Guidelines for the structuring of a user requirement specification in the process control industry
Abstract
'n Gebruikersbehoefte .tpesifikasie (GBS) in die proses beheer
industrie beskryf die klient of gebruiker se vereistes waaraan 'n
proses beheer sisteem moet voldoen en behoort dan ook deur hom of
haar geskryf te word. Vir hierdie rede is dit belangrik dat die
klient geidentifiseer word by die vroegste moontlike geleentheid en
ook bewus gemaak word vir die behoefte vir en sy
verantwoordelikheid om so 'n spesifikasie voor te lê.
Die GBS vorm die basis vir die kies van oplossings en kan ook
beskou word as ' n tender uitnodigingsdokument waarop ontwerp
ingenieurs hul oplossings formuleer. Vir hierdie rede moet die
spesifikasie geen persepsie van 'n oplossing in terme van sagteware
of hardeware bevat nie behalwe waar daar sekere voorkeure bestaan .
Later in die funksionele spesifikasie fase van die projek
lewenssiklus sal die ontwerp ingenieurs in detail beskryf hoe daar
aan die behoeftes in die GBS voldoen sal word.
Uit die klient se oogpunt moet sy bepaalde behoeftes in die GBS
gedefinieer word, terwyl vanuit die ontwerp ingenieur se oogpunt
die GBS 'n sterk platform daar stel vir die projek
ontwikkelingsprogram. Dit veroorsaak dat minimum misverstande en
hul gevolglike vertragings op latere stadiums in die projek
ondervind word.
Die GBS moet dien as die enigste mamer om behoeftes te
kommunikeer tussen die klient en die ontwerper of verskaffer.
Die vaardighede van kliente kan varieer. Die klient kan in 'n
bepaalde geval die aanleg of chemiese ingenieur wees, die
instrumentasie, elektriese of aanleg bestuurder, die verskaffer of
vervaardiger van 'n sisteem, die kontrakteur of installeerder van die
sisteem of die vervaardigende besigheidseenheid. Addisioneel mag
die klient ook nie die nodige ondervinding het om behoeftes te
spesifiseer nie.
In groot projekte is die ontwerp of projek span, wat gelei word deur
die projek bestuurder, verantwoordelik vir die volledige omvang
van die proses en projek spesifikasies. In hierdie omstandighede is
die onderrig van die klient deur die ontwerp ingenieur baie
belangrik en moet dit oak vooraf as 'n oorhoofse item in terme van
tyd en koste goedgekeur wees. Die voordele hiervan vir die klient
en die ontwerper behoort te dien as regverdiging van enige
addisionele koste .
In die verlede was daar 'n neiging deur kliente om beheer sisteme te
beskou as "swart kaste". Hierdie benadering kan uitgeskakel word
deur goeie samewerking tussen die ontwerpers en die kliente. Deur
die klient "aan board te kry" en deur aan hom te verduidelik wat
alles moontlik is, gee altyd aanleiding tot 'n goeie GBS.
'n Hollistiese benadering behoort geneem to word in die oorweging
en spesifisering van wat die verwagte impak wat die implementering
van 'n projek op die besigheid sal hê. Dit kan gedoen word deur
die besigheid te vergelyk voor en nadat die projek geimplimenteer
is.
In die GBS word al die veranderlikes wat 'n invloed het op
bogenoemde sisteme vooraf geidentifiseer en gelys. Gedurende die
ontwerp fase van die projek word hierdie veranderlikes dan
geadresseer en in die ontwerp ingebou om maksimaal voordeel te
verkry vir die kapitale koste wat aangegaan word vir die
implementering van die projek.
PROBLEEMSTELLING
In die Suid Afrikaanse omgewrng, en spesifiek in die proses beheer
industrie, is hoer produktiwiteit, meer effektiwiteit en verhoogde
werkverrigting essensieel vir industrie oorlewing. Projekte behoort
voltooi te word tot beide die klient en die ontwerper se
tevredenheid. Nie die klient of die ontwerper of verskaffer kan dit
enigsins bekostig om te argumenteer oor wat in die projek kontrak
moes gespesifiseer gewees het nie. Sodoende word kontrakbreuk
aangeleenthede tot die minimum beperk.
Oorspandering in terme van koste en tyd gedurende die uitvoering
van projekte is 'n algemene probleem wat veroorsaak word deur
voortdurende projek omvang veranderinge deur die klient en
verkeerde interpretasies deur die ontwerper of verskaffer van wat
die klient werklik wil hê. Baie groot kontrakte is al verloor deur
die kleinste van tegniese aspekte wat die klient vergeet het om in te
sluit in sy of haar behoeftespesifikasie.
In hierdie navorsingsverslag sal sekere sleutel aspekte voorgestel
word wat geadresseer behoort te word gedurende die opstel van 'n
GBS. Die GBS kan dan geskryf word tot die tevredenheid van al
die partye wat by die projek betrokke is.
DOELSTELLINGS VAN DIE ONDERSOEK
Die oorkoepelende doelstelling van die studie is die beskrywing van
die inhoud, raamwerk, voorbereiding en hersiening van 'n
gebruikersbehoefte spesifikasie vir die gebruik in die proses beheer
industrie. Die doel is nie om 'n instruksie of prosedure te voorsien
nie, maar om dit eerder as 'n riglyn te laat dien om die belangrikste
behoeftes en beste praktyke gedurende die proj ek lewenssiklus te
identifiseer.
NAVORSINGSMETODOLOGIE
'n Kwalitatiewe metodologie is gevolg in die navorsingsondersoek.
Formele onderhoude is gehou ten einde data in te win en om
addisionele informasie oor huidige gebruikerbehoefte spesifikasies
wat in gebruik is, te versamel. Hieruit kan die kritiese elemente
bepaal word wat nodig is om 'n goeie GBS in die proses beheer
industrie op te stel om ' n kompeterende vo ordeel aan die
maatskappy te verskaf. Hierdie elemente sal dan gekombineer word
met die ondervinding van die skrywer oor die spesifieke onderwerp
en dan saamgestel word in 'n riglyn. Verder sal 'n vinnige
verwysingslys voorgestel word om die volledigheid van die GBS te
toets.
GEVOLGTREKKINGS
Met die uitvoering van die navorsingsstudie kan die volgende
gevolgtrekkings gemaak word :
• Uit die ontleding van die resultate het daar baie
gemeenskaplike fiete, probleme en voorstellings oor die
onderwerp uitgekom, wat 'n indikasie is dat almal doen die
basiese en belangrike aspekte korrek, maar dlat dit die kleiner
en partykeer onbelangrike dinge is wat die struikelblokke in
die uitvoering van proj ekte veroorsaak.
• Geen formele strukture of riglyne vir die opstel van behoefte
spesifikasies bestaan huidiglik binne die maatskappye wat
ondersoek is nie. Maatskappye en individue besef die
belangrikheid van 'n GBS, maar niemand het nog enige poging
aangewend om die enorme hoeveelheid kennis en
ondervindinge van individue in die maatskappy te ontgin en te
dokumenteer in verband met hierdie onderwerp nie.
• Teorie oor hierdie onderwerp is baie skaars. Geen
gepubliseerde artikels oor die onderwerp kon gevind word nie.
Maatskappy interne dokumente soos kwaliteit versekering,
standaarde, prosedures, riglyne, kontrak en tender dokumente
bevat sekere aspekte van spesifikasies, maar is egter baie
onvolledig.
• Omdat daar geen vaste riglyne bestaan met die spesifisering
van behoeftes nie, onstaan wrywing en valse persepsies tussen
kliente, verskaffers en onwerpers aangesien, die werklike
behoeftes nie altyd bevredig word nie.
• Die sleutel tot 'n goeie spesifikasie is beplanning. Voordat
die spesifikasie geskryf word, moet die hele projek goed
deurdink word. Die spesifikasie transformeer dan hierdie
beplanning in woorde.
• Die struktuur van die GBS hoef me noodwendig in die
volgorde wat voorgestel word in Hoofstuk 5 gebruik te word
nie. Meer detail aspekte wat aangespreek behoort te word,
word bevat in die onderafdelings.
AANBEVELINGS
Uit die navorsrng wat gedoen 1s kan die volgende aanbevelings
gedoen word:
• Hierdie studie behoort gebruik te word as riglyne en me as
prosedures of standaarde nie.
• Die toepassing van hierdie riglyne moet buigbaar wees en
behoort met inagneming van die tipe en grootte van die projek,
aangepas te word tot voordeel van die onderneming .
• Die aanbevole riglyne is hoofsaaklik van toepassing op die
proses beheer industrie maar kan met sukses ook toegepas
word in die rekenaar industrie.
• Soortgelyke studies kan gedoen word vir die megamese,
elektriese en siviele dissiplines wat normaalweg gebruik word
in projekte.