Building railways and 'building character': the model villages in Northern Natal, 1935 - 1939.
Abstract
• Opsomming:
Hierdie artikel spruit voort vanuit 'n breëre
navorsingsprojek wat handel oor welsyn in die Suid-Afrikaanse Spoorweë. Daar word spesifiek
gekonsentreer op die unieke verskynsel van die
ontwikkeling van Spoorwegdorpies wat die landelike
karakter tydens die 1930's en 1940's kortstondig
verander het. Daar word gefokus op die eerste dorpies
wat in die noordelike dele van Natal ontstaan het.
Hiervandaan is die dorpies later, tesame met
personeel, in die Oos-Kaap hervestig. Die agtergrond
van die ontstaan van die dorpe word ondersoek sowel
as aspekte rakende die aanvaarding daarvan in Natal.
Ten slotte word gepoog om die relevansie van die
dorpies binne die konteks van die Spoorweë se sg.
"beskaafde" arbeidsbeleid te interpreteer. • Summary:
This article examines the peculiar phenomenon of the
Railways model village which briefly transformed rural
landscapes in the 1930s and 1940s. The focus is on the
first villages, erected in northern Natal, from whence
they were later re-located with personnel, to the eastern
Cape. The background of the model villages is
discussed and consideration given to some aspects of
their reception in Natal. An attempt is made to interpret
their significance within the context of the 'civilized'
labour policy of the Railways.