Die deuteronaktivering van die eerste oorgangsreeks
Abstract
In hierdie ondersoek is twee moderne skyfmaaktegnieke
nl. molekulere platering en elektrosproei bestudeer en gebruik
vir die bereiding van skywe in die molekulere vormo Die metodes
kan veral suksesvol toegepas word by die bereiding van
isotoop-skywe wanneer mikro-hoeveelhede skyfmateriaal beskikbaar
is. Tesame met ander beproefde tegnieke soos elektroplatering
en sentrifugering is skywe verkry wat aan die eksperimentele
vereistes van hierdie ondersoek vol doen het en is
hulle gebruik vir bestraling met deutrone.
Elemente van die eerste oorgangsreeks nlo chroom, mangaan,
yster, nikkel en sink is ondersoek en die opwekkingskromme van
ten minste een aktiveringsreaksie van elk is bepaal. Die
meeste deuteron- geinduseerde reaksies is hoogs ekso-ergies en
gevolglik kan baie opgewekte kernvlakke 'n rol speel in die
vorming van die radio - aktiewe produk. Aangesien die opbrengs
van die produk eenvoudig die som is van die bydrae van elke
opgewekte vlak kan dit verwag word dat die kerneienskappe van
enige vlak nie 'n groot invloed op die gesommeerde aktiwiteit
sal uitoefen nie. Dus kan dit verwag word dat die opwekkings krommes
geen invloed van kernstruktuur sal toon nie. Dit is
dan ook gevind dat die gemete opwekkingskrommes almal kwalitatief
dieselfde vorm gehad het. Daarbenewens is die deursnit
by 5,5 MeV, die hoogste energie wat in hierdie ondersoek be reikbaar
was, ook nog heel wat laer as die van die maksimumwaarde
wat natuurlik sal verskil van reaksie tot reaksie.
Die (d , p) - reaksie is die mees waarskynlike. Dit is
waargeneem dat die volgorde van die reaksiedeursnitte van
verskillende kernsoorte redelik ooreenstem met die volgorde
van invangsreaksies met termiese neutrone op dieselfde kerne.
So 'n waarneming is nie heeltemal ve rbasend nie omdat beide
hierdie reaksie s diese lfde produknuklied lewer.
Die deursnit van ( d , n)-reaksies is ook groot maar ietwat
kleiner as die van (d , p) - r eaksies. Dit kan dalk toegeskryf
word aan polarisasie - effekte. In hierdie ondersoek is opwekkingskrornrnes
opgestel vir (d , n) - reaksies op yster- 54 , nikkel- 56
en 60 asook sink-64. In die eersgenoemde geval is die verkree
waardes vergelyk met die wat in 1957 verkry is (Mc 64). Die
deursnitte van die ( d, n) -reaksies op ander isotope van hierdie
elemente kan nie gerieflik verkry word nie. Dit is so omdat
hulle produkte of geen meetbare gammastraal uitstraal nie of
hulle halfleeftye so lank is dat die opbrengs uit redelike bestralingstye
van selfs ure te laag is. Die uitsonderings is
sink-66 en 67 wat nie hier bestudeer is nie.
Die Coulombafstoting tussen 'n kern en 'n in- en uitkomende
a - deeltjie is veel hoer as die van 'n proton met die
gevolg dat die reaksiedeursnit van 'n (d , a) - reaksie baie
kleiner is as die van ' n (d , p)-reaksie. Dit is gevind dat
50 48 die reaksiedeursnit van die reaksie Cr(d,a) V omtrent 'n
faktor 20 kleiner is as die van die (d , p) - reaksie op dieselfde
isotoop van chroom.
Hierdie ondersoek kan voortgesit word deur bestralingsbundels
met hoër energie te gebruik en 'n groter verskeidenheid
van reaksies te bestudeer.