Show simple item record

dc.contributor.advisorVan Schalkwyk, P.L.en_US
dc.contributor.authorVan der Berg, E.J.en_US
dc.date.accessioned2020-10-27T14:04:12Z
dc.date.available2020-10-27T14:04:12Z
dc.date.issued2019en_US
dc.identifier.urihttps://orcid.org/0000-0002-3648-9931en_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/36082
dc.descriptionPhD (Algemene Taal- en Literatuurwetenskap), North-West University, Potchefstroom Campus
dc.description.abstractSedert 1985, 34 jaar gelede, toe Fanie Olivier se doktorale proefskrif oor Afrikaanse mistieke poësie verskyn het, het nog geen uitvoerige, toegespitste studie oor hierdie onderwerp die lig gesien nie, en ’n navorsingsleemte het gevolglik ontstaan. Oor die gewilde 13de-eeuse Persiese Soefi-mistikus, Jalāl al-Dīn Rūmī, wat dikwels in die Weste buite sy kulturele en mistieke Soefistiese konteks aangehaal word en gevolglik misverstaan en verkeerd vertolk word, is daar nog geen uitgebreide akademiese studie in Suid-Afrika uitgevoer nie. Dit het ’n verdere navorsingsgeleentheid gebied. Daar is dus besluit om vergelykenderwys ondersoek in te stel na die vergestalting van die mistieke in geselekteerde gedigte van Rumi en eietydse Afrikaanse digters. Die doel van die navorsing is tweërlei van aard: eerstens, om te bepaal op watter manier die mistieke, wat allerweë as onuitspreeklik beskou word, neerslag vind en, tweedens, wat die vergelykende komponent betref, om na te gaan watter ooreenkomste en verskille tussen die werk van Rumi en die Afrikaanse mistieke poësie bestaan. Die wese, oorsprong en kenmerke van die mistieke, wat as ontologies gekompliseerd beskou word, kom eerste aan bod. Op grond van navorsing oor bestaande wetenskaplike studies oor die mistieke in vakgebiede soos die teologie, filosofie, psigologie en literatuurteorie, is die slotsom bereik dat ’n hermeneuties-performatiewe uitgangspunt, wat Martin Heidegger se fenomenologiese beskouing en waarheidsbegrip insluit, ’n gepaste benadering vir die ondersoek sal bied. Daarna word die Christelike mistieke tradisie vanaf die vroegste tye, Rumi as mistikusdigter en die Soefi-leerstellings bespreek. Op grond van die merkwaardige ooreenkomste tussen die wese van die mistieke en die poststrukturalisme, word beskouings van veral Jacques Derrida en Jacques Lacan bespreek en onderskeidelik vergelyk met dié van Rumi en Augustinus met die oog daarop om ’n gepaste literatuurteoretiese raamwerk en ontledingsmetode vir mistieke digkuns daar te stel. Ook word die relevansie vir hierdie studie van konsepte soos die Soefi-siening van die imaginêre en spieëlsimboliek, asook Henri Corbin se mundus imaginalis onder die loep geneem. Uit ’n ondersoek na die aard van mistieke poësie en die soort taal wat die mistikusdigter benut om uitdrukking te gee aan dit wat as onuitspreeklik beskou word, blyk dit duidelik dat mistieke poësie inherent ’n performatiewe kwaliteit besit. Daar word aangetoon dat die gedig deur die benutting van verskeie strategieë en literêre tegnieke, byvoorbeeld apofatiese diskoers, paradokse en metafore, self ’n performatiewe dimensie verkry. Die performatiewe rol van die leser by betekenisgewing, in die sin van sy aktiewe beliggaamde deelname aan die teks, word ook verken. Performatiwiteitsteorieë, in besonder met betrekking tot mistieke diskoers, word dus bestudeer. Ook word Rumi se insiggewende taalbeskouing uiteengesit. Om die teoretiese gedeelte af te sluit, word ’n voorgestelde ontledingsmetode en -benadering om die gedigte te ontleed en te interpreteer, daargestel. Deur middel van die metodologie soos uiteengesit, word die gedigte van onderskeidelik Rumi en Afrikaanse digters ontleed, geïnterpreteer en getoets aan wat geïdentifiseer is as die aard, essensie en kenmerke van die mistieke. Die bevindinge word uiteengesit en daarna met mekaar vergelyk. Die gevolgtrekking is dat ’n indringende ondersoek na albei mistieke tradisies deur middel van ’n poststrukturalistiese benadering die verstaanshorisonne verbreed en lesersbegrip van al die gedigte verruim en verdiep. Soos gepostuleer en te wagte was, word bevind dat daar geen wesenlike verskil bestaan tussen die mistieke soos dit in die poësie van Rumi en die Afrikaanse digters neerslag vind nie. Wat egter veral verras, is die verrykende waarde wat die hoogs ontwikkelde Soefi-leerstellings asook Rumi se opvattings en poësie het vir ’n diepergaande insig in die mistieke óók van die Afrikaanse gedigte.
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West University (South Africa)en_US
dc.subjectmistiek
dc.subjectspiritualiteit
dc.subjectteologie
dc.subjectpsigologie
dc.subjectfilosofie
dc.subjectliteratuurteorie
dc.subjectpoësie
dc.subjectChristelike godsdiens
dc.subjectsoefisme
dc.subjectdekonstruksie
dc.subjectsemantiek
dc.subjectperformatiwiteit
dc.subjectmetaforiek
dc.subjectparadoks
dc.subjectalāl al-Dīn Rūmī
dc.subjectIbn al-’Arabī
dc.subjectJacques Derrida
dc.subjectJacques Lacan
dc.subjectMartin Heidegger
dc.subjectHenri Corbin
dc.subjectSheila Cussons
dc.subjectT.T. Cloete
dc.subjectBreyten Breytenbach
dc.subjectAntjie Krog
dc.subjectMarlene van Niekerk
dc.subjectJoan Hambidge
dc.subjectI.L. de Villiers
dc.subjectM.M. Walters
dc.subjectCas Vos
dc.subjectTom Gouws
dc.subjectC.A. Anthonissen
dc.subjectJohann de Lange
dc.subjectJacobus van der Riet
dc.titlePerformatiwiteit van taalgebruik en verstegniek in die mistieke digkuns van Jalāl al-Dīn Muhammad Rūmī, asook in die werk van geselekteerde Afrikaanse digters: ’n vergelykende studieen_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeDoctoralen_US
dc.contributor.researchID10093656 - Van Schalkwyk, Phillippus Lodewikus (Supervisor)en_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record