Show simple item record

dc.contributor.advisorCoetzee-Van Rooy, A.S.
dc.contributor.authorKruger, C.
dc.date.accessioned2018-11-05T13:44:39Z
dc.date.available2018-11-05T13:44:39Z
dc.date.issued2018
dc.identifier.urihttps://orcid.org/0000-0003-1388-5269
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/31644
dc.descriptionMA (General Linguistics and Literature), North-West University, Vaal Triangle Campus
dc.description.abstractSuid-Afrika bestaan uit 'n komplekse linguistiese landskap wat superdivers van aard is. As meertalige land met 11 amptelike tale kan linguistiese akkommodasie nie altyd tussen swart en wit Suid-Afrikaners plaasvind nie. Sou wit Suid-Afrikaners die vermoë hê om 'n Afrikataal te kan gebruik, sal dit kommunikasie tussen swart en wit Suid-Afrikaners vergemaklik wat sosiale integrasie in Suid-Afrika kan bevorder. Met die posisionering van hierdie studie in taalsosiologie, word die gebruik van taal, veral 'n Afrikataal, ondersoek om te bepaal hoe sosiale integrasie deur taal bevorder kan word. Hierdie studie fokus spesifiek op sosiale integrasie wat eerstens in 'n gemeenskap moet plaasvind, voordat sosiale samesyn verder bestudeer kan word. Om die verhouding tussen taal en sosiale integrasie in Suid-Afrika te bestudeer, het 46 wit Afrikaans- en Engelssprekende Suid-Afrikaners aan hierdie studie deelgeneem. Die deelnemers is genader deur middel van die sneeubaleffek-metode. Die deelnemers het 'n reeks kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsinstrumente voltooi, naamlik: 'n biografiese en taalrepertoirevraelys, 'n taalportret en 'n individuele onderhoud. Al die geslote vrae in die biografiese en taalrepertoirevraelys is deur middel van Statistica geanaliseer deurdat frekwensies vir antwoorde bereken is en die oop vrae is deur middel van Atlas.ti gekodeer om die meer gereelde temas te identifiseer. Om die oop vrae in die taalportretdata te analiseer en te interpreteer, is die taalportretdata gekwantifiseer en deel twee van die individuele onderhoude wat oor die taalportret gehandel het, is deur Atlas.ti gekodeer. Die oop vrae in deel drie en deel vier van die individuele onderhoude is ook deur middel van Atlas.ti gekodeer. Hierdie studie het gebruik gemaak van die gemengdemetode-benadering waar die kwalitatiewe en kwantitatiewe datastelle getrianguleer is. Die beduidendste bevindinge is vanuit die trianguleringsproses onttrek. Die hoofbevindinge van hierdie studie is dat daar 'n definitiewe verband tussen taal en sosiale integrasie in Suid-Afrika is. Die kennis van 'n Afrikataal stel die deelnemers in Groepe A1 en E1 in staat om makliker met swart Suid-Afrikaners te kommunikeer en te integreer. Die deelnemers in Groepe A2 en E2 se vermoë om te integreer met swart Suid-Afrikaners is beperk omdat hulle nie 'n Afrikataal ken nie. Die deelnemers in Groepe A2 en E2 in die studie dui aan dat hulle graag 'n Afrikataal sou wou leer sodat hulle makliker kan kommunikeer en in die Suid-Afrikaanse samelewing integreer. Vanuit die deelnemers se taalhoudings en persepsies is dit duidelik dat aanvullende meertaligheid van kardinale belang is, dus moet Suid-Afrikaners taalvaardighede in Afrikaans, Engels en 'n Afrikataal hê om optimaal te kan integreer. Op individuele en nasionale vlak speel 'n Afrikataal 'n groot rol vir die deelnemers omdat hulle van mening is dat die Afrikataal deel is van hul identiteit en dat 'n Afrikataal deel is van Suid-Afrikanerskap. Weens die belangrikheid van aanvullende meertaligheid, kommunikasie en identiteit, is taalbeplanning van kardinale belang in Suid-Afrika. In die toekoms moet daar geleenthede in die werksdomein en op onderrigvlak geskep word sodat wit Suid-Afrikaners 'n geleentheid gegun kan word om 'n Afrikataal te leer. Hierdie kennis van 'n Afrikataal sal in die langtermyn wit Afrikaans- en Engelssprekende Suid-Afrikaners in staat stel om optimaal met swart Suid-Afrikaners te integreer wat toleransie en rekonsiliasie sal bevorder.en_US
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West Universityen_US
dc.subjectSosiale integrasieen_US
dc.subjecttaalhoudings en persepsiesen_US
dc.subjectaanvullende meertaligheiden_US
dc.subjecttaalrepertoire en identiteiten_US
dc.titleDie verhouding tussen taal en sosiale integrasie in Suid-Afrikaen_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeMastersen_US
dc.contributor.researchID10208747 - Coetzee-Van Rooy, Anna Susanna (Supervisor)


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record