Show simple item record

dc.contributor.authorVan der Schyff, P.F.
dc.date.accessioned2022-08-30T10:25:32Z
dc.date.available2022-08-30T10:25:32Z
dc.date.issued1974
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/39868
dc.descriptionDLitt, North-West University, Potchefstroom Campusen_US
dc.description.abstractToe wyle dr. Eric Louw se oë ingegee en hy gevolglik die skryfwerk aan sy beplande outobiografie moes laat vaar, het skrywer hiervan in beskeidenheid aangebied om sy lewensgeskiedenis te boek te stel. Dr. Louw het horn die aanbod laat welgeval en sy samewerking beloof, dog ses weke later is hy oorlede. Na.mate die navorsing verdiep en die wye ervaringswêreld van Eric Louw via beskikbare bronnemateriaal en mondelinge oorleweringe betree is, het die gevoel van spyt omdat daar nie veel eerder met hierdie taak begin is nie, al grater geword. Gelukkig kon ek staatmaak op die hulp en samewerking van sy weduwee, mev. Anna M. Louw, wat inderdaad uit haar pad gegaan het om al my navrae te beantwoord, inforrrasie en dokumente te verskaf, ens. Aan haar, hul seun adv. Martin Louw en mev. M.S. Jordaan, wyle cir, Louw se suster, in die eerste instansie dus my hartlikste dank en waardering vir betoonde medewerking. Die personeel en hoofde van biblioteke en argiefbewaarplekke, wat te alle tye so geredelik behulpsaam was en deur wie se goedgesindheid en toestemming so 'n wye verskeidenheid bronnemateriaal vir my ontsluit kon word, het veel daartoe bygedra om my taak te vergemaklik. In die besonder wil ek verwys na die Instituut vir Eietydse Geskiedenis aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat, met sy ryke skat van dokumente-versamelings en ander inligtingsmateriaal betreffende die terrein waarop ek werksaam is. Dit was my voorreg om vir 'n tyd aan die instansie verbonde te wees, weliswaar onder 'n vroeere bedeling; daar en destyds kon my sluimerende belangstelling in die kontemporêre politieke geskiedenis van my land tot volle ontplooiing gedy. In 'n sekere sin is hierdie proefskrif ook tasbare rentmeesterskap van daardie skolingstydperk in my lewe. Die Staatsargiefdiens se bewaarplekke van Pretoria, Kaapstad en Bloemfontein het ook veel tot die voltooiing van hierdie navorsing bygedra, veral deur die verlening van toestemming om sekere gesote versamelings te raadpleeg. Met dieselfde hoe waardering noem ek graag ook die volgende instansies: die Suid-Afrikaanse Biblioteek, Kaapstad; die Staatsbiblioteek, Pretoria; die Johannesburgse Openbare Biblioteek; biblioteke van die universiteite van Stellenbosch, Kaapstad, Grahamstad, Potchefstroom en die van die Randse Afrikaanse Universiteit; die N.G.-Kerkargief, Bloemfontein; die Skoolraad van Beaufort-Wes, Ek noem ook die Nasionale Party van Kaapland en die Federale Raad van die Nasionale Party, in wie se dokumente ek deur bemiddeling van wyle sen. M.P.A. Malan gedeeltelike insae kon kry, en laastens die altyd parate S.A. Weermagargief , vir hul tegemoetkomendheid. In sy tyd was Eric Louw en die pers feitlik onafskeibaar van mekaar; gevolglik kon ek in my pogings om aanvullende bronnsmateriaal en inligting te bekom, ruimskoots van die kolomme van koerante gebruik maak, Dok aan die talle persone wat as uitvloeisel van die reklame met my gekorrespondeer het, en diegene met wie langs ander kanale geskakel is en wat in een of ander vorm, hoe gering soms ook al, hulp kon verleen, wil ek my dank betuig, Onder al die kollegas wat altyd so 'n lewendige belangstelling in my navorsing getoon het, wil ek graag enkeles uitsonder aan wie ek besonder veel verskuldig was en wie se invloed baie sterk ten grondslag van hierdie eindresultaat van baie jare se navorsing lê: prof, M.C.E. van Schoor, my "tutor" in 'n belangrike fase van my skoling in die geskiedeniswetenskap en die man wat meer as enigiemand anders my ontluikende belangstelling in die eietydse geskiedenis gerig het; prof, J,J, Oberholster, met sy kalmerende besadigdheid op alle lewensterreine maar ook ten opsigte van die besondere vakwetenskap, wat stimulerend inwerk wanneer die pen opgeneem word; en laastens dan my promotor, prof. J,S, du Plessis, vir sy waardevolle leiding en wenke en sy rustige oordeel. Die pad waarlangs geloop is om by 1948 uit te kom, begin in 1659 met die aankoms van stamvader Jan Pietersz. (Broertje) Louw aan die Kaap; ek dink veral aan hulle wat so geduldig my ervarings op die pad moes meemaak, Teenoor al die ongenoemdes wat op welke wyse ookal 'n aandeel in die afhandeling van hierdie proefskrif gehad het, is my dank ewe innig.en_US
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West University (South Africa)en_US
dc.titleEric H. Louw in die Suid-Afrikaanse politiek tot 1948en_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeDoctoralen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record