Show simple item record

dc.contributor.authorMeyer, Susan
dc.date.accessioned2019-12-03T07:16:31Z
dc.date.available2019-12-03T07:16:31Z
dc.date.issued2019
dc.identifier.citationMeyer, S. 2019. Wildernis van menslike belewenis in Die troebel tyd van Ingrid Winterbach. LitNet Akademies. Vol. 16(3)en_US
dc.identifier.issn1995-5928
dc.identifier.urihttps://www.litnet.co.za/wildernis-van-menslike-belewenis-in-die-troebel-tyd-van-ingrid-winterbach
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/33798
dc.identifier.uriorcid.org/0000-0002-7211-1530
dc.description.abstractDie troebel tyd skep ’n genuanseerde uitbeelding van depressie, ’n steeds gestigmatiseerde verskynsel in ons samelewing, ’n kritiese bewustheid van “andersheid” oftewel die afwyking van die sosiaal gekonstrueerde norm. Die roman beeld ook die voortgang ná depressie uit, geestelike oorlewing wat verbind word met belewings rondom walvisse en ontmoetings met hierdie diere wat die hooffiguur se lewe “in ’n beduidend ander koers stuur” (teksomslag). Die ondersoek vind plaas binne die teoretiese raamwerk van die derde golf in die ontwikkeling van die ekokritiek, en verloop in ooreenstemming met een van die sentrale oogmerke daarvan: die verkenning van verskillende aspekte van menslike ervaring vanuit ’n omgewingsoogpunt. Die ondersoek is daarop gerig om te onthul hoe die dualistiese beskouing van menslike belewing teenoor “ander” of “periferale” lewensvorme in Die troebel tyd uitgedaag word. Hierdie tweeledige beskouing word vervang met ruimer idees in verband met die verskille wat die begrip menslik in sigself huisves. Die uitbeelding van Magrieta se “andersheid” is onder die soeklig. Aan die hand van Serenella Iovino se onderskeid tussen die verskillende terreine van “andersheid” binne die menslike belewingswêreld as teoretiese vertrekpunt word die uitbeelding van Magrieta se depressie as “wildernis van gees” ontleed en beskryf. Daar word vasgestel dat haar innerlike toestand van “wildernis” op bevrydende wyse in groter insig oor die aard van menswees uitmond en hoe dit gebeur: deur die prosesse van oopstelling vir en gefokuste aandag aan verskynsels uit die natuurwêreld, deur direkte en subjektiewe belewings daarvan. ’n Mistieke reis, waarin ontmoetings met walvisse die bakens op die pad is, lei tot begrip omtrent ’n wyer bestek van menswees, maar terselfdertyd ook omtrent die geringe plek van die mens. Die mens is bloot mede-aanwesige met alle lewensvorme in die gedeelde skeppingsgeheel; medereisiger met ander swerwers van menslike en niemenslike aard.en_US
dc.description.sponsorshipSA Department of Educationen_US
dc.language.isootheren_US
dc.publisherLitNet Akademiesen_US
dc.relation.ispartofseriesVol. 16;3
dc.subject“andersheid” as eienskap van die mensen_US
dc.subjectdepressieen_US
dc.subjectDie troebel tyden_US
dc.subjectekokritieken_US
dc.subjectIngrid Winterbachen_US
dc.subjectdepressionen_US
dc.subjectecocriticismen_US
dc.subjectothernessen_US
dc.subjectandersheiden_US
dc.subject“otherness” as a human qualityen_US
dc.titleWildernis van menslike belewenis in Die troebel tyd van Ingrid Winterbachen_US
dc.title.alternativeWilderness of human experience in Die troebel tyd (Ingrid Winterbach)en_US
dc.typeArticleen_US
dc.contributor.researchID10200088 - Meyer, Susanna (Supervisor)


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record