Show simple item record

dc.contributor.advisorGreyling, S.F.en_US
dc.contributor.advisorFourie, H.en_US
dc.contributor.authorTempelhoff, W.G.D.en_US
dc.date.accessioned2020-10-27T14:04:13Z
dc.date.available2020-10-27T14:04:13Z
dc.date.issued2019en_US
dc.identifier.urihttps://orcid.org/0000-0001-9136-1167en_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/36086
dc.descriptionMA (Grafiese Ontwerp), North-West University, Potchefstroom Campus
dc.description.abstractIn hierdie studie lewer ek verslag oor die toeganklikmakingsproses van die Byderhand-Pionierprojek, ʼn plekspesifieke digitale literatuurprojek, vir gebruikers met siggestremdheid. Plekspesifieke digitale literatuur is ʼn vorm van elektroniese literatuur waar multimodale tekste op spesifieke plekke beskikbaar gestel word om meelewende ervarings aan die gebruiker te bied. Hierdie projek, wat op uitnodiging van ʼn skool vir leerders met siggestremdhede in die Wes-Kaap uitgevoer is, is ʼn voortsetting van die bestaande Byderhandprojek. Die nuwe projek sou deel vorm van ʼn multisensoriese tuinprojek op die skoolterrein. Die konteks van die gebruiker het gelei tot die vraag: hoe kan die Byderhand-koppelvlak en -platform toeganklik gemaak word vir gebruikers met siggestremdheid? Die interdissiplinêre praktykgebaseerde navorsingsprojek is as ʼn deelnemende projek (Heron & Reason, 1997) en aan die hand van die multimodale ensemble vir plekspesifieke digitale literatuur (Greyling, 2017) gekonseptualiseer en uitgevoer. Om my vraag as multimedia-ontwerper oor die ontwerp van ʼn toeganklike koppelvlak te beantwoord, het ek gebruik gemaak van ʼn mede-ontwerpsbenadering. Tydens die ontwerpsproses het ek beginsels van gebruiker-gesentreerde, toeganklikheids- en universele ontwerpteorieë verweef om praktiese en bruikbare oplossings te vind. Die finale ontwerp behels ʼn multimodale koppelvlak, wat bestaan uit ʼn kombinasie van tasbare, ouditiewe en grafiese koppelvlakke. Die projek is suksesvol geïmplementeer en word gebruik deur blinde, swaksiende en siende gebruikers. Die ontwerpsoplossings wat ontwikkel is, bied verdere toepassingsmoontlikhede binne die konteks van toeganklikheidstegnologie. As multimedia-ontwerper het hierdie projek my bewus gemaak van die verantwoordelikheid wat ontwerpers het ten opsigte die gebruiker en toeganklikheid.
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West University (South Africa)en_US
dc.subjectKoppelvlakontwerp
dc.subjectToeganklikheid
dc.subjectSiggestremdheid
dc.subjectPlekspesifieke digitale literatuur
dc.subjectInteraksie-ontwerp
dc.subjectDeelnemende benadering
dc.titleKoppelvlakontwerp om plekspesifieke digitale literatuur toeganklik te maak vir gebruikers met siggestremdheiden_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeMastersen_US
dc.contributor.researchID10271341 - Greyling, Susanna Francina (Supervisor)en_US
dc.contributor.researchID12888125 - Fourie, Heniel (Supervisor)en_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record