Show simple item record

dc.contributor.advisorKotzé, H.en_US
dc.contributor.advisorKirsten, J.en_US
dc.contributor.authorCloete, D.J.en_US
dc.date.accessioned2020-10-27T14:04:09Z
dc.date.available2020-10-27T14:04:09Z
dc.date.issued2020en_US
dc.identifier.urihttps://orcid.org/0000-0002-0040-6436en_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/36072
dc.descriptionPhD (Algemene Taal- en Literatuurwetenskap), North-West University, Potchefstroom Campus
dc.description.abstractDeon Meyer word beskou as een van Suid-Afrika se topverkoperskrywers. Daar word geredeneer dat Meyer nie net Afrikaanse letterkunde gerevolusioneer het nie, maar ook nuwe stemme tot die internasionale speurverhale van hierdie genre bygevoeg het met die vertalings van sy romans na Engels. Die belangrikheid van Meyer as speurverhaalouteur – veral in die buiteland – hang dus af van die vertaling van sy werk. Die inhoud van hierdie romans het interessante navorsingsmoontlikhede tot gevolg en een van hierdie elemente, wat hier van nader bekyk word, is die gebruik van kodewisseling as deel van ʼn karakter se dialoog in Meyer se Koors. Hierdie kodewisseling dien as ʼn karakteriseringsmetode in Koors, maar in Fever ontbreek dit. Ten spyte van die glossarium wat aan die einde van Fever voorsien word, en wat ʼn aanduiding is dat daar ʼn element van kodewisseling in die teks voorkom, figureer dit nie so prominent soos in die Afrikaanse teks nie. Hierdie studie wil ondersoek instel na die vertaling van Deon Meyer se Koors, veral met fokus op die vertaling van die karakter Domingo se dialoog omdat hy gebruik maak van kodewisseling. Hierdie karakter word gekarakteriseer as ʼn spreker van Kaaps, waarin daar kodewisseling voorkom, maar die afwesigheid van hierdie karakteriseringsmetode in die Engelse weergawe het moontlik tot gevolg dat die karakter anders uitgebeeld word. Vertaling word beskou as die uitvoering van kommunikasie wat poog om oordrag te laat plaasvind oor kulturele en linguistiese grense. Die vertaler kan egter bepaal in watter mate hy/sy die konteks wil medieer. Die oorweging tussen ʼn bronteksgerigte benadering en ʼn doelteksgerigte benadering is al vir ʼn lang tyd deel van die vertaalteorie. Hierdie oorweging kom ook in die polisisteemteorie na vore. Volgens Even-Zohar (1990) se model is die polisisteem bedink as ʼn heterogene, hiërargiese konglomeraat (of sisteem) van idees wat mekaar beïnvloed om ʼn aaneenlopende, dinamiese proses van evolusie in die polisisteem as ʼn geheel mee te bring. Uit die perspektief van die polisisteem word sekere tekste gekies vir vertaling (en die invoering in die doelsisteem) veral as gevolg van sistemiese redes. In die geval van hierdie studie sal die vraag dan gevra kan word watter rol Meyer se tekste speel in die Amerikaanse literêre polisisteem. Natuurlik verskyn die Engelse tekste van Meyer in verskeie polisisteme, maar omdat dit so ʼn komplekse sisteem is, sal die Amerikaanse literêre polisisteem ter illustrasie gebruik word. Hierdie studie sal gebruik maak van ʼn kwalitatiewe algemene metodologiese benadering. Verskeie bronne wat versamel word, word dan ook gebruik as data. Die studie het van drie hoofdata-insamelingsmetodes gebruik gemaak: ʼn teksanalise van die gekose tekste wat eindelik ook met mekaar vergelyk sal word; ʼn analise van die parateks en aanlyn resensies; en ’n onderhoud. Hierdie metode het dit moontlik gemaak om die navorsingsdoelwitte van hierdie studie te bereik. Eerstens wou die navorser bepaal watter spesifieke vertaalstrategieë gekies is om ʼn kultuurspesifieke item soos kodewisseling as deel van Kaaps te vertaal. Hiervoor is daar verskillende voorbeelde uit die teks geneem vir die analises. Die voorbeelde is gesorteer volgens moontlike kodewisseling wat in ’n spesifieke voorbeeld voorkom. Verder is die Afrikaans en Engelse tekste naasmekaar geplaas, wat dit moontlik gemaak het om die Afrikaans en Engels met mekaar te vergelyk en om aan te toon waar daar moontlike verskille of probleemareas in die teks voorkom. Die voorbeelde is bespreek aan die hand van die gespreksituasie in sy geheel om te bepaal of daar ’n ekwivalente effek bewerkstellig is. Daar is bevind dat alhoewel die kodewisseling afwesig is in Domingo se dialoog in Fever, hy nie sy karaktereienskappe verloor nie en die gespreksituasie word by uitsondering anders uitgebeeld as in die bronteks. ʼn Tweede doelwit was om te bepaal of die doel, funksie en posisie van Amerikaanse/Engelse vertalings van Meyer se Koors in die Amerikaanse literêre polisisteem bydra tot die verkose vertaalstrategieë. Die bespreking wat deel vorm van die polisisteemteorie het die analise van die parateks en aanlyn resensies ingesluit. Hierdie analise maak dit moontlik om die posisie van die skrywer en die roman binne ’n bepaalde sisteem as deel van die polisisteem vas te stel. Fever funksioneer as ’n spanningsverhaal en neem ’n meer sentrale posisie in die vertaalde spanningsverhaalsubsisteem. Hieruit kan beredeneer word dat dit die rede is waarom daar tot ’n mate van ’n meer innoverende repertoire gebruik gemaak word. Die derde doelwit was om te bepaal wat die rol van die individuele rolspelers was tydens die selektering van spesifieke vertaalstrategieë van kultuurspesifieke items soos kodewisseling in die Engelse vertaling van Koors. Hieruit word bevind dat die netwerk van rolspelers waarin die vertaler haarself bevind, bydra tot die vertaalbesluite wat geneem word om uiteindelik ’n ekwivalente effek in die doelteks te bewerkstellig.
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West University (South Africa)en_US
dc.subjectVertaling
dc.subjectliterêre vertaling
dc.subjectkodewisseling
dc.subjectkarakterisering
dc.subjectvertaalstrategieë
dc.subjectekwivalente effek
dc.subjectdialoog
dc.subjectDeon Meyer
dc.subjectpolisisteemteorie
dc.subjectsosiologie van vertaling
dc.subjectnetwerk
dc.titleDie vertaling van kodewisseling in Deon Meyer se Koorsen_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeMastersen_US
dc.contributor.researchID13293648 - Kotzé, Herculene (Supervisor)en_US
dc.contributor.researchID20282591 - Kirsten, Johanita (Supervisor)en_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record