The Canadian education system with special reference to cultural differentiation
Abstract
1. PROBLEEMSTELLING: Die navorsingsprobleem is om vas te stel of die Kanadese
onderwysstelsel deur die verskillende kulture van die
Kanadese bevolking beïnvloed is. Of anders gestel,
bestaan daar die geleentheid tot kultuurdifferensiasie
in die Kanadese onderwysstelsel.
Uit hierdie probleemstelling word die volgende
probleemvrae afgelei, naamlik:
* Word die onderwysstelsel van 'n bepaalde
bevolkingsgroep deur die kul tuur van daardie groep
bepaal?
* Het die kultuurverskille in die Kanadese bevolking in
die verlede 'n invloed op die onderwysvoorsiening
gehad?
* Word die onderwysstelselstruktuur in Kanada bepaal
deur kultuurverskille?
* Word spesifieke maatreëls getref om
kultuurdifferensiasie te verwerklik?
2. NAVORSINGSDOELSTELLING
Voortvloeiend uit die navorsingsprobleem lei die
navorsingsdoelstelling om vas te stel of:
* die onderwysstelsel se aard kultuur-bepaald is;
* die kultuurverskille in die Kanadese bevolking in die
verlede 'n invloed op die onderwysvoorsiening gehad
het;
* die onderwysstelselstruktuur
kultuurverskille bepaal word; en
* of daar spesifieke maatreëls
in Kanada deur
getref word om
kultuurdifferensiasie in die onderwys moontlik te
maak.
3. NAVORSINGSMETODES
'n Literatuurstudie is gevoer deur boeke, tydskrifte en
koerante te raadpleeg wat betrekking op die studieveld
mag hê. Onderhoude is gevoer met gesaghebbendes op hul
gebied in die onderwys om 'n wyer siening te bekom oor
die Kanadese onderwys-gemoeidheid.
4. STRUKTUUR VAN DIE VERSLAG
In die opvolgende vyf hoofstukke is gepoog om die
navorsingsdoelstellings te staaf.
HOOFSTUK 2
'n Teoretiese begronding van die verband tussen die
onderwysstelsel en kultuur word bespreek. Aan die hand van
deeglike ondersoek is daar gevind dat kultuur geen definisie
het nie, maar alle aspekte van die mens se lewenswyses
insluit soos: tradisie, geskiedenis, ekonomie, politiek,
handel, boukuns, landbou, kuns, etiek, taal, gewoontes en
gebruike. Omdat die kultuurbegrip so omvattend is, kan gesê
word kultuur deursuur die mens, sy gewoontes, sy gebruike,
sy taal, sy materiële vooruitgang en sy omgewing.
In die allesomvattende begrip kultuur, word die opvoeding of
onderwys ook ingesluit. Derhalwe sal die onderwys van 'n
groep noodwendig deur daardie groep beoefen word binne die
kul tuurgrense wat die groep as belangrik beskou. So word
daar dan van 'n Engelse, Franse of Amerikaanse kultuur
gepraat, en of onderwys.
Terwyl die onderwys dan verbonde is aan die kultuur van die
groep, sal die onderwys bedryf word binne 'n
onderwysstelsel. Die onderwysstelsel is die georganiseerde
struktuur verband waarbinne onderwys bedryf word, en word
bepaal deur die kultuur van die bevolkingsgroep.
HOOFSTUK 3 EN 4
Kanada is bespreek aan die hand van natuurlike en kulturele
faktore. Aangesien die land so uitgestrek is, 4,000 myl van
oos na wes, met 'n klimaat van uiterste, lang koue winters
en kort warm somers, het die twee faktore bygedra tot die
kommunikasie-probleme wat weer aanleiding gegee het tot
plaaslike ontwikkeling en lojaliteite. Gevolglik berus
Kanada se politieke bestel op 'n versameling van provinsies
binne 'n federale regering.
Die onderwys-geskiedenis is aangetoon in die lig van
kulturele verskille wat betrekking het, eerstens, op die
Franse en Engelse en later, op die ander groepe.
Die Franse nedersetting het in die oostelike deel van die
land begin. Na die Engelse oorname van die Franse gebied
het konflikte ontstaan as gevolg van die Franse se weiering
om Engel se gebruike aan te neem,
vernaamste was. Volgens die
waarvan die onderwys die
Franse gebruik was die
Katolieke kerk verantwoordelik vir die onderwys, en die
Katolieke kerklikes wou geen Engelse staatsinmenging duld
nie. Om enigsins vreedsaam te verenig is daar volgens
wetgewing bepaal dat onderwys die verantwoordelikheid van
die provinsie bly. Daarvolgens is onderwysvoorsiening 'n
plaaslike aangeleentheid en val dit nie onder die federale
regering se jurisdiksie nie. 'n Spesiale bepaling maak vir
kultuurverskille voorsiening, naamlik 'n aparte skoolraad,
sodat die Protestante in Quebec en die Katolieke in die
ander provinsies die reg behou om aparte skole te hê, en
geregtig is op staatshulp.
Kanada is geleidelik bevolk deur immigrante van Europa. In
Engelse Kanada of Kanada-Wes 1 het die Engelse invloed die
onderwysbeplanning gerugsteun. Ryerson, as superintendent
van onderwys, het die riglyne vir die onderwysstelsel
aangetoon in 1846 tot 1876. Soos die land weswaarts bevolk
is, het die onderwysstelsel uitgebrei. Die ontwikkelende
provinsies het nie die patroon slaafs nagevolg nie 1 maar dit
aangepas om by die plaaslike gemeenskappe se behoeftes en
verskille aan te pas. So, het Britse Kolombië ‘n
nie-sektariese onderwysstelsel, terwyl Newfoundland se
stelsel verbonde is aan vyf denominale stelsels.
In 1876 het Kanada 'n federasie geword met vier provinsies,
die ander provinsies het op later datums lede geword. By
elke byvoeging is die onderwysvoorsiening wetgewing
bekragtig.
In hierdie twee hoofstukke word dan aangetoon dat die
geografiese kenmerke van distansie en klimaat die
kommunikasie tussen die mense beïnvloed het 1 sodat daar 'n
alles-oorheersende plaaslike lojaliteit ontstaan het. Die
historiese patroon van nedersetting 1 oos en wes met die
Franse en Engelse, het die plaaslike groepslojaliteit verder
aangehelp. Die gevolg was dat daar 'n gefragmenteerde
pluralistiese federasie van mense ontstaan het, met
onderwysvoorsiening 'n plaaslike aangeleentheid. Die Franse
en Engelse bevolkings het etnies religieus, kultureel en
linguisties te veel verskil om eenvormig te wees.
Die tweede navorsingsdoel is hierby verklaar, naamlik dat
die kultuurverskille van die Kanadese bevolking in die
verlede 'n invloed op die onderwysvoorsiening gehad het.
HOOFSTUK 5
In hoofstuk vyf het die klem geval op die rol wat die
federale en provinsiale regerings speel in
onderwysvoorsiening. Alhoewel die federale regering
aangewys is op onderwysvoorsiening vir spesiale groepe, soos
die Indiane, Eskimo's, Weermag en Gevangenes, het die
federale regering geen direkte inspraak op die onderwys van
die provinsies nie. Daar is tans 'n debat om die federale
regering se rol te probeer verklaar, aangesien die federale
regering die onderwys indirek beïnvloed deur finansiële
bydraes te maak. Daar word andersins streng gewaak teen
direkte federale inspraak op die onderwys van die
provinsies.
Die onderwys is derhalwe gedesentraliseerd tot op plaaslike
vlak. In die provinsiale struktuur val onderwysbeheer en
-beleid onder die gesag van die departement van onderwys met
'n minister aan die hoof van die departement. Hy/sy is 'n
politieke aanstelling terwyl die adjunk-minister 'n
staatsdienaar is. Onder die leiding en gesag van die
persone resorteer die administrasie, finansiële begroting,
onderwysuitvoering, onderwysdienste en onderwysinrigtings.
Verder het die plaaslike skoolrade gedelegeerde gesag sodat
skoolstelsels op provinsiale vlak verskil.
Omdat die onderwysstelsel so ui teenlopend is, kon net 'n
veralgemening gebruik word ten einde te benadruk dat die
onderwysstelselstruktuur kultuur bepaald is.
die derde navorsingsdoelstelling uiteengesit.
HOOFSTUK 6
Vervolgens is
Binne die hoofstuk word aangedui hoe die beleid van
multikulturalisme waarop die federale regering in 1970
besluit het, binne die tweetaligheidbeginsel toegepas moet
word.
Die dominante Engelse groep het die onderwys van al die
provinsies beheer behalwe Quebec. Ten einde geassimileer te
word moes die immigrante hul by die Engelse beleid van
onderwys aanpas. Gedurende die sestigerjare het Quebec 'n
etniese oplewing ondervind toe die Franse bevolking hul rol
in die ekonomiese samelewing bevraagteken het. Deurgrondige
ondersoek is ingestel en na aanleiding van die verslae het
die ander etniese groepe in Kanada aangetoon dat hulle
erkenning wil hê. Daar is wetgewing ingedien en Kanada volg
nou die beginsel van multikulturalisme binne 'n
tweetaligheidsraamwerk.
Uiteenlopende denkrigtings/opinies word gehuldig oor die
uitvoerinq van multikulturalisme binne skool verband.
Daar die beleid berus op die vertolking van elke provinsie
of skoolraad binne sy kulturele verband of belang, kon net
'n paar voorbeelde genoem word.
Daar is egter opgelet dat spesifieke maatreëls getref word
om kul tuurdifferensiasie in die onderwys moontlik te maak,
wat die vierde navorsingsdoelstelling duidelik maak.
Die slotopsomming van die navorsingstudie met sekere
bevindings word in die hoofstuk verhaal.. Dit is gevind dat
die studieveld baie meer behels as wat aanvanklik bereken
is, met die gevolg dat die veelomvattendheid van die studie
nie genoeg ruimte oorlaat vir 'n in diepte verslag nie.
Die moontlikheid bestaan dus dat 'n opvolg studie die area
kan bereik wat nie gedek is nie, te wete die onderwysvooriening van die inboorlinge, Indiane en
Eskimo's.
Collections
- Education [1692]