dc.contributor.advisor | Burden, M | |
dc.contributor.advisor | Coetzee, EC | |
dc.contributor.author | Badenhorst, E | |
dc.date.accessioned | 2024-05-09T08:52:42Z | |
dc.date.available | 2024-05-09T08:52:42Z | |
dc.date.issued | 2024-04 | |
dc.identifier.uri | https://orcid.org/0000-0001-5368-1620 | |
dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/10394/42486 | |
dc.description | Master of Arts in History, North-West University, Potchefstroom Campus | en_US |
dc.description.abstract | Hierdie kultuurhistoriese studie ondersoek die faktore wat ‘n invloed gehad het op die nalatenskap van die legendariese figuur, Koos Sas.
Sas, ‘n berugte skaapdief en moordenaar, het van die Khoekhoen afgestam. Om te bepaal of sy spesifieke herkoms enigsins ‘n rol gespeel het in die wyse waarop hy later onthou sou word, word die sosio-ekonomiese landskap van die vroeë twintigste eeu in Suid-Afrika nagevors. Die studie tref verder vergelykings tussen Sas en soortgelyke misdadigers om ooreenkomste in hulle modus operandi uit te lig en sodoende aan te dui dat die geval van Koos Sas nie uniek was nie.
Die historiese agtergrond van die opgrawing van Khoekhoen-beendere vir wetenskaplike navorsing sedert die negentiende eeu word in die studie behandel. Die doel hiervan is om die opgrawe van Sas se oorskot, asook die wyse waarop daar met sy beendere ná sy dood in 1922 omgegaan is, binne konteks te plaas.
Daar is verder ondersoek ingestel na die moontlikheid dat die uitstalling van Sas se skedel in die Montagu Museum vir sewentien jaar, bygedra het tot die manier waarop hy vandag onthou word. Die rol van museums as kulturele en opvoedkundige instansies in die uitstalling van menslike beendere wêreldwyd is terselfdertyd uitgelig.
Die invloed van die letterkunde op Sas se nalatenskap is betekenisvol, aangesien die naam “Koos Sas” in ‘n hele paar publikasies verskyn (fiksie sowel as nie-fiksie). Die rol wat die sanger David Kramer in die hantering van Sas se skedel gespeel het, is deeglik nagegaan en ontleed, aangesien sy werk Sas as ‘n slagoffer en martelaarsfiguur uitbeeld. Dit het ‘n openbare debat tot gevolg gehad wat in ‘n groot mate tot die publiek se persepsie van Koos Sas bygedra het.
Die studie ondersoek die redes waarom daar ‘n honderd jaar na die gebeure steeds na Sas as ‘n “omstrede figuur” verwys word. Tydens die begrafnis van sy skedel in 2021 is daar byvoorbeeld na hom verwys as ‘n “Khoi-chief”. Sas se nalatenskap is dus gedurende hierdie tydperk verpolitiseer: deur sommige word hy as ‘n held en vryheidsvegter gesien, deur ander as ‘n skaapdief en hartelose moordenaar.
Deur die uitbeelding van Koos Sas as ‘n martelaar het hy met verloop van tyd vir sommige mense ‘n simbool geraak van die onderdrukking van die historiese Khoekhoen en die onregte wat hulle aangedoen is. Sas se nalatenskap het egter nie slegs openbare debat gestimuleer nie, maar het selfs in ‘n mate nasiebou en versoening bevorder. Tog is die aspek van omstredenheid waarskynlik die mees betekenisvolle kenmerk van sy nalatenskap. | en_US |
dc.language.iso | other | en_US |
dc.publisher | North-West University (South Africa) | en_US |
dc.subject | Khoekhoen-beendere | en_US |
dc.subject | Koos Sas | en_US |
dc.subject | Museumuitstallings | en_US |
dc.subject | Nalatenskap | en_US |
dc.subject | Omstredenheid | en_US |
dc.title | Koos Sas: ‘n Kultuurhistoriese ondersoek na die invloede op die nalatenskap van ‘n omstrede figuur | en_US |
dc.type | Thesis | en_US |
dc.description.thesistype | Masters | en_US |
dc.contributor.researchID | Burden Matilda - 24536458 (Supervisor) | |
dc.contributor.researchID | Coetzee Ebenhaezer - 21250308 (Co-Supervisor) | |