Die geskiedenis van Rustenburg, 1851-1918
Abstract
Om die geskiedenis van Rustenburg na te vors en te beskryf,
veral die vroegste deel daarvan, lewer baie probleme op. Die belangrikste daarvan is dat die meeste van die oudste bronne, waaruit die
geskiedenis saamgestel sou kon word, ongelukkig vernietig is toe die
landdrosgebou met sy hele dokumente- inhoud afgebrand het . Vir die
geskiedenis van Rustenburg in di-e -eer-st-e· plek, maar ook vir Transvaal en Suid-Afrika in die algemeen is dit ·n werklike onherstelbare
verlies, l) want waar geen dokumente bestaan nie, kan geen geskie
denis geskrywe word nie: 11no documents, n0 history" .
2
) Die verlies
van hierdie gegewens oor een van .die 0uclste dorpe en blanke-nedersettings in Transvaal is des te gevoeliger as in aanmerking geneem
word watter groot rol Rustenburg in die vroee geskiedenis van die
Suid-Afrikaanse Republiek gespeel het.
Pogings om die grondtransa-ksies, die koop en verkoop van erwe en plase, in Rustenburg en distrik op te spoor lewer ook 'n teleur=
stellende resultaat. Hoewel alle grondtransaksies deur die regering
van die staat beheer en in die Staatscourant3) aangekondig is , het daar
in die vroee jare van die Republiek geen aktekantoor bestaan, waar
grondverkope en -aankope behoorlik geregistreer kon word nie. Trouens, die eerste 11Verslag van den Registrateur van akten" het eers in
1) Kyk Kruger, D. W. : Inleiding tot die geskiedenis van Transvaalse
dorpe (manuskrip in die Staatsargief, Pretoria, 1932) , p. 3 en
Pelzer, A.N. en Prinsloo, N. : Die Rustenburgse Eeufeesgedenkboek, 1851-1951 (uitgegee deur die Stadsraad van Rustenburg, 1951), p.1.
2) Langlois, C. V. en Seignobos, Chr. : Introduction to the study of
history (London, Lower Brydone, 1932), p . 17.
3) Die Staatscourant is vanaf 18 5 7 in die Z . A. R. uitgegee.
1892 verskyn en daarin word grondtransaksies tot 1886 teruggevoer.
4)
Rustenburg se grondverkope is egter nog nie in hierdie aktekantoor
geregistreer nie. Tydens 1n ondersoek in die Aktekantoor te Pretoria,
is die onstellende ontdekking gedoen dat die eerste aktes vir Rustenburg eers in 1908 geregistreer is.
5)
Dit was egter nie net dokumente in die oudste regeringskantore, wat op die een of die ander wyse in die slag gebly het nie. Ook
die lemoenpakhuis van een van die oudste kooperasies in Rustenburg
6)
het afgebrand en daarmee ook byna alle dokumente wat daarin was.
Slegs die tweede brieweboek wat in die huis van die destydse sekretar is, mnr. P.R. de Villiers, gebere was, het behoue gebly.
7)
'n Ander ernstige probleem wat met die opstel van die geskiedenis van Rustenburg ondervind word, is dat daar in die Transvaalse
koerante van die laaste helfte van die 19e eeu so min berigte en nuus
oor Rustenburg verskyn het. Dit is veral opmerklik dat as De Volksstem van die tyd nagegaan word, kleiner en minder belangrike plekke
soos Middelburg, Lichtenburg, Zeerust en selfs MarthinusWesselstroom baie koerantnuus opgelewer het, terwyl die naam Rustenburg
bykans nie vermeld word nie. Wat die rede daarvoor mag wees is nie
bekend nie. Blykbaar het daar min opspraakwekkende en nuuswaardige dinge gebeur want 1n beri~gewer uit die tagtigerjare skryf bv.
11Ik geloof bepaald dat de aanleggers van dit dorp toen zy het den naam
Rustenburg gaf, in de toekomst hebben kunnen zien, want geen gepaster naam zou men kunnen dan dezer. Ja het is hier werkelyk stil en
4) Schutte, P. J.: 1n Besondere gesamentlike katalogus van Groen=
boeke van die Zuid-Afrikaanse Republiek (ongepubliseerde
M.A..,.verhandeling, Potchefstroomse Universiteit vir C.H.0.,
1966), p.l.
5) Naamlik Akte nr.147-153, Akte 897/1908, Rustenburg, Boek I, p.l
6) De Volksstem, 4 Desember 1908: Berig van korrespondent.
7) Meegedeel deur mej. M. Louw, sekretaresse van die Lemoenpakhuis.
rustig. 8)
Weliswaar het d.aar .in die jare tydens die Britse besetting van
Transvaal vanaf 1877 tot na die Eerste Vryheidsoorlog taamlik gereeld
beriggies in die gemelde koerant verskyn, maar daarna neem dit aan=
merklik af. Blykbaar het alles op die dorpie so stil en rustig toegegaan
dat 'n naweekse besoek van 'n Zeerustse krieketspan vir Rustenburg
'n groot en opwindende gebeurtenis was. In 'n koerantberig daaroor
word nie net die volledige telkaart van die twee spanne gegee nie, maar
ook 'n omslagtige beskrywing van hoe die besoekers onthaal is, wie al=
mal heildronke ingestel en wat elkeen gese het, en dan vind die kor=
respondent daarby nog genoeg rede om op te merk: 110ur town of rest
and quiet was enlivened considerably".
9)
Selfs die opgewondenheid en hedrywigheid wat met die ontdekking van goud gepaard gegaan het, kon die stillegang in Rustenburg nie
versteur nie. Soms het daar selfs tot soveel as drie maande verby=
gegaan waarin die landdros geen saak gehad het om te verhoor of iets
noemenswaard 1. g geb eur h e t ni.e . lO)
Hierdie toedrag van sake het meegebring dat gegewens i. v. m.
die vroee geskiedenis van Rustenburg maar taamlik skraal is, en dit
verklaar miskien waarom tot dusver nog nie 'n wetenskaplike werk oor
die geskiedenis van Rustenburg geskryf is nie. Die enigste werk wat
nog oor die geskiedenis van die dorp saamgestel is, is Die Rustenburgse Eeufeesgedenkboek, wat in 1951 onder redaksie van prof. dr. A. N.
Pelzer en die stadsklerk, mnr. N. Prinsloo, deur die Rustenburgse
Stadsraad uitgegee is. Dan is daar ·n hele paar werke oor die Kerkgeskiedenis, waarin ook op beperkte wyse oor Rusten burg gehandel
8) De Volksstem, 22 September 1887 . Berig van 'n korrespondent.
9) Ibid., 23 Mei 1884.
10) Ibid., 22 September 1887.
word. Hieronder val ds. F. G. M. du Toit se Eeufeesuitgawe van die
Nederduits Hervormde of Gereformeerde-Gemeente, Rustenburg; S. P .
Engelbrecht: Geskiedenis van.die. Nederduits Hervormde Gemeente
van Rustenburg, asook sy Geskiedenis van die Ned. Hervormde Kerk
van Afrika; dr. G.D. Scholtz se Die Geskiedenis van die Ned. Her=
vormde of Geref. Kerk van Suid-Afrika(2 dele); dr . B.R. Kruger :
Die stigting van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika; prof. dr .
J.P . Jooste: Die Geskiedenis van die Gereformeerde Kerk in S. A . en
die Gedenkuitgawe van die Gereformeerde Kerk in S. A.
Skrywer hiervan het egf:er gevoel dat hierdie gebrek aan gege=
wens nie 'n genoegsame rede is om die geskiedenis van hierdie belang=
rike historiese dorp ongeskryf te laat nie. Daarom het ek die onder=
werp aangepak en wat nou voltooi is, is gedoen op grond van die ver=
spreidliggende gegewens wat nog bekom kon word in Volksraadsnotu=
les, die Staatscourant, ander amptelike stukke, koerante en sekon=
dere werke. Hiermee is die ontwikkeling tussen 1851 en 1918 beskryf
maar skrywer wil nie voorgee dat all es volledig afgehandel is nie, dis
eerder net 'n historiese oorsig.
Die geskiedenis van Rustenburg is net geskryf van die ontstaan
van die aanleg in 1851 af tot 1918 omdat dit 'n mooi geheel uitmaak, nl.
die ontwikkeling van kerkplaas tot selfstandige munisipaliteit. Die ge=
skiedenis van die dorp na 1918 is verder redelik volledig te boek ge=
stel in Die Rustenburgse Eeufeesgedenkboek 1851- 1951, terwyl dit nie
die geval is met die periode wat strek van 1851 t ot 1918 nie.
Die versamelde gegewens word chronologies weergegee. Dit
mag miskien die indruk skep dat die verskillende temas fragmentaries
beskryf word. As daar egter op gel et word dat elke onderwerp by an=
der aangeleenthede en gebeurtenisse inskakel en saam 'n geheelbeeld
van 'n bepaalde tydsverloop gee, dan sal die leser begryp waarom
Skrywer hiervan op 'n chronologiese eerder as 'n tematiese aanbieding
besluit het. Daardeur word dan aangetoon hoe die ontwikkeling op alle
terreine van die samelewing in die bepaalde opeenvolgende tydvakke
verloop het.
Dit is vir my 'n groot voorreg om by die voltooiing van hier=
die verhandeling my dank aan prof. dr. J. S. du Plessis oor te dra.
Sonder sy bekwame hulp, leiding en aanmoediging soo ek seker nie
die taak kon voltooi het nie.
Vervolg.ens wens ek graag die volgende persone en instansies
te bedank vir hulp my aangebied gedurende die tyd wat ek navorsing
oor die studieonderwerp gedoen het; nl. die pers0neel van die Fer=
dinand Postma-Biblioteek van die Potchefstroomse Universiteit vir
C.H. 0. en die Potchefstroomse Onderwyskollege. 'n Spesiale woord
van dank word gerig aan die administratiewe personeel van die Rus=
tenburgse Stadsraad wat my toegang tot hulle argief verleen en alle
geriewe tot my beskikking gestel het. In die verband wil ek graag die
naam van wyle mnr. Bokkie Holmes uitsonder. Hy het werklik uit sy
pad gegaan om alle moontlike informasie aan my voor te le en verder
het hy vir my 'n gerieflike kantoor ingerig waar ek onverstoord met
die navorsing kon voortgaan.
Collections
- Humanities [2696]