Sendingdrukperse in Suid-Afrika, 1800-1875
Abstract
Onder die term ,,sendingdrukpers" word vir die doeleindes van hierdie
studie verstaan 'n drukpers wat onder die beheer van 'n sendeling of 'n
komitee van sendelinge was, wat die eiendom van 'n sendinggenootskap
was, wat hoofsaaklik gebruik is om lektuur aan die sendingobjekte te voor=
sien, en waar die winsmotief heeltemal uitgeskakel was. Teen die einde
van die tydperk onder behandeling het verskeie drukkerye as onderafdelings van industrH!le skole van sendings, met staatstoelae, op die ton eel
verskyn. Omdat sodanige drukke:r;ye daarby ook nog private drukwerk onderneem het, was hulle nie sendingdrukperse in die ware sin van die woord
nie. Nogtans is hulle werk en die bemoeiinge van hulle eienaars in verband
met lektuurvoorsiening aan die Bantoes en Kleurlinge in hierdie studie nie
gei"gnoreer nie. Toe die rol van die sendingperse haas uitgespeel was, het
hulle 'n oorgang van die sendingperse na die kommersii:!le perse gevorm.
Die geskiedenis van sendingdrukperse in Suid-Afrika van 1800 tot 1875 is
die geskiedenis van die sendelinge se bestudering van die verskillende volkstale, hulle vertaalwerk in daardie tale, en die druk van vertalings en ander
werke. Prof. Venter het bevind dat die drie sake, taalstudie, vertalings
en drukwerk, hand aan hand gegaan het. l) Hierdie studie het dit bevestig
dat die drie genoemde sake onafskeidbare komponente van die sendingpers
is. Sonder die een was die ander nie moontlik nie.
Collections
- Humanities [2680]