Show simple item record

dc.contributor.advisorHay, J.F., Prof
dc.contributor.authorHattingh, R.
dc.date.accessioned2018-08-30T13:49:33Z
dc.date.available2018-08-30T13:49:33Z
dc.date.issued2018
dc.identifier.urihttps://orcid.org/0000-0001-9278-7311
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/30851
dc.descriptionMEd (Learner Support), North-West University, Potchefstroom Campusen_US
dc.description.abstractDinamiese assessering (hierna verwys as DA) verwys na 'n tipe assessering waarin intervensie tydens die assessering plaasvind en aktiewe onderrig ten opsigte van persepsie, leerprosesse, redenasie en probleemoplossing 'n rol speel. Die proses is daarop gerig om 'n individu se kognitiewe en affektiewe funksionering te modifiseer deur leerprosesse en die moontlike verandering in leerprosesse tydens die assessering te observeer. DA is ontwikkel vanuit die teorie van kognitiewe modifikasie waarin die sone van proksimale ontwikkeling 'n belangrike rol speel. DA word in hierdie verhandeling ondersoek as 'n alternatief tot standaard assessering vir die effektiewe identifisering van leerhindernisse in die primêre skoolkonteks sodat leerders met leerhindernisse eerder ingesluit kan word in hoofstroom onderwys as om in aparte omgewings onderrig te word - om sodoende die beleid van inklusiewe onderwys te ondersteun. Die navorsing is onderneem met 15 leerders en 7 onderwysers as deelnemers. Die navorser het vanuit 'n interpretivistiese paradigma gewerk, en kwalitatiewe navorsingsmetodologie in die vorm van 'n gevallestudie is gebruik. Hierdie metodologie het die volgende ingesluit: doelgerigte seleksie om te bepaal wie die deelnemers was, met datainsamelingsinstrumente van vraelyste, onderhoude, asook 'n navorsingsjoernaal. 'n Induktiewe proses is gevolg om die data te analiseer. Die bevindinge dui daarop dat toetsresultate heelwat anders vertoon nadat mediasie ten opsigte van leerprosesse plaasgevind het en dat DA bydra tot sekere prosesse wat leer bevorder en vaardighede verbeter. Die veranderinge in leerders se leerprosesse wat vanuit DA duidelik geword het staan teenoor die diagnostiese uitgangspunt van standaard assessering waardeur leerders geklassifiseer word met 'n vaste moniteringsinstrument dikwels met min inagneming van die sosiale konteks. DA het nie net 'n verandering vir die leerders nie, maar ook vir die onderwysers teweeggebring in die sin dat hul verwagtinge van leerders met leerhindernisse verander het. DA skep derhalwe die basis vir meer inklusiewe praktyke vir leerders en onderwysers, en hoewel tydrowend, kan dit substansieel bydra om leerhindernisse met groter effektiwiteit te identifiseer. Die navorsing dui uiteindelik daarop dat standaard en dinamiese assessering in kombinasie die ideaal is om leerhindernisse so effektief moontlik te identifiseer en aan te spreek.en_US
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West Universityen_US
dc.subjectAssessmenten_US
dc.subjectSynamic assessmenten_US
dc.subjectDisabilityen_US
dc.subjectInclusive educationen_US
dc.subjectLearning barriersen_US
dc.subjectModernismen_US
dc.subjectPostmodernismen_US
dc.subjectSpesial needsen_US
dc.titleDinamiese assessering as alternatief vir die effektiewe identifisering van leerhindernisse: 'n Limpopo primêre skool gevallestudieen_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeMastersen_US
dc.contributor.researchID21255253 - Hay, John Francis (Supervisor)


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record