Morfologiese onderskeiding tussen verskillende serotipes van Pseudomonas aeruginosa uit hospitaal infeksies
Abstract
Met hierdie studie van flagella van verskillende H-serotipes
van P. aeruginosa kon twee tipes flagellastrukture, (A en B) waargeneern word. Uit die resultate kan aangeneem word dat die flagellastruktuur van
'n spesifieke serotipe konstantis en dat die flagellastruktuur van dieverskillende serotipes kan verskil. By al die serotipes wat bestudeer is, is slegs
een van die twee tipes strukture waargeneem en nie
albei in dieselfde flagella soos by P. rhodos nie.
Lowy & Hanson (1965, p. 299). Die afleiding kan uit
die resultate gemaak word dat daar 'n verband tussen
die antigeniese sarnestelling en die oppervlaktestruktuur van die flagella van die verskillende 'H-serotipes van P. aeruginoea bestaan. Hoe minder die
antigeniese sarnestelling verskil, hoe kleiner is die
struktuurverskille soos onderskeidelik in die lengteverlopende lyn- en heliksstrukture en hoe groter die
antigeniese sarnestelling verskil hoe groter is die
struktuurverskille soos die tussen die lengteverlopende lyn en heliksstrukture. Wat die betekenis is
van die onderbrekings in die struktuur asook die
halwelynverskuiwings in die lyne van die lengteverlopende en flagellastruktuur is moeilik verklaarbaar.
Hierdie twee verskynsels is ook deur Lowy & Hanson
(1965, p. 300) by P. fluorescene en P. rhodoe opgemerk.
Dit kan moontlik artifakte wees deurdat die flagella
beskadig word (die struktuuronderbrekings) en die
draaiing van die flagella tydens roostertjiemotering.
Terwyl dit ook deur ander navorsers waargeneem is,
word vermoed dat dit aan misvorming tydens flagellavorming te wyte kan wees.
Verdere studie met die H-serotipes van die ander
Peudomonas spesies kan moontlik lig werp op die
vraag of daar ook 'n verband tussen elke spesie se
H-serotipes en sy flagellre fynstruktuur asook tussen
die van die verskillende spesies getref kan word.
Omdat flagella so vatbaar is vir suurbeskadiging,
het die gebruik van uranielasetaat sy eie probleme.
Nieteenstaande dit is redelik konstante strukture
verkry en die herhaling daarvan in verskillende preperate van dieselfde'H-serotipe is genoegsame aanduiding van die bruikbaarheid van hierdie kleuringstegniek. Dit is 'n vinnige metode om tussen verskillende isolate van P. aeruginosa te differensieer,
maar nie met dieselfde presiesheid van serologiese
metodes nie.
Collections
- Health Sciences [2061]