Show simple item record

dc.contributor.advisorBreed, G.en_US
dc.contributor.authorBruwer, L.en_US
dc.date.accessioned2020-11-19T09:51:38Z
dc.date.available2020-11-19T09:51:38Z
dc.date.issued2020en_US
dc.identifier.urihttps://orcid.org/0000-0003-1630-7365en_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/36398
dc.descriptionMA (Pastorale Studies), North-West University, Potchefstroom Campus
dc.description.abstractHierdie studie handel oor die pastorale versorging aan adolessente meisies met afwesige vaders. Die oogmerk is om riglyne saam te stel sodat adolessente meisies met afwesige vaders, ten spyte van hulle omstandighede, pastoraal versorg en begelei kan word. Osmer se vier-punt-model word as vertrekpunt gebruik. Eerstens word die vraag “Wat gebeur tans?” beantwoord deur ʼn literatuurstudie in hoofstuk 2 te loots waarin die huidige stand van sake ondersoek word. Hier word vasgestel wat die statistiek rondom vader-afwesigheid tans in die Westerse wêreld asook Suid-Afrika is. Die invloed wat vader-afwesigheid op die adolessente meisie se lewe het, is verken deur die verskillende ontwikkelingsfases van die meisie te ondersoek, naamlik die fisiese-, emosionele-, kognitiewe- en sosiale ontwikkeling. Sekondêre gevolge van vader-afwesigheid word ook verken en sluit armoede, opvoedkundige onderprestasies, losbandigheid en tiener swangerskappe, drank- en dwelm misbruik asook eetversteurings in. Die invloed wat die gemeenskap, kerk en skool op die pastorale versorging aan die adolessente meisie met ʼn afwesige vader het, word ook ondersoek. Die tweede vraag naamlik “Waarom gebeur dit?” word in hoofstuk 3 beantwoord deur vas te stel wat die oorsake van vader-afwesigheid is en waarom dit so ʼn enorme effek op die meisie se lewe het. Die sosiologiese veranderinge in die samelewing, die struktuur van die gesin wat verander het, die rol van die vader as broodwinner, werksomstandighede en loopbaanstrukture wat al hoe meer gekompliseerd raak asook die rol van die vader in die postmoderne tyd en geloofsverflouing is ondersoek. Die primêre gevolge op die adolessente meisie se lewe, naamlik haar identiteitverandering, haar verwagtings rondom verhoudings, asook pa-honger en pa-wonde, is verken. In hoofstuk 4 word na hulpverleningsmodelle vanuit die grenswetenskappe gekyk. Die verskillende hulpverleningsmodelle word ondersoek en bruikbare, praktiese aspekte uit elke model is aangetoon. Verskeie, bestaande, pastorale hulpverleningsmodelle word in hoofstuk 5 ondersoek. Hier word veral op gebed gefokus waar Jesus se genesende krag onder leiding van die Heilige Gees vir genesing van diep, emosionele wonde gebruik word. Praktiese stappe en bruikbare aspekte vanuit elke model word aangetoon. Hoofstuk 6 fokus op die praktiese riglyne vanuit die Woord van God. Die boek Efesiërs word ondersoek en riglyne vanuit die Skrif word vir die genesing van diep, emosionele pyn aangetoon. In hoofstuk 7 word merkers vanuit die Skrif, elke pastorale model sowel as ander modelle wat, vanuit die grenswetenskappe aangetoon, wat gebruik kan word. Riglyne vir die pastorale versorging van adolessente meisies met afwesige vaders word voorgestel.
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West University (South Africa)en_US
dc.subjectPastoraal
dc.subjectBerading
dc.subjectAdolessent
dc.subjectAfwesige vader
dc.titlePastorale versorging aan adolessente meisies met afwesige vadersen_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeMastersen_US
dc.contributor.researchID10995374 - Breed, Gert (Supervisor)en_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record