Show simple item record

dc.contributor.advisorVan der Walt, M.F.en_US
dc.contributor.authorMuller, P.F.en_US
dc.date.accessioned2021-11-16T06:47:03Z
dc.date.available2021-11-16T06:47:03Z
dc.date.issued2021en_US
dc.identifier.urihttps://orcid.org/0000-0002-8131-732Xen_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/37849
dc.descriptionMA (Filosofie), North-West University, Potchefstroom Campus
dc.description.abstractDie doel van hierdie projek is om die stand van sake in die kontemporêre vrye-wil diskoers, wat in ʼn doodloop straat beland het, te evalueer en om ʼn Reformatoriese benadering tot vrye-wil as alternatief voor te stel. Dit wil voorkom asof daar sekere onderliggende probleme is wat manifesteer in pogings om vrye-wil in verband te bring met ʼn wetenskaplike begrip van oorsaaklikheid. Die verskillende dominante posisies oor vrye-wil, naamlik determinisme, kompatibilisme, en die libertariese beskouing, struikel elkeen oor sekere oënskynlik onoorkombare probleme sodat dit ten diepste lyk asof dat die vrye-wil diskoers vasgevang is in ʼn dilemma – of te wel die genoemde doodloopstraat. Hierdie dilemma behels ʼn kritieklose aanvaarding van ʼn ongebonde, en dus onverklaarbare vryheid aan die een kant, en vryheidlose determinisme aan die ander. Hierdie dilemma is van noemenswaardige belang, aangesien ons begrip van vrye-wil ʼn sentrale rol speel in baie ander filosofiese en lewenskwessies waaronder epistemologiese sekerheid en juridiese en morele aanspreeklikheid. In hierdie projek word bogenoemde stand van sake op ʼn kritiese wyse geanaliseer ten einde die dieperliggende aard van hierdie oënskynlike dilemma te identifiseer. Daar word aangevoer dat die vrye-wil diskoers in die meeste gevalle gerig en beperk word deur onderliggende en problematiese filosofiese en voorwetenskaplike vertrekpunte. Een van die kern probleme wat aangespreek word, is dié van reduksionisme en die rol wat dit speel in teorievorming. Vervolgens word daar geargumenteer dat die problematiese aard van hierdie vertrekpunte vermybaar is, en dat daar wel ʼn alternatiewe benadering moontlik is. Die voorstel is dat die Reformatoriese nie-reduksionistiese filosofie en die gepaardgaande ontologie, wetenskapsfilosofie en antropologie, ʼn raamwerk bied waarbinne die vrye-wil dilemma as sodanig moontlik omseil kan word met behulp van ʼn meer sinvolle verrekening van vrye-wil.
dc.language.isoenen_US
dc.subjectVrye-wil
dc.subjectVrye-wil dilemma
dc.subjectVrye-wil kwessie / diskoers / gesprek / probleem
dc.subjectReduksionisme
dc.subjectFilosofiese raamwerke
dc.subjectReformatoriese filosofie
dc.subjectVerantwoordelikheid
dc.subjectAanspreeklikheid
dc.subjectWetenskapsfilosofie
dc.subjectReformatoriese ontologie
dc.subjectReformatoriese antropologie
dc.titleDie vrye-wil: ʼn nie reduksionistiese perspektiefen_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeMastersen_US
dc.contributor.researchID11944986 - Van der Walt, Marthienus Frederik (Supervisor)en_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record