Show simple item record

dc.contributor.authorVan Der Walt, Marthaen_US
dc.date.accessioned2010-08-04T15:34:38Z
dc.date.available2010-08-04T15:34:38Z
dc.date.issued2009en_US
dc.identifier.citationVAN DER WALT, M. 2009. Studieoriëntasie en basiese woordeskat in wiskunde in die laerskool. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 28(Special Edition 4):378-392, Dec. [http://www.journals.co.za/ej/ejour_aknat.html]en_US
dc.identifier.issn0254-3486
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/3285
dc.description.abstractRelatief min navorsing is in Suid-Afrika gedoen met betrekking tot Graad 4- tot 7-leerders se ontoereikende prestasie in wiskunde. Gedurende die afgelope 15 jaar fokus navorsing op onder meer die invloed van sosiale, kognitiewe en metakognitiewe, konatiewe en affektiewe fasette op prestasie in wiskunde. Drie gestandaardiseerde vraelyste, naamlik die Studieoriëntasievraelys in Wiskunde (Primêr), die Wiskundewoordeskat (Primêr) en die Basiese Wiskunde (Primêr), is ingeskakel. Die doel van hierdie studie was om ondersoek in te stel na die mate waartoe prestasie in studieoriëntasie (SOW(P)), én kennis van basiese woordeskat in wiskunde (WW(P)) van Graad 4- tot 7-leerders hul prestasie in wiskunde (BW(P)) voorspel. Graad 4- tot 7-leerders in Noordwes (n = 1 103) het aan die studie deelgeneem. Resultate van die data, wat deur die berekening van interkorrelasies en stapsgewyse regressie-analise bekom is, dui daarop dat leerders se prestasie in wiskunde in die praktyk voorspel/verklaar kan word uit hul prestasie betreffende kennis van basiese woordeskat, wiskundeangs, studiehouding en studiegewoontes in wiskunde. Indien onderwysers leerders se ontoereikende studieoriëntasie en kennis van woordeskat in wiskunde in die vroeë skooljare kan identifiseer, is dit moontlik dat eersgenoemde voorkomend sou kon onderrig en/of remedieer ten einde laerskoolleerders se prestasie in wiskunde te verbeter.
dc.description.urihttp://search.sabinet.co.za/WebZ/Authorize?sessionid=0&next=ej/ej_content_aknat.html&bad=error/authofail.html
dc.languageafrikaans
dc.titleStudieoriëntasie en basiese woordeskat in wiskunde in die laerskoolen_US


Files in this item

FilesSizeFormatView

There are no files associated with this item.

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record