• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Inaugural Lectures
    • Inaugural Lectures - Potchefstroom Campus
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Inaugural Lectures
    • Inaugural Lectures - Potchefstroom Campus
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Use of a patent without authorisation against the background of infringement by way of equivalent patent claim interpretation / A.P.S. van der Merwe

    Thumbnail
    View/Open
    van der Merwe_aps.pdf (298.3Kb)
    Date
    2007
    Author
    Van der Merwe, A.P.S.
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die ongemagtigde gebruik van 'n patent teen die agtergrond van patentinbreukmaking by wyse van patentaanspraakuitleg op grond van ekwivalensie Patentinbreukmaking word geanaliseer aan die hand van die aansprake van 'n patentspesifikasie. Wanneer letterlike inbreukmaking nie bevind kan word nie , kan dit wel nog aan die hand van ekwivalente aanspraakinterpretasie vasgestel word. In so 'n geval word van die kenmerke van 'n patentaanspraak geïnterpreteer om ook ekwivalente daarvan te ondervang. So 'n interpretasie is uiteraard voordelig vir die patentreghebbende maar tot nadeel van die inbreukmaker omdat laasgenoemde persoon nie vooraf met sekerheid vanuit die patentspesifikasie sou kon vasgestel het wat die inbreukmakingsposisie was nie. Die enigste weg oop vir so 'n inbreukmaker is om te poog om 'n verpligte lisensie teen die draer van die patentregte te verkry, en die gronde waarop 'n verpligte lisensie onder die Suid-Afrikaanse Wet op Patente toegestaan kan word is omdat dit in die openbare belang is. Die breë konsep waarop verpligte lisensiëring geskoei is, is afgelei vanuit die Paryse konvensie (waarvan Suid-Afrika 'n lid is) wat bepaal dat dit toegeken kan word in die geval van 'n misbruik in die uitoefening van eksklusiewe regte onder andere 'n patent. In die konteks van TRIPs (internasionale ooreenkoms wat te doen het met handelsverwante aspekte van immaterieelgoedereregte) word gebruik van 'n uitvinding onder 'n patent sonder toestemming van die reghebbende onder andere toegelaat in die geval van 'n mededingingsbenadelende gebruik deur die draer van die regte. Die aspek van openbare belang hou dus verband met 'n misbruik in die uitoefening van eksklusiewe regte soos onder ander gevind kan word in 'n mededingingsbenadelende gebruik. Die begrip in mededingingbenadelende gebruik' bring die Mededingingswet in gedrang. As die mededingingsnadeel wat voortspruit uit 'n uitsluiting van 'n mededinger die vermindering van mededinging in 'n sekere marksegment tot gevolg het, kan remedies onder die Mededingingswet in gedagte gehou word in die afweging van belange tussen 'n patentinbreukmaker by ekwivalente inbreukmaking en die patentreghebbende. 'n Tipiese remedie behoort die toekenning van 'n verpligte lisensie te wees wat nie enige patentregte negeer nie terwyl dit die openbare belang dien.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/6372
    Collections
    • Inaugural Lectures - Potchefstroom Campus [358]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV