Die geregtelike interpretasie van konstruktiewe ontslag in Suid-Afrika
Abstract
Werkgewers het konstruktiewe maniere gevind om van werknemers ontslae te raak. Sodanige maniere kom neer op konstruktiewe ontslag. Konstruktiewe ontslag is wanneer die werkgewer die werksomgewing vir die werknemer ondraaglik maak. Die ondraaglike gedrag van die werkgewers wat tot konstruktiewe ontslag van die werknemers lei, sluit, onder andere, seksuele teistering, onregverdige diskriminasie en aanranding in. Die ondraaglike gedrag van die werkgewer wat tot konstruktiewe ontslag van werknemers lei, het tot volg gehad dat howe verskeie toetse toegepas het om vas te stel of ꞌn werknemer konstruktief ontslaan is. Die toetse wat die howe oor die jare gebruik het, is deels objektief en deels subjektief. Die howe het ook ꞌn tweeledige en strenger benadering gehad om vas te stel of ꞌn werknemer konstruktief ontslaan was. Daar is remedies wat van toepassing is op 'n konstruktiewe ontslageis. Hierdie remedies vir 'n konstruktiewe ontslageis is heraanstelling en vergoeding. Hierdie skripsie fokus op hoe konstruktiewe ontslag in Suid-Afrika geregtelik geïnterpreteer word. Ten einde dié doel te bereik, word daar na die oorsprong van ꞌn konstruktiewe ontslageis sowel as die voorwaardes waaraan voldoen moet word om te bepaal of ꞌn konstruktiewe ontslageis suksesvol was, gekyk, en ook na die remedies vir ꞌn konstruktiewe ontslageis.
Collections
- Law [834]