Die eerste algemene verkiesing na die vorming van die Unie van Suid-Afrika, 1910
Abstract
Die vorming van die Unie van Suid-Afrika in 1910 het
in sekere sin die voorafgaande geskiedenis afgerond en
'n nuwe tydperk ingelui. Die eenwording is geed beskrywe, ender andere deur L .M. Thompson in sy Unification
of South Africa. Oor die eerste algemene verkiesing in
September 1910, wat ' n uitvloeisel was van die eenwording
en waarna dikwels slegs terloops verwys is, is baie min
gepubliseer. Hierdie studie het ten doel om daardie
leemte te vul.
Die navorsing oor die onderwerp het 'n baie wye veld gedek omdat al die politieke partye in al die provinsies
gedek moes word . Die meeste studiemateriaal le opgesluit in die belangrikste koerante (regeringsgesind,
opposisie en onafhanklik), van daardie tyd aangevul
deur private versamelings en ander bronne.
Skryweris baie dank verskuldig aan die studieleier,
prof. dr. J.S. du Plessis, vir sy hulp en leiding en
ook aan dr. P.F. van der Schyff wat met sy besondere
kennis van die politieke geskiedenis baie waardevolle
wenke en hulp verleen het.
My taak is ook baie vergemaklik deur die vriendelike
hulp wat ontvang is van personeellede van die verskillende argiefbewaarplekke en biblioteke dwarsdeur die
land waar navorsing gedoen is. Besondere vermelding
verdien die personeel van die Ferdinand Postmabiblioteek
vir hulpvaardigheid en vriendelike diens.
Ek spreek ook graag my dank uit vir finansiele hulp wat
ontvang is van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing en van die Transvaalse Onderwysdepartement.
Collections
- Humanities [2680]