Show simple item record

dc.contributor.advisorVan der Merwe, S.P.
dc.contributor.authorOosthuizen, Jacobus Hendrik
dc.date.accessioned2009-02-17T13:45:49Z
dc.date.available2009-02-17T13:45:49Z
dc.date.issued2006
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/774
dc.descriptionThesis (Ph.D. (Entrepreneurship))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2007
dc.description.abstractWanneer die suksesse en mislukkings van maatskappye ondersoek word, is dit duidelik dat prestasie oor die langtermyn afhang van die vermoë om te innoveer en leiding in die industrie te neem. Entrepreneuriese maatskappy herontdek hulself en stof hulle mededingers uit, en diegene wat 'n kultuur van innovasie en verandering kan volhou, bly ontwikkel en groei. Terselfdertyd word die sake-omgewing meer kompleks, uitdagend en onstuimig. Vir bestuur is die vraag: "Hoe kan ons strategies en entrepreneuries wees in 'n omgewing van onvoorspelbare verandering?" Een ding is seker - organisasies kan nie staatmaak op die strategieë wat hulle in die verlede gebruik het nie. 'n Nuwe tipe leierskap - entrepreneuriese leierskap - is nodig wat buigbaarheid, verandering, innovasie en reaksie-gerigtheid beklemtoon. Verder, in 'n onstuimige sake-omgewing, hang oorlewing van nuwe benaderings tot strategie af. Organisasies moet hulle waardekettings bestuur om winsgewendheid te maksimeer. Hulle moet hulle kern-bevoegdhede eksploiteer, en mededingers verstaan om hulself vir mededingende voordeel in die markplek te posisioneer. Soos die w6reld dieper die kennis-gebaseerde, post-industriële ekonomie inbeweeg, word die rol van innovasie en entrepreneurskap toenemend belangrik. Dit is veral waar van 'n relatief klein ekonomie soos Suid-Afrika. Om minder op die aflandige ekonomie staat te maak, is Suid-Afrika afhanklik van die skepping van nuwe produkte en dienste, en om dit vinnig en effektief na die internasionale markplek te bring. Om dit te bereik moet Suid-Afrika 'n hoer mate van innovasie en skepping van nuwe ondernemings in sy interne ekonomiese sektor bereik. Om kompeterend op die wêreldmark te wees het Suid-Afrika voortreflike tegnologie, meer besitterskap produkte en dienste, en beter prosesse nodig. Suid-Afrika moet sy spoed en koste-effektiwiteit van innovasie verhoog om sy mededingers se toenemende sofistikasie in die kapitalisering van geleenthede te ewenaar. As een van die belangrikste bydraers tot die groei en ontwikkeling van die ekonomie, is dit vanselfsprekend dat dit ook van toepassing op die Suid-Afrikaanse mynwese. Volgens die Kamer van Mynwese se jaarverslag (2005:14), was die sektor verantwoordelik vir onder andere die volgende: • 6.6 persent van bruto nasionale produk (BNP) in 2004. • 9.9 persent van totale investering in die ekonomie. • 35.35 persent (R534-biljoen) van die mark kapitalisasie van die JSE vir 2004. • R90.3-biljoen uitvoere (29.3 persent van Suid-Afrika se totale produk uitvoere). • Gemiddeld byna 500 000 werkers in diens gehad. • R34.3-biljoen aan lone en voordele aan werkers uitbetaal. • R6.9-biljoen en direkte belasting en R4.1 -biljoen aan ander belastings uitbetaal. • Beduidende hoeveelheid van die vraag en aanbod van energie in Suid-Afrika. • Beduidende infrastruktuur ontwikkeling. • Dikwels die enigste voorsiener van sekere sosiale infrastrukture, insluitende klinieke, skole en sosiale fasiliteite. Nieteenstaande die indrukwekkende bydra, het die industrie bepaald groot uitdagings wat hom in die gesig staar. Die mees fundamentele uitdaging van die bedryf is die produktiwiteit van arbeid en kapitaal, en die impak daarvan op die koste van mynbou en herwinning van minerale. Verdere uitdagings is die wispelturigheid van die Rand, die negatiewe invloed van stygende insetkoste op die sektor, en die logistieke hindernisse wat uitvoer volumes beïnvloed. Die bydrae van die industrie tot Suid-Afrika se BNP dui ook 'n afname oor die afgelope dekade wanneer die statistieke van die industrie onder oë geneem word. Dan is daar verder die erts-liggame wat aan beide fisiese en ekonomiese afname onderworpe is as gevolg van deurlopende herwinning. Hoe behoort Suid-Afrika se mynbou maatskappye hierdie uitdagings aan te spreek, en wat moet hulle doen om mededingend te bly? Volgens die Kamer van Mynwese moet die industrie fokus op produktiwiteit en koste neigings om mededingend te bly, veral met vele lae-koste opkomende wêreld produsente in ag genome. Vir die industrie om mededingend te bly, moet dit ook voorsien word van 'n operasionele en beleggingsomgewing wat hom nie benadeel in verhouding tot ander mynboulande nie. Die outeur se tesis is dat Suid-Afrika se mynbou industrie sy innovasie vermoë moet opgradeer, en daarom is dit belangrik dat myn bou korporasies meer entrepreneuries word te midde daarvan dat mynmaatskappye oor die algemeen as burokraties en onvriendelik jeens kreatiwiteit en innovasie beskou word. Om dit te doen moet mynmaatskappye die kreatiewe mag van hulle lede benut. Idees kom van mense en innovasie is 'n bekwaamheid van die menigte. Daardie kwaliteit word aangewend wanneer mense hulleself verbind tot die missie van die onderneming en die mag het om iets met hulle bekwaamhede te doen. Dit is dus redelik om te verwag dat 'n oorvloed idees met hoe potensiaal ongemerk verbygaan omdat daar sommige strukturele hindernisse tot hut realisering is, of geen aansporing bestaan vir werknemers om sulke idees na vore te bring nie. Entrepreneurskap word beskou as een van die hoof drywers van verandering wat in die wêreldekonomie funksioneer - dit mobiliseer innovasie, mededinging, werkskepping en groei. Dit word selfs beskou as die enkel grootste stukrag vir skepping van ekonomiese en sosiale mobiliteit, en bewyse neem toe dat die nasionale vlak van entrepreneuriese aktiwiteit statisties beduidende verband het met vlakke van ekonomiese groei. In terme van bogenoemde is die vraag dus: "Is die klimaat in Suid-Afrika se mynbou industrie bevorderlik om entrepreneuriese gedrag en aktiwiteit te fasiliteer?" Korporatiewe entrepreneurskap is 'n term wat gebruik word om entrepreneuriese gedrag in gevestigde organisasies te beskryf, en die doel daarvan is om mededingende voordeel te verkry deur innovasie op alle vlakke van die onderneming aan te moedig. Dit bestaan uit vyf noodsaaklike dimensies naamlik innovasie, proaktiwiteit, risiko-neming, mededingende aggressiwiteit, en outonomie. Daar word vier tipes korporatiewe entrepreneurskap voorgehou naamlik korporatiewe waagstuk, intrapreneurskap, organisasie transformasie, en industrie reël-buiging. Dit is bepaald ook aan 'n proses onderworpe wat begin met die identifisering en evaluering van die geleentheid, gevolg deur ontwikkeling van 'n sakeplan, die bepaling van die bronne wat benodig word, en laastens die bestuur van die onderneming/projek. Dit word algemeen aanvaar dat leierskap die primêre stukrag agter suksesvolle verandering is, en is daarom nodig om transformasie inisiatiewe in organisasies en individue te beïnvloed en te vestig. Maar, die uitdagings in 'n snelveranderende wêreld (ekonomies, sosiaal, polities) vereis leierskap wat dink, redeneer en optree op maniere wat geleentheidsgedrewe en holisties in benadering is om die status quo op kreatiewe wyse te vernietig. Die hoofdoelwit van hierdie studie is gevolglik om 'n geïntegreerde raamwerk te ontwikkel vir die skepping van 'n klimaat wat bevorderlik is vir entrepreneurskap in die Suid-Afrikaanse mynwese. Sekondêre doelwitte ter ondersteuning van die hoofdoelwit is verder om: • Begrip te kry van die entrepreneuriese fenomeen en hoe dit toegepas word tot die korporatiewe omgewing. • Die huidige entrepreneuriese klimaat in Suid-Afrika se mynwese te bepaal. • Die opinies en ervaringe van leiers in die mynwese in te win betreffende entrepreneurskap in 'n korporatiewe setting. • Begrip te kry oor die impak van leierskap in die skepping van 'n klimaat bevorderlik entrepreneuriese aktiwiteit in 'n maatskappy. • Die sterk punte, swak punte, geleenthede en bedreigings in terme van die ontwikkeling van korporatiewe entrepreneurskap in Suid Afrikaanse mynwese te bepaal. • Die voortspruitende literatuur en empiriese data toe te pas om aanbevelings voor te stel vir praktiese toepassing om die entrepreneuriese klimaat in mynbou maatskappye te bevorder. Die empiriese navorsing bestaan uit 'n kwalitatiewe komponent wat onderhoude met hoof uitvoerende beamptes van vyf mynmaatskappye insluit, sowel as 'n kwantitatiewe komponent wat deur middel van vraelyste aan middelvlakbestuur streef om die huidige entrepreneuries klimaat in die mynwese bepaal. Die resultate van die navorsing toon dat top leiers dit eens is dat korporatiewe entrepreneurskap wel 'n teenmiddel vir stagnasie en gebrek aan groei kan wees, alhoewel dit nie maklik toegepas kan word in 'n omgewing van toenemende staatsinmenging en regulatoriese druk nie. Verder het die navorsing aan die lig gebring dat die huidige klimaat in mynmaatskappye nie optimaal bevorderlik is vir entrepreneuriese gedrag en aktiwiteit om te manifesteer nie. Voortspruitend word 'n geïntegreerde raamwerk vir korporatiewe entrepreneurskap in die mynwese voorgestel om 'n klimaat bevorderlik vir entrepreneurskap te verbeter.
dc.publisherNorth-West University
dc.titleAn integrated framework to improve the entrepreneurial climate in the South African mining industryen
dc.typeThesisen
dc.description.thesistypeDoctoral


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record