Mushroom valley-onderstandskamp.
Abstract
• Opsomming:
Die afbrand van plase en die vernietiging van eiendom gedurende
die Tweede Anglo-Boereoorlog het talle boere en veral bywoners
sonder heenkome gelaat. Om die konsentrasiekampe te sluit en
rantsoenering te staak, is die Relief Works Department in Julie 1902
in die lewe geroep. Met die bou van besproeiingsdamme op regeringsplase
is werkgeleentheid geskep waar verarmde Afrikaners 'n
vasgestelde loon kon verdien. Een van hierdie onderstandskemas,
naamlik Mushroom Valley in die Winburg-distrik, word in meer besonderhede
behandel deur aandag te gee aan die lewens- en werksomstandighede,
huisvesting, onderwysfasiliteite en kerklike bearbeiding.
Die onverwagte beëindiging van die onderstandswerke en
die oordrag van die gedeeltelik voltooide skema aan die landnedersettingsraad
het tot gevolg gehad dat 'relief works' 'n verdere twispunt
tussen die Afrikaners en die koloniale owerheid geword het. • Summary:
Farm burning and the destruction of property during the Second
Anglo-Boer War left many farmers destitute, especially the 'bywoners'
or squatters. In July 1902 the Relief Works Department
was constituted to provide employment for indigent burghers and to
assist in the closing of the concentration camps. The relief works
consisted mainly of the building of irrigation dams on government
farms, enabling poor whites-to earn a wage. Mushroom Valley relief
camp in the Winburg district is discussed in more detail, with regard
to the working and living conditions, housing, educational facilities
and the ministration of the church. The abrupt cessation of the relief
works and the transfer of the partially-completed irrigation schemes
to the Land Settlement Department became a matter of contention
between the Afrikaners and the colonial government.
Collections
- Contree: 1991 No 30 [11]