• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Engineering
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Engineering
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Optimising the power quality control of a distributed generation power system

    Thumbnail
    View/Open
    durand_cp.pdf (3.915Mb)
    Date
    2004
    Author
    Du Rand, Carel Petrus
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Verspreide generasie of generators (VG) verwys na die opwekking van elektriese drywing op 'n kleiner skaal (produksie wissel in grootte van 'n paar kW tot menige MW) deur 'n eenheid wat nie deel is van 'n sentrale voorsiener nie. Hierdie eenheid (of eenhede op 'n netwerk) is nader aan die las waaraan dit elektrisiteit voorsien. VG tegnologie kan in die behoeftes van 'n groot verskeidenheid van gebruikers voorsien, met toepassings in die residensiële (sonselle), kommersiële (brandstofselle) en industriële sektore (turbines). Drywingskwaliteit en beheer speel 'n belangrike rol in hierdie VG netwerke. Drywingskwaliteit het 'n groot bekommernis geword vir elektrisiteitsvoorsieners, vir hul kli13nte, en vir die vervaardigers van elektriese toerusting, a.g.v. die negatiewe impak wat drywingskwaliteitsteurnisse op stelselbetroubaarheid en-operasie het. Groot hoeveelhede data, vaagheid in die data, en die oneindige hoeveelheid variasies van stelselkonfigurasies dra als by tot die kompleksiteit van drywingskwaliteitanalise en diagnose. Hierdie kompleksiteit het die behoefte vir gesofistikeerde hulpmiddels genoodsaak om stelselingenieurs te help. Kunsmatige intelligensie (KI) blyk die mees geskikte hulpmiddel vir drywingskwaliteit toepassings te wees. Die verhandeling voorsien aan die leser 'n oorsig oor VG en drywingskwaliteitprobleme in kragnetwerke. 'n Gedeelte van 'n huidige kragnetwerk word gemodelleer en geëvalueer. Twee VGs word op strategiese posisies aan die netwerk gekoppel met die doel om drywingskwaliteit parameters te optimeer. Die Kunsmatige Neurale Netwerk (KNN) metode van KI word in hierdie navorsing gebruik omdat dit ideaal gepas is vir patroonherkenning. Die KNN word gebruik vir die patroonherkenning van die laste en selekteer dan die uitsette van die VGs. Die opleidingsdata vir die KNN word geskep d.m.v. 'n kostefunksie. Die kostefunksie bepaal die optimale toestande van die VGs vir 'n spesifieke insettoestand. Die kostefunksie gebruik die gemiddelde spanningsafwyking van die toelaatbare gebied (Vavg), die gemiddelde spanningsafwyking van die ideaal (Videal), die koste van produksie (CT) en die netwerk aktiewe verliese (PL) as parameters vir optimering. Na hierdie optimeringsproses word die KNN opgelei met die willekeurig rangskikte opleidingsdata. Die aanpasbare gedrag van die KNN beheerder word ondersoek en vergelyk met die geval waar daar geen beheer toegepas word nie. Uit hierdie ondersoeke is daar gevind dat die KNN beheerder sinvolle besluite kon neem, selfs vir laspatrone buite die opleidingsversameling. Die gedrag van die KNN beheerder is egter baie afhanklik van die integriteit van die opleidingsdata. Verdere verfyning en kontinue opdatering van die opleidingsversameling m.b.t. die operasionele gebiede van die laste word aanbeveel vir verdere navorsing. Die gevolgtrekking wat gemaak kan word uit hierdie navorsing is dat dit sinvol is om VGs met KNN beheer in 'n elektriese kragnetwerk te plaas om die drywingskwaliteit te optimeer.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/468
    Collections
    • Engineering [1379]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV