Die verband tussen enkele omgewings- en persoonlike faktore en die toetsintelligensie van kinders
Abstract
MOTIVERING VIR DIE ONDERSOEK Daar het 'n behoefte by die onderskeie onderwysdepartemente ontstaan aan 'n intelligensieskaal vir jonger kinders (wat nie met die Nuwe Suid-Afrikaanse Indiwiduele Skaal getoets kan word nie) by die hantering van probleemgevalle en vir plasing in spesiale klasse. Die Junior Suid-Afrikaanse Indiwiduele Skaal (JSAIS) is deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing opgestel. Die onderhawige studie het sy beslag gekry as 'n neweproduk van die standaardisering van die Skaal. 'n Vergelyking van die prestasies van subgroepe waarop die Skaal later toegepas sal word, is onderneem. DOEL MET DIE NAVORSING Die doel met hierdie studie is om vas te stel of sekere omgewings- en oorerwingsveranderlikes 'n verband toon met die ontwikkeling van sekere spesifieke intellektuele vennol:!ns van drie- tot sewejarige kinders. METODE WAT GEVOLG IS OM DOEL TE BEREIK EN EIE ONDERSOEK Daar is begin met 'n breë literatuurstudie van verskillende beskouinge oor intelligensie, die ontwikkeling van intelligensie, ontwikkelinge op die gebied van verstandsmeting en oor faktore wat met intellektuele prestasie verband hou. Die JSAIS wat in hierdie ondersoek gebruik is, is volledig bespreek. Dit het geblyk dat die toets 'n betroubare instrument is wat 'n wye verskeidenheid intellektuele venmoëns betrek. Die gegewens wat tydens die nonnberekeningstoepassing van die toets ingesamel is, is vir die onderhawige studie gebruik. 'n Biografiese vraelys moes deur die toetsafnemer of onderwyser van die toetsling voltooi word. Die verband tussen die gegewens wat met die biografiese vraelys verkry is en die tellings van die proefpersone in die verskillende toetse is bepaal. Deel- en totaaltellings in al die toetse van die JSAIS is telkens gebruik om verskillende groepe met mekaar te vergelyk sodat daar altesaam
35 toetstellings in die verskillende ondersoeke gebruik is. Daar is bevind dat seuns en meisies, en stads- en plattelandse kinders, op enkele uitsonderings na, nie van mekaar verskil wat prestasie in die JSAIS betref nie. Toetslinge met verskillende siekte- en sintuiglike probleme presteer ook nie betekenisvol verskillend van die sonder enige sodanige probleme nie. Hoewel gesinsgrootte 'n betekenisvolle negatiewe verband met die meeste toetsprestasies het, het daar feitlik geen betekenisvolle verskille tussen toetslinge in verskillende geboorteposisies in die gesin voorgekom nie. Daar is bevind dat toetslinge wat kleuterskole bygewoon het, feitlik deurgaans betekenisvol beter presteer as di~ sonder enige kleuterskool-opleiding. Sosio-ekonomiese status toon ook 'n positiewe verband met toetsprestasie deurdat toetslinge uit hoe sosio-ekonomiese statushuise, betekenisvol beter presteer as die uit die laer klasse. Hierdie bevindinge is ook verder bevestig deur die beroepe van veral die vaders, waar toetslinge waarvan die vaders se beroepe hoog in die beroepshier=
argie voorkom, betekenisvol beter presteer as dié wat laer lê. Laastens is daar hoogs betekenisvolle verbande tussen al die toetstellings en persoonlike eienskappe van die toetslinge soos geevalueer deur onderwysers gevind. · Die eienskappe is motoriese koordinasie, taalvermoë, konsentrasievermoe, emosionele rypheid en algemene intelligensie. GEVOLGTREKKING Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat van die persoonlike en omgewingsfaktore wat ondersoek is, wel met intelligensietoetsprestasie verband hou. Daar kan afgelei word dat sekere omgewings- en oorerwingsveranderlikes, wat nie geskei kan word nie, wel 'n verband met die ontwikkeling van intellektuele vermoens van kinders het. AANBEVELINGS Daar word aanbeveel dat meer navorsing met die JSAIS onderneem word ten einde - (i) 'n verkorte skaal daar te stel indien slegs 'n globale telling verlang word; (ii) 'n diepgaande ondersoek uit te voer om die diagnostiese waarde van die verskillende toetse te bepaal; (iii) die toets-hertoets-betroubaarheid te bepaal; Verder kan longitudinale ondersoeke uitgevoer word om intellektuele groei verder te ondersoek sowel as die langtennyninvloed van kleuterskoolonderrig op intellektuele ontwikkeling.