'n Taakkostestelsel vir die kapitaal- en instandhoudingswerke van 'n administrasieraad : 'n gevallestudie
Abstract
Uit die voorafgaande aanbevelings is dit duidelik dat die installing
van 'n gerekenariseerde kostestelsel 'n groot verskeidenheid aspekte
behels. Die belangrikste hiervan is:-
1. Die installing van h deurlopende gerekenariseerde krediteurstelsel.
2. Die installing van 'n gerekenariseerde loon- en tydstaatstelsel.
Uit die aard van 'n saak sal daar praktiese problems opduik in so verre
dit die aaneenskakeling van die verskillende stelsels betref.
Hierdie aangeleentheid sal gevolglik verder ondersoek moet word.
Nogtans behoort dit nie onoorkomelike problems te skep nie, aangesien
die belangrikste aspekte van die verskillende stelsels in die voorafgaande
hoofstukke uitgelig is.
Alhoewel die voorgestelde kostestelsel vir die Oos-Randse Administrasieraad
hoofsaaklik histories van aard is, word die inligting
nou baie gouer tot die beskikking van die bestuurspan gestel. Deur
tydig op hierdie inligting te reageer kan afwykings vroeër geidentifiseer
en reggestel word. Die stelsel kan verder dien as basis vir
die daarstelling van standaarde wat tesame met die bestaande inligtingstelsel,
tot groot voordeel van die raad aangewend kan word.