• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Education
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Education
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Graad R-onderwysers se persepsies van die ontwikkeling van Afrikaanse mondelinge taalvaardigheid met behulp van aktiewe bewegingsaktiwiteite

    Thumbnail
    View/Open
    Roode_S.pdf (1.743Mb)
    Date
    2021
    Author
    Roode, S.
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die lae geletterheidsvaardighede van kinders kry toenemend aandag in die Suid-Afrikaanse literatuur, en die leesvermoë van Suid-Afrikaanse kinders is kommerwekkend. Een van die voorstelle wat in die PIRLS-verslag gemaak word om die lae geletterheidsvaardighede aan te spreek, is dat daar meer klem gelê moet word op die bewusmaking van onderwysers en op vroeëgeletterdheidsaktiwiteite en -onderrig in vroeë kinderontwikkeling. Met meer klem op kognitiewe vaardighede, word ander kurrikulumgebiede, soos beweging en toevallige of speelgebaseerde leer, opsygeskuif. Die kurrikulumvereistes wat ʼn onderwyser daagliks moet nakom, maak dit toenemend moeilik om tyd te maak vir leerders om aktief te wees. Dit lei daartoe dat selfs nadat leerders ure by die huis gesit het, hulle ook vir ure aaneen by die skool sit. Die verwagting is dat kinders deurentyd hul taalvaardigheid, wiskunde en lewensvaardighede moet ontwikkel en bevorder (Erasmus, 2012). Alhoewel navorsing ʼn positiewe korrelasie tussen beweging en kognisie toon, verminder skole die tyd wat kinders fisiek beweeg, soos liggaamsopvoedingklasse, pouses en vryspel, om meer tyd aan akademiese werk te spandeer (Ratey, 2008). Robinson et al. (2012) het in hul navorsing gevind dat onderwysers nie daarop voorbereid is om taalvaardigheid en beweging doeltreffend te kombineer nie. Die primêre doel van hierdie studie is dus om vas te stel wat die persepsie van graad R-onderwysers is ten opsigte van die ontwikkeling van mondelinge taalvaardigheid met behulp van bewegingsaktiwiteite. Die studie is onderneem vanuit ʼn interpretatiewe paradigma waar daar gefokus is op die individu en/of gemeenskap en die betekenis wat hulle aan die bepaalde ervarings heg. Die kwalitatiewe navorsingsbenadering is die navorsingsbenadering waardeur daar gepoog word om ryk, beskrywende data oor ʼn bepaalde onderwerp of konteks te bekom, te analiseer en te verstaan. In hierdie studie is daar gebruik gemaak van ʼn fenomenologiese navorsingsontwerp, om sodoende die fenomeen te identifiseer en om sodoende te ondersoek hoe die betrokke persone die fenomeen, onderwysers se persepsies van die ontwikkeling van Afrikaanse mondelinge taalvaardighede met behulp van aktiewe bewegingsaktiwiteite, sien. Die doelbewuste steekproef is gedoen in die Lichtenburg-distrik. Graad -R onderwysers is geraadpleeg om te ondersoek hoe hulle aktiewe bewegingsaktiwiteite se rol in die ontwikkeling van Afrikaanse mondelinge taalvaardighede sien, asook die KABV en hoe die aktiwiteite en taalvaardighede in the KABV voorgeskryf word. Die resultate het getoon dat alhoewel die onderwysers in sommige gevalle wel aktiwiteite insluit is hulle in die meeste gevalle onseker hoe om die aktiwiteite te koppel met mondelinge taalvaardighede. Om hierdie leemte aan te spreek word daar in hierdie studie riglyne aan die hand van ʼn voorbeeld daar gestel om onderwysers te ondersteun in die wyse waarop hulle aktiewe bewegingsaktiwiteite kan integreer om mondelinge taalvaardighede te ontwikkel in die Graad-R klaskamer.
    URI
    https://orcid.org/0000-0002-1926-7122
    http://hdl.handle.net/10394/37558
    Collections
    • Education [1695]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse
    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV