dc.description.abstract | Aanvanklik is in vergelykende studie van Cicero en
Quintilianus se opvoedkundige beskouings as 'n moontlike
tema oorweeg, maar later het die gedagte al sterker begin
posvat om Quintilianus se opvoedkundige denke nie alleen
met die opvattinge van sy voorganger, Cicero, te vergelyk
nie, maar om dit veral ook aan die kontemporere opvoedkundige denke van die eerste eeu n. C. te toets. Die doel
van hierdie studie is dus om te probeer vas stel in hoe verre
Quintilianus as 'n vertolker van die pedagogie se denke van
sy tyd beskou kan word.
Die uiteindelike doel van hierdie ondersoek regverdig
eerstens 'n kort oorsig van die eerste eeu n. C. - die tydperk
waarin Quintilianus geleef en gewerk het. Aangesien dit
die eeu van heersers soos Nero, Vespasianus en Domitianus
was, kan die politieke agtergrond van hierdie onstuimige
tydperk nie sonder meer oor die hoof gesien word nie.
Daar Rome vinnig besig was om 'n kosmopolitiese stad te
word, oorweldig deur vreemde invloed van buite, sou selfs
'n oppervlakkige ontleding van die sosiale omstandighede
tog die onderwerp verder kon toelig. In die lig van die
politieke omstandighede van hierdie tydperk, sal daar ook
kortliks na die invloed van die beperkte politieke vryheid op
die letterkunde verwys moet word. Die eerste eeu n. C.
sou beste mpel kon word as in oorgangstydperk: die oorgang
van Republiek na Principaat wat sekere veranderinge op
verskillende terreine, onder meer ook die onderwys,
teweeggebring het. Veral die opvoedkundige agtergrond
van hierdie eeu sal uiteraard onontbeerlik vir 'n uiteensetting van die pedagogiese denke van Quintilianus se tyd wees.
Tweedens sal gepoog word om nie alleen die ou
Romeinse opvoedingsideaal nie, maar veral ook die kontemporere opvattinge oor die opvoedingsdoel in Quintilianus se
tyd te karakteriseer. In hierdie verband sal daar ook
vasgestel moet word in welke mate hy getrou aan die antieke
Romeinse ideaal was al dan nie. Verder sal die wysgerige,
sedelike, staatkundige, lite rere, psigologiese en godsdienstige grondslae van Ouintilianus en sy tydgenote ook behandel
moet word. Die belangrikheid van die inhoud en organisasie van die opvoeding regverdig die insluiting van 'n hoofstuk - oor die leerplan en onderwysstelsel. 'n Belangrike oogmerk
van hierdie studie is 'n ondersoek na die rol wat Quintilianus
in die metodiek van die eerste eeuse onderwys gespeel het.
Sy siening van die opvoeder en opvoedeling sal die beskouinge
van sy tydgenote in die regte perspektief stel.
Ten slotte leen die onderwerp hom daartoe om
Ouintilianus se plek in die onderwys van die eerste eeu n. C.
te probeer bepaal en om aan te dui in watter mate hy daarin
geslaag het om die verskillende uiteenlopende opvattinge,
wat in sy opvoedkundige denke gekulmineer het, te verwerk
en te vertolk. | en_US |