Die relatiewe belangrikheid van enkele elemente van die bemarkingsmengsel van vulstasies in Rustenburg en die implikasies daarvan vir hierdie tipe kleinhandelaar
Abstract
Die elemente van die bemarkingsmengsel van vulstasies
is indeelbaar in twee groepe, naamlik korttermyn
elemente en langtermyn elemente, dit wil se, elemente
wat oor die korttermyn veranderbaar is en elemente
wat net oor die langtermyn veranderbaar is.
Van die elemente van die bemarkingsmengsel van vulstasies
wat in hierdie studie in ag geneem word, is belonings,
dliens en in ' beperkte mate, voorkoms van vulstasie en
waar ander motorsake gedoen word, korttermyn elemente.
Die langtermyn elemente, is gemak (ligging), handelsmerk
petrol en in 'n beperkte mate, voorkoms van vulstasie
en waar ander motorsake gedoen word.
Die bevindings van hierdie studie dui duidelik aan in
watter mate die langtermyn elemente onderliggend is aan
die sukses van 'n vulstasie. Besluite ten opsigte van
langtermyn elemente, moet met groot oordeelkundigheid
geneem word, want 'n onoordeelkundige besluit ten opsigte
van die elemente, kan uit die aard van die saak net oor
die langtermyn reggestel word, terwyl deur aanpassings
aan die korttermyn elemente, slegs in 'n baie beperkte
mate gekompenseer kan word vir gebrekkige langtermyn besluite
Alhoewel die daarstelling van langtermyn elemente, wat
deeglik afgestem is op die verbruiker se behoeftes en
voorkeure, tot 'n sekere mate ' n bepaalde markaandeel vir
die betrokke vulstasie waarborg, word die volle waarde
van die elemente eers gerealiseer indien die korttermyn
elemente ook afgestem is op die verbruiker se behoeftes
en voorkeure. Die korttermyn elemente verg voortdurend
aandag van die bestuur omdat die elemente so veranderlik
is oor die korttermyn en omdat die elemente 'n besliste
invloed het op die gedrag van die verbruikers.
Opsommend kan dit gestel word dat die daarstelling van
langtermyn elemente van die bemarkingsmengsel wat afgestem
is op die verbruiker se behoeftes en voorkeure, die moontlikheid
skep dat die betrokke vulstasie suksesvol kan wees vir
werklike sukses moet die korttermyn elemente egter ook
afgestem wees op die verbruiker se behoeftes en voorkeure.