dc.contributor.advisor | Degenaar, A. | |
dc.contributor.advisor | Holtzhausen, L. | |
dc.contributor.author | Paeschel, Sune | |
dc.date.accessioned | 2024-10-26T10:11:37Z | |
dc.date.available | 2024-10-26T10:11:37Z | |
dc.date.issued | 2024-07 | |
dc.identifier.uri | https://orcid.org/0009-0001-1222-2810 | |
dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/10394/42818 | |
dc.description | Thesis (Masters) Arts in Communication, North-West University, Potchefstroom Campus | en_US |
dc.description.abstract | In die Suid-Afrikaanse niewinsgewende sektor heers 'n kritieke tekort aan finansiële hulpbronne, 'n uitdaging wat daagliks die meer as 285 000 geregistreerde niewinsgewende organisasies konfronteer. Hierdie organisasies, insluitend kinderbeskermingsorganisasies soos NG Welsyn en SAVF in Gauteng en Noordwes, het die gesag om kinders uit sorgsituasies van verwaarlosing of mishandeling te verwyder. Hulle ondervind egter 'n toenemende werkslading weens die toenemende vraag na dienste wat hierdie organisasies bied. Die toename in behoefte, tesame met beperkte hulpbronne, stel 'n direkte uitdaging vir hul voortbestaan en beklemtoon die impak van infrastruktuurtekorte en wetlike beperkings op hul vermoë om bewusmaking te bevorder. Geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies kan daarom digitale bemarking aanwend om bewusmaking onder die belangegroepe van die organisasies te verhoog. Effektiewe bewusmaking van kinderbeskermingsorganisasies behoort die organisasies gunstig te posisioneer, sodat hulle mededingende voordeel kan verkry te midde van 'n toenemende aantal niewinsgewende organisasies wat meeding vir finansiële hulpbronne in die Suid-Afrikaanse konteks. Kinderbeskermingsorganisasies se korporatiewe handelsmerke kan sterk gevestig word in hul onderskeie gemeenskappe, wat moontlik lojale donateurs deur die bestuur van die korporatiewe handelsmerke kan verseker.
Hierdie studie spits toe op NG Welsyn en SAVF in Gauteng en Noordwes, met die doel om die uitdagings van kinderbeskermingsorganisasies in hierdie sektor te ondersoek en aanbevelings te maak om hul korporatiewe handelsmerk te vestig. Die studie argumenteer dat kinderbeskermingsorganisasies hul korporatiewe handelsmerke kan vestig deur gebruik te maak van digitale bemarking en ‘n deurdagte digitale bemarkingstrategie en -plan.
Die algemene navorsingsvraag van hierdie studie is: "Op watter wyse kan die geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies, naamlik NG Welsyn en SAVF in Gauteng en Noordwes, hul korporatiewe handelsmerke deur middel van digitale bemarking bestuur?"
Hierdie navorsing het die herhaalbaarheid van die teoretiese raamwerk empiries geëvalueer deur middel van semi-gestruktureerde onderhoude met werknemers en bestuurslede van NG Welsyn en SAVF in Gauteng en Noordwes. 'n Kwalitatiewe inhoudsanalise het die werklike benadering van korporatiewe handelsmerke deur middel van digitale bemarking deur hierdie kinderbeskermingsorganisasies geëvalueer.
Die bevindinge van die studie toon dat die uitdagings waarmee kinderbeskermingsorganisasies gekonfronteer word, 'n beduidende impak het op die kommunikasie- en digitale bemarkingsfunksies van hierdie organisasies. 'n Gebrek aan finansiële en menslike hulpbronne
iv
maak dit vir kinderbeskermingsorganisasies moeilik om hul daaglikse werksaamhede uit te voer. Gebrekkige kennis van kommunikasiepraktyke maak dit nog moeiliker vir kinderbeskermingsorganisasies om in 'n reeds uitdagende sektor te funksioneer. Die studie bevestig dat kinderbeskermingsorganisasies meestal fokus op dienslewering, en die toename in aanvraag vir dienste lei daartoe dat werknemers dienslewering bo kommunikasie- en bemarkingsfunksies stel. Wetlike beperkings en vrese om 'n kind se identiteit te verklap, maak die aanvaarding van digitale bemarking nog meer uitdagend. Korporatiewe handelsmerkbestuur ontvang dus min aandag, wat die voordele daarvan vir kinderbeskermingsorganisasies beperk. Die studie beklemtoon die noodsaaklikheid van 'n doelgerigte benadering vir sukses deur korporatiewe handelsmerkbestuur te verseker. 'n Gebrek aan kennis, selfvertroue en prioritisering verhinder die doeltreffende implementering van die digitale bemarkingstrategie.
Die bevindinge bevestig dus dat korporatiewe handelsmerke effektief deur digitale bemarking bestuur kan word, mits kinderbeskermingsorganisasies 'n weldeurdagte digitale bemarkingstrategie volg. Hierdie studie dra daartoe by om insigte te bied en moontlikhede vir verbetering aan te dui, sodat kinderbeskermingsorganisasies hul rolle beter kan vervul deur middel van effektiewe digitale bemarkingpraktyke. | en_US |
dc.language.iso | other | en_US |
dc.publisher | North-West University (South Africa) | en_US |
dc.subject | Bemarking | en_US |
dc.subject | Digitale bemarking | en_US |
dc.subject | Kinderbeskerming | en_US |
dc.subject | Kinderbeskermingsorganisasies | en_US |
dc.subject | Kinderwelsyn | en_US |
dc.subject | Korporatiewe handelsmerk | en_US |
dc.subject | Korporatiewe handelsmerkbestuur | en_US |
dc.subject | nG Welsyn | en_US |
dc.subject | Niewinsgewende organisasies | en_US |
dc.subject | SAVF | en_US |
dc.title | Korporatiewe handelsmerkbestuur deur middel van digitale bemarking in kinderbeskermingsorganisasies in Gauteng en Noordwes | en_US |
dc.type | Thesis | en_US |
dc.description.thesistype | Masters | en_US |
dc.contributor.researchID | Degenaar, Anette – 10214380 (Supervisor) | |
dc.contributor.researchID | Holtzhausen, Lida - 10223738 (Co-Supervisor) | |