Stellenbosch Law Review vol 15 uigawe 3 501-521. Connolly en Ravindra 2006 CLSR Connolly C en Ravindra P “First UN Convention on e-Commerce Finalised” 2006 Computer Law & Security Report 22 31-38 [beskikbaar op internet http://www.sciencedirect.com] E Eiselen 2002 VJICLA 99 Eiselen GTS “E-Commerce and the CISG; Formation, Formalities and Validity” 2002 Vindobona Journal of International Commercial Law and Arbitration vol 6 305-320. Eiselen 1999 EDI LR Eiselen GTS “Electronic commerce and the UN Convention on Contracts for the International Sale of Goods (CISG)” 1999 EDI Law Review 21-46. Eiselen 1999 SALJ Eiselen GTS “Adoption of the Vienna Convention for the International Sale of Goods in South Africa” 1999 South African Law Journal 323-370. Eiselen 1995 SA Merc LJ Eiselen GTS “The EDI Interchange Agreement” 1995 SA Merc Law Journal 1-18. Eiselen 1992 THRHR Eiselen GTS “EDV en die Bewysreg” 1992 Tydskrif vir die Hedendaagse Romeins Hollandse Reg 204-219. Eiselen 2007 PER Eiselen GTS “The UNECIC: International Trade in the Digital Era” 2007 Potchefstroom Electronic Law Journal vol 48 uitgawe 2 72-76. H Hartnell 1993 YJIL Hartnell HE “Rousing the Sleeping Dog: The Validity Exception to the Convention on Contracts for the International Sale of Goods” 1993 Yale Journal of International Law 1-93 [beskikbaar op internet http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/hartnell.html#ii] Heiz 1987 VJTL Heiz CR “Validity of Contracts Under the United Nations Convention on Contracts for the International Sale of Goods and Swiss Contract Law” 100 1987 Vanderbilt Journal of Transnational Law 639-663 [beskikbaar op internet http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/heiz.html#i] Huber 2006 Int Handelsrecht Huber P “Some introductory remarks on the CISG” 2006 Internationales Handelsrecht 228-238 [beskikbaar op internet http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/huber-08.html] L Lautenschlager 2007 VJICLA Lautenschlager F “Current problems regarding the interpretation of statements and party conduct under the CISG” 2007 Vindobona Journal of International Commercial Law & Arbitration 259-290 [beskikbaar op internet http://cisgw3.law.pace.edu/cisg/biblio/lautenschlager.html] P Pistorius 2008 JILT Pistorius T “The legal effect of input errors in automated transactions: the South African matrix” 2008 Journal of Information, Law & Technology [beskikbaar op internet http://go.warwick.ac.uk/jilt/2008_2/pistorius2] Polanski 2007 JICLT Polanski PP “International electronic contracting in the newest UN Convention” 2007 Journal of International Commercial Law and Technology vol 2 uitgawe 3 112-120 [beskikbaar op internet www.jiclt.com/index.php/jiclt/article/download/26/25] Pretorius 2004 THRHR Pretorius CJ “The basis of contractual liability in South African Law (1)” 2004 Tydskrif vir die Hedendaagse Romeins Hollandse Reg vol 67 uitgawe 2 179-192. Pretorius 2004 THRHR Pretorius CJ “The basis of contractual liability in South African Law (2)” 2004 Tydskrif vir die Hedendaagse Romeins Hollandse Reg vol 67 uitgawe 3 383-393. 101 Pretorius 2004 THRHR Pretorius CJ “The basis of contractual liability in South African Law (3)” 2004 Tydskrif vir die Hedendaagse Romeins Hollandse Reg vol 67 uitgawe 4 549-565. Pretorius 2004 CILSA Pretorius CJ “The basis of contractual liability in English law and its influence in the South African law of contract” 2004 The Comparative and International Law Journal of South Africa vol 37 uitgawe 1 96-128. Pretorius 2004 CILSA Pretorius CJ “The basis of contractual liability in Dutch law” 2004 The Comparative and International Law Journal of South Africa vol 37 uitgawe 3 337-403. Pretorius 2005 THRHR Pretorius CJ “The basis of contractual liability (1):Ideologies and approaches” 2005 Tydskrif vir die Hedendaagse Romeins Hollandse Reg vol 68 uitgawe 26 253-276. Pretorius 2005 THRHR Pretorius CJ “The basis of contractual liability (2): Theories of contract (will and declaration)” 2005 Tydskrif vir die Hedendaagse Romeins Hollandse Reg vol 68 uitgawe 3 441-460. Pretorius 2006 De Jure Pretorius CJ “Reliance, reasonableness and novel contracts:Constantia Insurance Co Ltd v Compusource (Pty)Ltd 2005 4 SA 345 (SCA)” 2006 De Jure vol 39 uitgawe 1 205-213. S Schlechtriem 1992 JT Schlechtriem P “Uniform Sales Law - The Experience with Uniform Sales Laws in the Federal Republic of Germany” 1992 Juridisk Tidskrift 1-28 102 [beskikbaar op internet http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/schlechtriem-08.html] Snail 2008 JILT Snail S “Electronic Contracts in South Africa – A Comparative Analysis” 2008 Journal of Information, Law & Technology 1–28 [beskikbaar op internet http://go.warwick.ac.uk/jilt/2008_2/snail] W Weitzman 1997 JLC Weitzman T “Validity and Excuse in the U.N Sales Convention” 1997 Journal of Law and Commerce 265-290 [beskikbaar op internet http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/1weitzm.html#52] Z Zeller 2002 EJLR Zeller B “Determining the contractual intent of parties under the CISG and common law - a comparative analysis” 2002 European Journal of Law Reform vol 4 uitgawe 4 629-643 [beskikbaar op internet http://www.cisg.law.pace.edu/cisg/biblio/zeller8.html] Wetgewing Die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies, 25 van 2002 103 21 Mei 2011 WIE DIT MAG AANGAAN Ek, Elma de Kock, het die Navorsingsverslag van F.J. Coetzer (12795860), Dwaling weens foutiewe kommunikasie by die elektroniese kontrakteringsproses, se teksversorging hanteer. Dankie Elma de Kock Sel: 083 302 5282 Dtg Tel: 018 294 7417 e-pos: elma.dekock@gmail.com