• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Die skepping van die fiksionele wêreld in kinder- en jeugliteratuur deur middel van die kreatiewe gebruik van paratekstuele elemente

    Thumbnail
    View/Open
    2009Skeppingvfiksionele mousaion_v27_si1_a15.pdf (1.642Mb)
    Date
    2009
    Author
    Greyling, Franci
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Kinderliteratuur word gekenmerk deur die gebruik van visuele elemente, en spel en eksperimentering met die parateks is inherent aan hierdie genre. Daar is egter nog min navorsing oor paratekstualiteit in kinderboeke onderneem. Die artikel fokus op die parateks in kinder- en jeugboeke en die moontlikhede wat dit aan die skrywer bied om die fiksionele wêreld te skep en te konkretiseer. Drie tekste wat verskillende tekstipes (prenteboek, storiebundel, jeugboek) verteenwoordig en op verskillende teikenlesers gemik is, word bespreek. In elk van die tekste het die betrokke skrywer, illustreerder of boekontwerper 'n bepaalde gedeelte van die parateks kreatief ontgin. Die skrywerillustreerder Emily Gravett brei die fiksionele wêreld van haar prenteboek Meerkat Mail onder meer uit deur die kreatiewe gebruik van die periteks wat primêr as uitgewersteks beskou word. In die jeugboek Suurlemoen! (Jaco Jacobs) word grafiese elemente in die teksgedeelte onlosmaaklik deel van die narratief. Die Balkieboek (Martie Preller) illustreer die gebruik van metafiksionele tegnieke in beide die peri- en epiteks om Balkie as fiksionele skrywer te vestig. Aangesien die kreatiewe spel met parateks die grense tussen die teks en die parateks laat vervaag, vereis dit 'n sterk konsep asook onderhandeling en die samewerking van al die partye (skrywer, illustreerder, boekontwerper en uitgewer) wat by die produksie van die boek betrokke is
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/4258
    Collections
    • Faculty of Humanities [2042]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV