The importance of the concept of "functional equivalence" for the South African approach to form and writing
Abstract
Elektroniese kommunikasie en handel is 'n verskynsel wat eksponensieel
toegeneem het oar die laaste dekade saammet die ontwikkeling en
uitbreiding van die Internet. Ten einde kompeterend te wees in die
internasionale arena is dit belangrik dat Suid-Afrika 'n klimaat skep waarin
elektroniese handel kan floreer.
Daar bestaan egter die perspesie dat die huidige regsbedeling onvanpas en
onvoldoende is om die kwessies wat ontstaan as gevolg van elektroniese
handel te kan hanteer. In 1996 het die kommissie van die Verenigde Nasies
gemoeid met internasionale handel, UNCITRAL die Mode/wet oor
Elektroniese Handel gefinaliseer. Sederdien is die Modelwet opgeneem in
wetgewing of het wetgewing beinvloed in verskeie Iande. Een van die onderliggende beginsels waarop die Modelwet gebaseer is, is "funksionele gelykheid" ten einde met snel veranderende tegnologie tred te
hou. Hierdie beginsel behels dat in ons soektog na regsoplosssings, papiergebaseerde oplossings nie netso nageboots moet word nie maar dat daar
eerder gestreef word na ekwivalente regsoplossings binne die tegnologies
raamwerk. Die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies is die SuidAfrikaanse antwoord op hierdie internasionale verwikkelinge. Die oogmerk
van hierdie skripsie is om artikels 11 tot 13, 18 en 19 van die Wet te bestudeer en te vergelyk met die Modelwet. Verder om te ondersoek tot watter mate die doelwitte van die Groenskrif behaal is en in welke mate die Wet die behoeftes van die breer gemeenskap aanspreek, soos dit blyk uit
die kommentaar op die Groenskrif. Die Suid-Afrikaanse benadering is gebaseer op internasionale voorbeelde en afwykings daarvan word ook bespreek. Hoewel die persepsie bestaan dat die Suid-Afrikaanse reg nie toegerus is om die veranderings te kan hanteer nie, is dit meerendeels net 'n persepsie. Suid-Afrika beskik oor 'n inherent aanpasbare gemenereg. In my opinie, sou opskrifstelling in 'n elektroniese omgewing nie 'n probleem geskep het
binne die gemenereg nie. Dit blyk dat meer onsekerheid oor die aard van
handtekeninge bestaan. Dit is waarskynlik dat gevorderde elektroniese
handtekeninge (soos in die Wet bespreek) in ieder geval erken sou word. Die nuwe Suid-Afrikaanse Wet oor elektroniese handel ruim egter enige onsekerheid uit die weg. Die Suid-Afrikaanse Wet maak gebruik van verskeie internasionale bronne maar die UNCITRAL Modelwet dien as vertrekpunt. Daar blyk eenstemmigheid in Amerika, die Europese Unie en Australie te wees dat "funksionele gelykheid" die beste manier is om veranderende tegnologie te hanteer. Die beginsel van "funksionele gelykheid" is die goue draad wat deur nie aileen die UNCITRAL Modelwet maar ook deur die Suid-Afrikaanse wetgewing geweef is. Die Suid-Afrikaanse wetgewing voeg verskeie
beskermingsmeganismes ten einde verbruikers te beskerm teen die gevare
van 'gesiglose handel'. Elektroniese skrif word as die ekwivalent van skrif op papier erken. SuidAfrikaanse wetgewing identifiseer die volgende basiese funksies van handtekeninge, naamlik: • Om die persoon te identifiseer; en • Om die persoon se goedkeuring van die inligting te kommunikeer. 'n Addisionele vereiste dat elektroniese handtekeninge so betroubaar as wat gepas was onder die omstandighede moet wees, word bygevoeg. Suid-Afrikaanse wetgewing spreek oak die kwessies van notariele parktyk, oorspronklikes, sertifisering en geregistreerde pas aan. In geheel behoort die bepalings rakende vormvereistes positief ontvang te word in die mark aangesien "funksionele gelykheid" behoorlik geimplementeer word en 'n juiste basis is.
Collections
- Law [795]