• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Education
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Education
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Voornemende Wiskunde-onderwysers se metakognitiewe vaardighede tydens lesstudie in mikro-onderrig (MLS)

    Thumbnail
    View/Open
    VoornemendeWiskunde 322.pdf (440.6Kb)
    Date
    2011
    Author
    Van der Walt, Martha Sophia
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die moontlikhede wat metakognitiewe vaardighede in onderrig en leer vir die verbetering van onderrig en leer in Wiskunde inhou, is relatief onbekend aan Suid-Afrikaanse onderwysers en leerders. Die skoolkurrikulum maak nie eksplisiet voorsiening vir die fasilitering van hierdie vaardighede nie. In ’n onderwysersopleidingsinisiatief waaroor daar in hierdie artikel gerapporteer word, is voornemende laerskool Wiskunde-onderwysers in een van hul vierdejaarmetodiek-modules aan lesstudie in mikro-onderrig (MLS) bekendgestel. Die doel van die ondersoek was om die ontplooiing en toepassing van ’n metakognitiewe praktykbenadering tot MLS te ondersoek, asook om voornemende onderwysers se kennis te ontwikkel rakende hul eie onderrig van meting, vorm en ruimte, hul leerders se leer daarvan en hul kennis van die inhoud van die Wiskundekurrikulum oor grade en fases. Die data in hierdie kwalitatiewe gevallestudie is tydens klas- en groepbesprekings (beplanning), aanbiedings van en die geskrewe MLS, asook uit metakognitiewe refleksieverslae bekom. Data is georden en deurgelees, en daarna is kodes aan betekenisvolle woorde of frases toegeken. Deur sodanige ontleding is die unieke eienskappe en struktuur van die data blootgelê sodat dit beskryf, geïnterpreteer en verduidelik kon word (Nieuwenhuis 2007). Uit die resultate blyk dit dat die MLS-ervarings bygedra het tot die groep se verbeterde metakognitiewe kennis en vaardighede.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/7904
    Collections
    • Faculty of Education [759]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV